<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 8

Sosiale ontwikkeling en loopbaanoriëntering

Module 26

Waardes en norme in die samelewing

Aktiwiteit 1:

Om jouself ten opsigte van jou bewegingsvermoë te assesseer

[LU 1.5, 2.2, 2.3, 2.4, 2.5]

Waardes en norme verwys na dit wat in ‘n samelewing as behoorlik, reg en wenslik beskou word. Kultuur speel ‘n belangrike rol in hierdie verband en in ‘n multikulturele samelewingsopset kan dit probleme skep. Een of meer groepe kan byvoorbeeld voel dat hulle waardes en norme verontagsaam word en dat hulle deur ander groepe onderdruk word.

In baie gevalle is dit wel so dat daar ‘n oorheersende kultuurgroep is en dat hierdie groep basies die waardes en norme bepaal. Die ander groepe moet dan daarby inval of hulle word beperkte ruimte gegee om hulle spesifieke waardes en norme uit te leef.

Die voordeel van ‘n demokrasie is onder andere dat dit hierdie tipe van oorheersing teëwerk. Die samelewing- en regeringstrukture is van so ‘n aard dat almal minstens deur middel van verteenwoordiging aan die besluitnemingsprosesse kan deelneem.

Demokrasie en verandering gaan gevolglik hand aan hand. Daar is wedersydse respek en begrip, en sodoende is dit moontlik om te bepaal wat algemeengeldend is en dus vir almal geld, en waar daar ruimte gelaat moet word vir dit wat groepspesifiek is. Die bepaling van dit wat algemeengeldend is, gaan met ‘n mate van gee en neem saam. As dit nie so sou gebeur nie, sou dit beteken dat die waardes en norme van een groep op die ander afgedwing word. Dit gaan egter gepaard met veranderinge in kulturele waardes en norme.

En so word ‘n nasie gebou!

  • Kom ons kyk na ‘n paar gevalle:

Gevallestudies

geval 1

BRON

OORBRUG KULTUURVERSKILLE

Briefskrywer se versugting dat van alle kultuurverskille geraak moet word om sodoende ‘n eenvormige, vredevolle samelewing te hê, is idealisties (Brieweblad, 20/8).

Kultuurverskille is ‘n werklikheid. Daar is byvoorbeeld groot kultuurverskille tussen Westerse, Oosterse en Afrika-samelewings. Weliswaar is kulturele kontak wêreldwyd aan die toeneem en vind kultuurvermenging toenemend plaas.

Plaaslik het ons met twee hoofkulture te doen, naamlik die Westerse en Afrika-kultuur. Wie bepaal die keuse tussen dié twee?

Dit lyk dalk of alles hier reeds verwesters is, maar dit is nie die waarheid nie. Baie Westerse materiële goedere word aanvaar en verkies. Daarmee saam gaan ‘n Westerse lewenstyl.

Te vinnige kultuurverandering kan tot vervreemding lei. Dit kan weer tot allerlei euwels lei.

Apartheid is finaal van die wetboek geskrap, maar vryheid – en die vryheid van assosiasie – het in sy plek gekom. Dit is beter om nie ‘n vermenging van kulture af te dwing nie. Mense moet vrywillig die keuse maak om oor kultuurverskille heen die ander beter te leer ken. Só kan ons ontdek dat ons ondanks kultuurverskille tog almal mense is wat probeer om van ons bestaan sin te maak.

SKRYFSTERDurbanville

(Bron: Die Burger , 22 Augustus 2003)

  • Is die skryfster se standpunt ondersteunend tot nasiebou en die vestiging van demokrasie? Verduidelik.
  • Geval 2

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11047/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask