<< Chapter < Page Chapter >> Page >

(Gebruik woordeboeke om die betekenisse van woorde na te slaan).

  1. Waarin bly die selekant onder in die see?
  1. Wat beteken die woord koddig ?
  1. Wat beteken die woord knibbel ?
  1. Soek ‘n woord in die eerste strofe wat rym met mot .
  1. Watter kleur is die selekant?
  1. Waarmee word sy vinne vergelyk?
  1. Wat is mense-mans?
  1. Wat beteken die woord lomp ?
  1. Soek ‘n woord in die tweede strofe wat rym met gans .
  1. Hoeveel jaar gelede kon die selekant op land loop?
  1. Aan hoeveel woorde kan julle dink wat rym met loop en hoop in die derde strofe? Skryf twee neer:
  1. Wat beteken die woord oorleef in die vierde strofe?
  1. Wat beteken die woord vaag in die vierde strofe?
  1. Waarom word monsters tussen aanhalingstekens geskryf?
  1. Watter woord in die vierde strofe rym met haan ?

Assessering onder leiding van die opvoeder.

Totale punt uit
10
LU 3.2.1 LU 3.2.4

In die gedig gebruik hulle die hele tyd woorde soos jy en jou . Hierdie woorde is voornaamwoorde. Kom ons kyk na die voornaamwoorde.

Voornaamwoorde

Voornaamwoorde is woorde soos ek , jy , hy , sy , ons , julle en hulle , en word in die plek van naamwoorde gebruik.

Onthou:

  • Wanneer ons van ’n meisie praat, gebruik ons die twee woorde sy en haar , bv. Sy eet haar kos.
  • Wanneer ons van ‘n seun praat, gebruik ons hy en sy , bv. Hy eet sy kos.
  • Wanneer iets aan iemand behoort, verander die voornaamwoorde na myne , joune , syne , hare , ons s’n , julle s’n , hulle s’n .
Ek het ‘n vis. Dis my vis. Die vis is myne .
Jy het ‘n vis. Dis jou vis. Die vis is joune .
Hy het ‘n vis. Dis sy vis. Die vis is syne .
Sy het ‘n vis. Dis haar vis. Die vis is hare .
Ons het ‘n vis. Dis ons vis. Die vis is ons s’n .
Julle het ’n vis. Dis julle vis. Die vis is julle s’n .
Hulle het ’n vis. Dis hulle vis. Die vis is hulle s’n .

Skryf die tongvis se woorde oor as volg:

Jy sê jy is _______

Hy sê hy is ______

Sy sê sy is ______

Verbeel jou daar is twee tongvisse. Die naamwoorde moet na hulle meervoudsvorme verander word.

On sê ________

Julle sê _________

Hulle sê ________

Ruil jou werk om met ‘n maat s’n. Assesseer mekaar se werk onder leiding van die opvoeder.

LU 6.2.8

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
LUISTER Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
1.1 verstaan stories (aan leerders vertel of gelees):
1.1.1 beantwoord letterlike vrae.
LU 2
PRAAT Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
2.1 voer interaksie in sy/haar addisionele taal:
2.1.1 stel en beantwoord vrae;
2.3 gebruik die addisisionele taal om inligting oor te dra:
2.3.3 beskryf ‘n proses;
2.3.5 gesels oor ‘n onderwerp waaroor voorbereiding gedoen is;
2.3.6 voer ‘n klasopname uit (soos voer onderhoude met klasmaats en teken reaksies op ‘n tabel of grafiek aan);
2.4 gebruik die addisionele taal op ‘n kreatiewe wyse:
2.4.2 voer gedigte, liedjies en eenvoudige toneelstukke op;
2.4.4 verbeel haar/hom moontlikhede en beskryf dit.
LU 3
LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
3.2 toon, op ‘n eenvoudige manier, begrip van sommige elemente van poësie:
3.2.1 woorde wat rym;
3.2.4 vergelykings;
3.3 lees vir inligting:
3.3.4 lees tekste oor die kurrikulum heen (soos handboeke van ander leerareas);
3.6 lees vir genot en inligting:
3.6.1 lees baie fiksie- en nie-fiksie-boeke op ‘n gepaste lees- en taalvlak;
3.6.5 los woordraaisels op;
3.7 gebruik naslaanwerke en ontwikkel woordeskat:
3.7.2 gebruik ‘n woordeboek;
3.7.3 demonstreer ‘n leeswoordeskat van ongeveer 3 000 tot 5 000 alledaagse woorde. Indien leerders hul addisionele taal vir leer in ‘n ander leerarea gebruik, behoort hulle na 5 000 woorde te mik.
LU 4
SKRYF Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
4.1 skryf om inligting oor te dra:
4.1.3 gebruik ‘n raam of struktuur om ‘n eenvoudige verslag te skryf (soos vir ‘n wetenskapeksperiment);
4.3 skryf kreatief:
4.3.1 toon ontwikkeling in die vermoë om verhale, toneelstukke en dialoë te skryf (soos deur sommige poëtiese tegnieke te gebruik om interessante titels te skep en deur dialoog by verhale in te sluit);
4.4 ontwerp mediatekste:
4.4.1 ontwerp ‘n plakkaat, ‘n eenvoudige advertensie en ‘n eenvoudige vraelys;
4.5 verstaan die skryfproses:
4.5.1 skryf konsepweergawes (kladwerk), lees dit krities deur, kry terugvoering van die onderwyser en klasmaats en herskryf dit.
LU 5
DINK EN REDENEER Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
5.1 gebruik taal oor die kurrikulum heen:
5.1.2 verkry en gebruik inligting uit materiaal wat in Tale en ander leerareas gebruik word;
5.1.3 toon die vermoë en kennis om woordeskat uit ander leerareas te gebruik.
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
6.1 spel bekende woorde korrek:
6.1.2 woorde met enkel- en dubbelvokale en-konsonante (soos: wanneer, gelukkig);
6.2 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:
6.2.6 die enkelvoud- en meervoudsvorm, verkleiningsvorm (ook van meerlettergrepige woorde) en geslagsvorme van alledaagse woorde (soos skool/skole; span/spanne; speletjie; kettinkie; broer/suster; man/vrou);
6.2.7 verbuiging van adjektiewe, alledaagse trappe van vergelyking en intensiewe vorme (soos: jong, sagte, vroeër, vroegste, dolverlief);
6.2.8 persoonlike, besitlike, vraende en betreklike voornaamwoorde;
6.2.9 determineerders en telwoorde (soos: ‘n, die; vyfde, laaste);
6.3 ontwikkel sy/haar woordeskat:
6.3.1 verstaan en gebruik algemene woorde wat min of meer dieselfde beteken (soos: groot, enorm).

Memorandum

1) (a) 22 Desember 1938

(b) Oos-Londen

(c) Nerine

(2) (a) (iii)

(b) (i)

(c) (ii)

(3) (a) Mej. Latimer-Jones het nie die vis beskryf en bestudeer

nie. (Aanvaar enige ander korrekte variasie.)

(b) Hy het besef dat selakante naby die kus van Oos-Afrika

leef.

(4) (a) Die Comore-eilande is naby Madagaskar.

(b) Daar is meer as 180 selakante gevang.

3. Selie is baie honger. Hy het lus vir ‘n lekker, vet vis. ‘n Vis soos ‘n / die rifvis sal veral lekker smaak. Selie is eintlik ‘n jagter en hy spoor ‘n rooivis op deur elektriese seine op te vang wat hy uitstuur. Selie jag in die nag en skuil bedags in ‘n grot. ‘n / Die Selakant se grootste vyand is die haai.

5.

(a) ‘n grot

(b) snaaks / vreemd / eienaardig

(c) byt / kou

(d) grot / lot

(e) diepblou met wit vlekke

(f) bene

(g) manlike mense (mans)

(h) kan maklik omval / nie baie rats nie

(i) balans (DALK mans, maar dis nie nasaal soos gans nie)

(j) 300 miljoen

(k) eie woorde

(l) nie uitsterf nie – m.a.w. bly lewe van geslag tot geslag

(m) nie duidelik nie

(n) Hulle is nie regtig monsters nie, maar lyk net vreemd, soos monsters.

(o) oseaan / baan

6.

  • Jy sê jy is ‘n tongvis.
  • Hy sê hy is ‘n tongvis.
  • Sy sê sy is ‘n tongvis.
  • Ons sê ons is tongvisse.
  • Julle sê julle is tongvisse.
  • Hulle sê hulle is tongvisse.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10996/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask