<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Hoe het die mense van lank gelede musiek gemaak?

...................................................................................................................

Watter kunsvorms het behoue gebly?

...................................................................................................................

...................................................................................................................

Hoe het tegnologie gehelp dat jou dorp of stad ontwikkel het?

...................................................................................................................

Watter belangrike gebeurtenisse het al in jou dorp plaasgevind?

..................................................................................................................

Watter maande van die jaar kry jou dorp

die meeste reën? .....................................................................

die minste reën? .....................................................................

Aktiwiteit 2

Om inligting uit bronne oor jou skool te bekom [lu 1.2, 1.3]

Werk in groepe. Vind uit of julle skool ‘n koerant of ‘n ander geskrewe bron het waarin die skoolhoof belangrike gebeure opteken. Gebruik hierdie bron om die volgende vrae te ondersoek, en skryf jou bevindings neer:

In watter jaar is jou skool gestig? ..................................................................

Hoe oud is die skool? ....................................................................................

Wie het die skool gestig? ..............................................................................

Wie was die eerste hoof van jou skool?

...................................................................................................................

Watter klaskamers is die oudste in die skool?

...................................................................................................................

Hoe verskil hierdie klaskamers van die nuwe klaskamers?

...................................................................................................................

...................................................................................................................

Probeer foto’s van kinders in die hande kry wat jou skool in die verlede bygewoon het. Gebruik hierdie bronne om die volgende vrae te antwoord:

  • Het die skooldrag verander? .........................................
  • Het haarstyle verander? .....................................
  • Het die onderwysers se klere met die jare verander? .....................

Voer in pare onderhoude met ouer mense wat julle skool by-gewoon het toe hulle kinders was. Vra hulle om julle te vertel :

  • hoe hulle by die skool gekom het of skool toe vervoer is;
  • hoe hulle onderwysers was;
  • die dissipline in die skool;
  • die vakke waarvan hulle gehou het en dié waarvan hulle nie gehou het nie;
  • die skryfbehoeftes wat hulle gebruik het;
  • die sport wat hulle by die skool gespeel het.

Aktiwiteit 3

Om inligting uit bronne oor huise te bekom [lu 1.2, 1.3]

(a) Ben en Dawie is beste maats en hulle bly op Mooimeisiesfontein. Hulle lees dikwels mekaar se dagboeke. Bestudeer hulle dagboekinskrywings, en ook die prente van hulle huise.

Bekyk huis (i) en huis (ii). Pas die regte huis by die regte persoon volgens die dagboeke.

  • Die twee huise het ooreenkomste en verskille. Maak ‘n lys daarvan.
  • Hoe vergelyk hierdie huise met die huise in jou omgewing?
  • Hoekom is ‘n mens se huis so belangrik?
  • Teken ‘n mooi prent van jou huis.

Die beste manier om geboue soos dié huise te beoordeel, is om sekere vrae oor hulle te vra en dan die antwoorde neer te skryf. So sal jy meer uitvind oor geboue – en die ooreenkomste en verskille tussen hulle raaksien! Al wat jy nodig het, is gesonde verstand, pen en papier!

(b) GEBRUIK NOU DIE VOLGENDE VRAE OM MEER UIT TE VIND OOR DIE GESKIEDENIS VAN JUL HUIS.

Aktiwiteit 4

Verslaggewing oor hoe om inligting uit bronne te bekom [lu 1.1, 1.2, 1.3]

Skryf ‘n kort verslaggie oor die geskiedenis van jou dorp/stad of skool of huis. Jy is welkom om prente, foto’s of ander bronne in te sluit.

Assessering

Leeruitkoms 1: geskiedkundige ondersoek

Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

1.1 werk met bronne: inligting aanteken en verwerk uit ‘n verskeidenheid van bronne;

  • vrae beantwoord: inligting uit bronne gebruik om vrae te beantwoord;
  • antwoorde kommunikeer uit bronne: kennis en begrip kommunikeer op verskillende maniere.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11090/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask