<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 5

Ontdek die wêreld van sport

Module 1

Sportsoorte

Julle eerste spanpoging!

Hoeveel sportsoorte ken julle? Verdeel in spanne van ses. Julle onderwyser is die tydhouer en vraesteller. Julle kry drie minute om elke vraag te beantwoord.

Julle onderwyser sal elke vraag herhaal. BAIE BELANGRIK!

Luister baie mooi na die vereistes van elke sportsoort. Skryf al die sportsoorte neer waaraan julle kan dink. Die span wat die meeste antwoorde reg het, is die wenners!

[LU 1.3.3]

Gedig

Laat julle onderwyser die volgende gedig hardop vir julle voorlees.

SPORT

Spring, gooi, hardloop, slaan,

Op die veld of op die baan.

Skop met die voet of slaan met die hand,

Speel op gras of grond of sand.

Roei of seil, ski of swem,

Almal wil die resies wen.

In branders, swembad of rivier,

Watersport is groot plesier.

Boks of stoei pas in ‘n kryt,

Rofstoei is kwaai, pasop vir byt!

Gewigoptel vra spiere bou,

Gimnaste moet balans kan hou.

Soveel sport te kies en te keur,

Soveel reëls wat ek moet leer.

Spel maak ons lewens ryk en vol,

Sport speel daarin ‘n reuse-rol.

Ken julle al hierdie sportsoorte wat in die gedig genoem word? Gesels daaroor. Lees die gedig hardop vir ‘n maat. Luister terwyl jou maat dit voorlees. Help mekaar met die uitspraak van die woorde.

[LU 3.7.2]

Soek die woorde in die gedig wat met die volgende woorde rym en skryf hulle neer. Byvoorbeeld mooi – gooi

ding held hop kras
manier koei nou kol

Lees hierdie woorde ‘n paar keer hardop saam.

[LU 3.2.1]

Spel

Mark, Tembu en Ben het die eerste drie plekke in die 100 m behaal. Kan julle agterkom wat hulle posisies was? Skryf hulle name en posisies neer.

Mark was

Tembu was

Ben was

Teken die podium en vul elke posisie in.

Kopieer die tabel en skryf die ontbrekende woorde neer:

een
twee
derde
vier
vyfde
sesde
sewe
agste
nege
tien

Lees die woorde en leer hulle. [LU 6.2.9]

Aan watter sportsoort dink ek?

Julle gaan nou ‘n vasvraspeletjie speel. Julle moet weer in spanne verdeel. Elke spanlid gaan ‘n beurt kry om aan ‘n sportsoort te dink. Die res van die span moet dan vrae stel om te bepaal aan watter sportsoort hy/sy dink. Die vloeidiagram hieronder is ‘n voorbeeld van hoe die speletjie gespeel word. Die spanlede se vrae word in die reghoeke aangedui en die antwoorde in die sirkels. Die geheim is om so min as moontlik vrae te vra. [LU 2.4.3]

Vrae:

Verdeel nou in spanne. Die spanlid wat aan ‘n sportsoort dink, skryf die sportsoort op ‘n geheime kaartjie neer.

Gebruik hierdie vloeidiagram om aan te dui hoe vinnig die span die sportsoort waaraan jy gedink het, kon identifiseer.

Verslag van ‘n netbalwedstryd

Adil Peterson is kaptein van haar skool, Laerskool Mooiheuwel, se eerste netbalspan. Sy moet Maandag tydens die skool se saalbyeenkoms verslag doen van die vorige Woensdag se netbalwedstryd. Adil het die verslag reeds geskryf, maar sy het glad nie hoofletters gebruik nie. Sy het ook nie punte of vraagtekens aan die einde van die sinne gesit nie. Skryf asseblief die verslag oor met al die hoofletters en leestekens op die regte plekke.

  1. ons netbalspan het verlede woensdag ‘n wedstryd gespeel
  2. ons opponente was die laerskool goudland
  3. hulle skool is in sonskyndorp geleë
  4. het julle gehoor hoe ver ons gewen het
  5. ek moet tasneem adams gelukwens
  6. sy het uitstekend gevaar en die eindtelling was 12-6 in mooiheuwels se guns

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 5. OpenStax CNX. Sep 04, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10970/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask