<< Chapter < Page Chapter >> Page >

[LU 4.4.1]

Voegwoorde

Partykeer wil ons sinne langer maak en dan verbind ons twee sinne met woorde soos en , want , maar , omdat . Kyk hoe lyk hierdie sinne as ons hulle verbind:

Walvisse is groot. Hulle is swaar. (en)

Walvisse is groot en hulle is swaar.

Walvisse is seediere. Hulle is soogdiere. (maar)

Walvisse is seediere , maar hulle is soogdiere.

[Daar is ‘n komma , voor maar .]

Walvisse het longe. Hulle is soogdiere. (want)

Walvisse het longe , want hulle is soogdiere.

[Daar is ‘n komma , voor want .]

óf

Walvisse het longe. Hulle is soogdiere. (omdat)

Walvisse het longe, omdat hulle soogdiere is.

[Na omdat gaan die werkwoord na die einde van die sin.]

Verbind nou die volgende sinne met die voegwoorde tussen hakies. Skryf die volle nuwe sin neer.

  1. Walvisse is baie groot. Dolfyne is kleiner. (en)
  2. Walvisse is baie groot. Dolfyne is kleiner, (maar)
  3. Walvisse lê nie eiers nie. Hulle is soogdiere. (want)
  4. Walvisse lê nie eiers nie. Hulle is soogdiere. (omdat)
  5. Die blouwalvis is die grootste. Die moordwalvis is die kleinste. (en)
  6. Die blouwalvis is die grootste. Die moordwalvis is die kleinste. (maar)
  7. Walvisse is gejag. Mense kon geld maak. (want)
  8. Walvisse is gejag. Mense kon geld maak. (omdat)

[LU 6.2.13]

Raaisels

Verdeel in jul groepe.

Vra vir mekaar die volgende raaisels:

Voorbeeld : Dit is ‘n baie klein diertjie met ses pote.

Dit rym met vier .

Antwoord : mier

  1. Dit is warm en dit brand. Dit rym met muur .
  2. ‘n Mens kan daarmee koop. Dit rym met held .
  3. Dit is ‘n dier wat seil. Dit rym met bang .
  4. ‘n Mens kan dit skryf en pos. Dit rym met lief .
  5. Dit is ‘n dier wat muise vang. Dit rym met mat .
  6. ‘n Mens kan dit eet. Dit rym met groot .
  7. Dit is’ n dier wat blaf. Dit rym met mond .
  8. Dit is ‘n kleur. Dit rym met skoen .
  9. ‘n Mens kan dit drink. Dit rym met hap .
  10. ‘n Mens kan daarmee loop. Dit rym met moet .

[LU 4.6.2]

Assessering

LU 2

PRAAT Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

2.1 voer interaksie in sy/haar addisionele taal:

2.1.1 stel en beantwoord vrae;

2.1.2 neem deel aan ‘n gesprek oor ‘n bekende onderwerp;

2.1.3 lug mening en gee ‘n rede daarvoor;

2.2 tree op kultureel gepaste maniere op:

2.2.1 rolspeel bekende situasies met gepaste taal en gebare;

2.2.2 toon toenemende bewustheid van sosiale en kulturele verskille (soos verstaan die verskillend maniere waarop hoflikheid in die huis- en addisionele taal uitgedruk word);

2.2.3 skakel van een taal na ‘n ander oor, waar gepas (soos om iemand wat nie jou taal praat nie, by ‘n groep in te sluit);

2.4 gebruik die addisionele taal op ‘n kreatiewe wyse:

2.4.2 voer gedigte, liedjies en eenvoudige toneelstukke op.

LU 3

LEES Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

3.1 toon, op ‘n eenvoudige manier, begrip van die elemente van stories:

3.1.3 let op hoe karakters en intrige aangebied word om ‘n spesifieke wêreldbeskouing uit te beeld (soos: Word ou en jong mense stereotipies voorgestel, of word die verskille realisties uitgebeeld?)

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10990/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask