<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 4

Persoonlike en sosiale vaardighede

Module 1

Visuele kuns: kleur

Aktiwiteit 1 (individueel/groepwerk)

Om met die primêre kleure kennis te maak [lu 3.7]

  • Trek op ‘n skoon bladsy drie kolomme en skryf die volgende kleure bo-aan: kolom 1 - GEEL , kolom 2 - ROOI , kolom 3 - BLOU .
  • Kyk nou om jou rond, in die klaskamer en ook na buite, en probeer soveel moontlik voorwerpe wat geel, rooi of blou is, neerskryf. Kyk byvoorbeeld na wat op Juffrou of Meneer se tafel is, die klere wat hulle dra, in jou potloodsakkie of tas, dit wat voor jou op die lessenaar lê, plakkate teen die muur, enigiets buite die klaskamer, in die lug, ensovoorts.
  • Die klas word nou in drie groepe verdeel – ‘n geel groep, ‘n rooi groep en ‘n blou groep. Leerders van die geel groep werk dan byvoorbeeld nét met daardie primêre kleur.
  • As jy byvoorbeeld aan die geel groep behoort, moet julle nou EEN lys van al die voorwerpe, ten minste twintig, met julle kleur geel maak.
  • Trek vervolgens ‘n kringetjie om elke voorwerp op julle lys wat ‘n ligte geel, rooi of blou (‘n tint ) is en dan weer ‘n blokkie om elke voorwerp wat ‘n donker geel, rooi of blou (‘n skakering ) is.
  • Hierdie drie kleure, geel, rooi en blou, word PRIMÊRE KLEURE genoem. Al die ander kleure is ‘n mengsel van hierdie drie kleure. Onthou: geel, rooi en blou kan nie gemeng of geskep word nie – hulle word gebruik om al die ander kleure mee te meng.
  • In die volgende aktiwiteit gaan ons leer om die drie primêre kleure ligter en donkerder te maak, maar eers moet elke groep die volgende vraelys voltooi:

Vraelys

  • Met watter primêre kleur werk julle groep?

………………………………………………………………………

  • Hoeveel ander primêre kleure is daar? Noem hulle.

………………………………………………………………………

  • Wat noem ons ‘n ligter variasie van julle kleur?

………………………………………………………………………

  • Beskryf hoe ‘n skakering van julle kleur gekry kan word.

………………………………………………………………………

  • Kyk na die tekening hieronder en beantwoord dan die vrae:

  1. Waar kom die lig vandaan?

…………………………………………………………………………………

  1. Aan watter kant van die gesig val die lig?

…………………………………………………………………………………

  1. As die gesig net met blou geverf sou word, hoe sal jy aandui waar die lig val?

…………………………………………………………………………………

  1. Hoe sal jy wys waar die skaduwees, weg van die lig, is?

…………………………………………………………………………………

  1. Noem drie ander voorwerpe in die klas waarop daar lig en skaduwee val.

..............................................................................................................

..............................................................................................................

..............................................................................................................

Aktiwiteit 2 (individueel binne groepverband)

Om te leer om tinte en kleure te skep [lu3.7]

  • Julle gaan voort om in jul kleurgroepe te werk. Gebruik elkeen op julle eie ‘n skaal soos hieronder aangedui om die kleur van julle groep eers met wit en dan met swart te meng. ‘n Skaal van tinte (kleur met wit gemeng) en skakerings (kleur met swart gemeng) word dus geskep.
  • Die primêre kleur van jul groep word in die middelste blokkie geverf. In die vier blokkies na links word die primêre kleur elke keer met ‘n bietjie meer wit gemeng sodat die kleur al ligter word na links ( tinte ). In die blokkies na regs word die primêre kleur weer elke keer met meer swart gemeng sodat dit al donkerder na regs word ( skakerings ).

Voorbeeld van skaal

Geel met witte gemeng Geel met swarte gemeng
Hierdie blokkie behoort amper wit te wees Meng nog meer wit by Meng meer wit by Meng met ‘n bietjie wit by Primêre GEEL Meng met ‘n bietjie swart Meng meer swart by Meng nog ‘n bietjie swart by Hierdie blokkie behoort amper swart te wees

Aktiwiteit 3 (groepwerk/individueel)

Om ‘n collage te skep [lu 3.7]

  • Neem ‘n ou tydskrif en skeur al die tinte (lig) en skakerings (donker) van die primêre kleur van jou groep (geel, rooi of blou) uit – soveel as moontlik!
  • Maak nou as groep ‘n tekening van ‘n eenvoudige landskap of natuurtoneel met byvoorbeeld ‘n boom, blomme, ‘n berg, die son, ensovoorts.
  • Gebruik die stukkies papier wat jy uit die tydskrif geskeur het en plak dit op julle tekening om ‘n landskap van gele, rooie of bloue te skep. Ons noem dit ‘n collage .

  • Vervolgens moet elkeen op ‘n skoon bladsy ‘n skildery van julle collage-landskap net met geel, rooi of blou, asook wit en swart, verf. Mono beteken een en chroom beteken kleur . Dit word ‘n monotoon-skildery genoem omdat daar net een kleur gebruik word. Onthou dat die ligte kleure/tinte altyd wys waar die ligbron, byvoorbeeld die son, is en dat die donkerder kleure/skakerings weer wys waar die skaduwees weg van die ligbron is.

Assessering

LEERUITKOMS 3: DEELNAME EN SAMEWERKING

Die leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede te toon deur individueel en in groepe aan kuns- en kultuuraktiwiteite deel te neem.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

3.7 saamwerk met ander en beplan hoe om maskers, handwerk, artefakte, kostuums, plakskilderye (collages) of poppespelpoppe met natuurlike afval- of gevonde materiaal te maak en te gebruik – met inagneming van omgewingskwessies.

Questions & Answers

Discuss the differences between taste and flavor, including how other sensory inputs contribute to our  perception of flavor.
John Reply
taste refers to your understanding of the flavor . while flavor one The other hand is refers to sort of just a blend things.
Faith
While taste primarily relies on our taste buds, flavor involves a complex interplay between taste and aroma
Kamara
which drugs can we use for ulcers
Ummi Reply
omeprazole
Kamara
what
Renee
what is this
Renee
is a drug
Kamara
of anti-ulcer
Kamara
Omeprazole Cimetidine / Tagament For the complicated once ulcer - kit
Patrick
what is the function of lymphatic system
Nency Reply
Not really sure
Eli
to drain extracellular fluid all over the body.
asegid
The lymphatic system plays several crucial roles in the human body, functioning as a key component of the immune system and contributing to the maintenance of fluid balance. Its main functions include: 1. Immune Response: The lymphatic system produces and transports lymphocytes, which are a type of
asegid
to transport fluids fats proteins and lymphocytes to the blood stream as lymph
Adama
what is anatomy
Oyindarmola Reply
Anatomy is the identification and description of the structures of living things
Kamara
what's the difference between anatomy and physiology
Oyerinde Reply
Anatomy is the study of the structure of the body, while physiology is the study of the function of the body. Anatomy looks at the body's organs and systems, while physiology looks at how those organs and systems work together to keep the body functioning.
AI-Robot
what is enzymes all about?
Mohammed Reply
Enzymes are proteins that help speed up chemical reactions in our bodies. Enzymes are essential for digestion, liver function and much more. Too much or too little of a certain enzyme can cause health problems
Kamara
yes
Prince
how does the stomach protect itself from the damaging effects of HCl
Wulku Reply
little girl okay how does the stomach protect itself from the damaging effect of HCL
Wulku
it is because of the enzyme that the stomach produce that help the stomach from the damaging effect of HCL
Kamara
function of digestive system
Ali Reply
function of digestive
Ali
the diagram of the lungs
Adaeze Reply
what is the normal body temperature
Diya Reply
37 degrees selcius
Xolo
37°c
Stephanie
please why 37 degree selcius normal temperature
Mark
36.5
Simon
37°c
Iyogho
the normal temperature is 37°c or 98.6 °Fahrenheit is important for maintaining the homeostasis in the body the body regular this temperature through the process called thermoregulation which involves brain skin muscle and other organ working together to maintain stable internal temperature
Stephanie
37A c
Wulku
what is anaemia
Diya Reply
anaemia is the decrease in RBC count hemoglobin count and PVC count
Eniola
what is the pH of the vagina
Diya Reply
how does Lysin attack pathogens
Diya
acid
Mary
I information on anatomy position and digestive system and there enzyme
Elisha Reply
anatomy of the female external genitalia
Muhammad Reply
Organ Systems Of The Human Body (Continued) Organ Systems Of The Human Body (Continued)
Theophilus Reply
what's lochia albra
Kizito
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11088/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask