<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: aardrykskunde

Graad 9

Volhoubare gebruik van hulpbronne

Module 7

Omgewingstekorte in suid-afrika

OMGEWINGSTEKORTE IN SUID-AFRIKA

1. Fisiese geografie

  • Die Suid-Afrikaanse ekosisteem word gekenmerk deur lae reënval, watertekorte en grond wat kwesbaar is vir erosie. Ongeveer 65% van die land kry minder as 500 mm reën per jaar, die minimum wat nodig is vir reën-gebaseerde saaiboerdery.
  • Omtrent 60% van die bewerkbare grond in Suid-Afrika bevat min organiese materiaal (humus) en verarm vinnig a.g.v. herhaalde benutting.
  • Hierdie lae reënval en swak grond bring mee dat slegs ongeveer 16% van die bewerkbare grond geskik is vir saaiboerdery. Die res word slegs as weiveld gebruik. Slegs ongeveer 16% van die saaigrond in Suid-Afrika was vroeër in die tuislande geleë. Hierdie wanbalans, tesame met die lae reënval, het tot uitgebreide omgewingstekorte in die tuislande aanleiding gegee.

2. Strukturele tekorte tydens apartheid

  • Die apartheidstelsel het die ongelyke sosiale verspreiding van omgewingshulpbronne in Suid-Afrika, geformaliseer. Dit het ernstige strukturele tekorte onder die swart bevolking meegebring. Nie alleen het hulle nie voldoende toegang tot grond gehad nie, maar was hulle maandelikse inkomstes te laag om sinvol in hulle grond te kon belê. Hierdie probleem is vererger deurdat die swartes nie slegs te min land gehad het nie, maar hulle land ook van swak gehalte was en dus juis meer bewerking benodig het.
Tabel 1 : Vergelyking van bevolkingsdigthede in landelike Suid-Afrika, 1991
Bevolkingsdigtheid (Hektaar/Persoon)
Suid-Afrika Wit gebiede Eertydse tuislande Natal KwaZulu
Saailand&weiding 4,70 16,22 0,92 5,36 0,68
Saailand 0,75 2,54 0,16 1,10 0,08
Aangepas uit: Ontwikkelingsbank van Suid-Afrika : Suid-Afrika se nege provinsies: ‘n Menslike ontwikkelingsprofiel 1994), 99.
Gesaaides
Opbrengs (Ton/Hektaar)
Natal KwaZulu
Mielies 2,088 0,826 Droë bone 1,011 0,337 Aartappels 24,015 5,006 Suikerriet 53,814 28,795 Bron: Norman Bromberger and Francis Antonie, "Black Small Farmers in theHomelands," in State and Market in Post Apartheid South Africa , eds. Merle Lipton andCharles Simkins (Johannesburg: Witwatersrand University Press, 1993), 421.
  • Binne die tuislande was die grond ongelyk verdeel met 20% van die boere in beheer van 80% van die produksie. Selfs in die Transkei (nou ‘n groot deel van die Oos-Kaapprovinsie, was die gebrek aan grondgebied erg.
  • In stedelike gebiede was die swart woongebiede in omgewings geleë wat vir die blankes onbruikbaar was. Hulle was oorbevolk met te min huise en onderkant die wind ten opsigte van industrieë. Die dienste en infrastruktuur was swak. Die huise is van afvalmateriaal gebou wat nie teen die elemente, veral water, bestand is nie.
  • Die strukturele tekorte het die beskikbaarheid en aanvraag-gedrewe tekorte vererger.

3. Aanvraag-gedrewe tekorte

  • Van die geskatte Suid-Afrikaanse bevolking van 42,6 miljoen in 1995, het ongeveer28 miljoen in dorpe en stede gewoon terwyl 15 miljoen volwaardig in stedelike gebiede gewoon het. Daar is verwag dat die swart bevolking teen die jaar 2000 van 32 miljoen na 37 miljoen sou gegroei het, terwyl die Blanke bevolking ongeveer 5 miljoen sou bly.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11054/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask