<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Dunderm:

  • GAL vanaf die lewer help met vetvertering. Dit EMULSIFISEER vette.
  • PANKREASSAP vanaf die pankreas help met verdere vertering omdat dit baie ensieme bevat.
  • Die wande is vol voue en miljoene klein uitgroeisels wat ons DERMVLOKKIES of VILLI noem.
  • Villi is verantwoordelik vir ABSORPSIE van voedingstowwe.

Dikderm:

  • Word verdeel in 'n stygende deel, 'n horisontale of dwars deel en 'n dalende deel.
  • Die KOLON is bekend daarvoor dat dit water, minerale en vitamiene herabsorbeer om die liggaam so water te help bespaar.
  • Onverteerde reste word tydelik in die laaste deel, of REKTUM, gestoor totdat DEFEKASIE kan plaasvind deur die anus.

BEANTWOORD DIE VOLGENDE VRAE:

1. Wat is die rol van die lewer in die verwerking van gifstowwe?

2. Amilose beteken stysel. Wat is amilase dan?

3. Wat is die boublokke waarna verwys is in 'n vroeëre tabel?

4. Wat is die maagsuur waarna verwys is en waar kom dit vandaan?

5. Hoekom vreet die suur nie jou maagwand nie?

6. Wat is 'n maagseer ("ulcer")? Hoe ontstaan dit?

7. Wat is 'n sfinkter?

8. Wat is 'n spastiese kolon en wat veroorsaak dit?

9. Wat is die rol van ruvesel in die verteringsproses?

10. Wat is die doel van die miljoene dermvlokkies in die dunderm?

11. Watter aanpassings het die dunderm vir sy funksie?

12. Voltooi die byskrifte om die bou van 'n dermvlokkie te toon:

Vriendelike bakterieë in jou spysverteringskanaal

Verskillende tipes onskadelike bakterieë leef in jou dermkanaal. Sommige help met die verteer van voedsel deurdat hulle sekere ensieme vervaardig, terwyl ander vitamiene K vervaardig wat 'n rol speel in bloedstolling en dus uiters noodsaaklik is.

Ander weer sal help om infeksies te voorkom terwyl ander weer swamgroei in toom hou.

Hierdie bakterieë leef SIMBIOTIES in jou dermkanaal. Jy voorsien hulle van 'n geskikte habitat en hulle voorsien jou van bogenoemde.

Probleme met hierdie verhouding word egter ondervind wanneer 'n mens ANTIBIOTIKA van die dokter kry vir bv. iets soos 'n oorinfeksie.

Onthou, antibiotika werk net vir bakteriese infeksies en kan niks aan virusinfeksies doen nie. Mens moet versigtig wees om nie te veel antibiotika in te neem nie en dit ook streng volgens doktersvoorskrif te neem. Moet ook nooit 'n kursus onvoltooid laat nie. So dra jy dalk by tot die ontstaan van "superbugs" wat net eenvoudig bestand raak teen alle vorms van antibiotika.

Die probleem is egter ook dat antibiotika alle vorme van bakterieë doodmaak – veral die breë spektrum-tipe en dus ook jou vriendelike ingewandsbakterieë.

Klasaktiwiteit: GEVALLESTUDIE

  • Lees die volgende gevallesstudie en beantwoord die vrae wat volg:

Victoria is 'n sewejarige dogtertjie wat kla van abdominale pyne, asook verlies aan eetlus. Voor die simptome het sy chroniese oorinfeksie gehad waarvoor sy vier antibiotika-kursusse moes voltooi.

Sy word gediagnoseer met intestinale disbiosis ('n versteuring van die bakteriese bevolking in die dermkanaal). Haar dieet word toe aangepas om baie joghurt met lewendige AB-kulture te eet, asook haar suiker inname te verminder. Die bakterie Lactobacillus word gewoonlik by joghurt gevoeg. Dit is 'n bakterie wat ook in jou dermkanaal voorkom. Na enkele dae is sy beter. Haar oorinfeksie het ook mooi opgeklaar.

1. Wat het die dermkanaalversteuring veroorsaak?

2. Wat beteken chroniese oorinfeksie?

3. Hoekom moes sy haar suikerinname ook verminder?

4. Hoekom het haar oorinfeksie ook sommer verbeter?

5. Vind uit waarvoor die lakto- en die bacillus- gedeeltes in die naam van die bakterieë staan. Hoekom is dit skuins gedruk?

Maak jou eie lewendige jogurt

1. Verhit 'n liter melk totdat dit net borreltjies maak – moenie laat kook nie.

2. Gooi dit in 'n termosfles.

3. Voeg 'n eetlepel vars jogurt by die warm melk.

4. Maak die fles toe en skud – laat oornag staan.

5. Eet saam met muesli en heuning vir 'n heilsame ontbyt en 'n daaglikse dosis goeie bakterieë!

Assessering KENNIS TOEPAS:

Kon jy jou kennis toepas en die gevallestudie se vrae beantwoord?

[LU 2.4]

Assessering

LU 2

Konstruksie van Wetenskapkennis

Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Dit is bewys as die leerder:

2.1 betekenisvolle inligting kan onthou;

2.2 inligting kan kategoriseer;

2.3 inligting kan interpreteer;

2.4 kennis kan toepas.

Memorandum

Vertering

1. onwillekeurige spiersametrekkings in wande van svk

2. gladde spiere in wande van dermkanaal

3. biologiese katalisators wat reaksies versnel

4. in ribosome in selle vervaardig

5. word met bloedstelsel na elke sel vervoer

DIE SPYSVERTERINGSTELSEL VAN DIE MENS

Byskrif nr Byskrif Funksie
1 Speekselkliere Speeksel sekreteer
2 Oesophagus Verbind mond en maag; peristalse
3 Lewer Detoksifiseer; stoor bloed, vitamiene ens.
4 Maag Vertering
5 Galblaas Stoor gal
6 Piloriese sfinkter Laat kos uit maag
7 pankreas Ensieme en hormone
8 duodenum Verteringsappe bygevoeg
9 kolon Herabsorpsie van water en minerale
10 dunder Absorpsie voedingstowwe
11 appendiks Geen
12 rektum Stoor voedselreste
13 anus Uitgang van voedselreste

BEANTWOORD DIE VOLGENDE VRAE: SVK

1. lewer detoksifiseer deur preserveermiddels, kleurstowwe, koffie en alkohol

2. ensiem wat stysel afbreek

3. kleinste eenhede waarin voedingstof afgebreek kan word

4. soutsuur – wande van maag se oksintiese selle

5. maagwand beskerm deur dik mukuslae

6. swakplek in mukuswand agv stresfaktore en rook – ensieme vreet nou wand

7. spierklep bv onderkant van maag

8. spierspasma van kolonwand – stres

9. voorkom hardlywigheid, stimuleer peristalse

10. vergroot absorbsie oppervlakte

11. lank, gekronkel, villi, mikrovilli

12. byskrifte dermvlokkie:

KLASAKTIWITEIT: GEVALLESTUDIE

1. nuttige bakterieë is deur antibiotika vernietig

2. aanhoudende infeksie

3. suiker laat swamme floreer wart reeds onbeheersd gelaat is

4. nuttige bakterieë help

5. lakto – melk; bacillus – staafvormig

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11068/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask