<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 9

Module 10

Verskillende taalvorme en sinstrukture om mee te kommunikeer

Aktiwiteit 1

Om verskillende taalvorme en sinstrukture te gebruik om te kommunikeer

  • Lees die onderstaande teks en voer die opdragte uit wat daarop volg.

Skermsweef

Valskermsweef (of makliker nog: skermsweef) is ’n betreklik jong sportsoort. Dit was eers in die negentigerjare van die vorige eeu dat sweefentoesiaste hierdie eenvoudige, maar uiters opwindende vliegkuns begin beoefen het.

Sweeftuie is so eenvoudig, dog so effektief dat hulle amper te goed is om waar te wees. Dis ook nie te duur nie – ’n sweeftuig kos omtrent soveel as ’n goeie stel gholfstokke. Verbeel jou net: jy het jou eie sweeftuig wat jou in salige stilte op die wieke van die wind honderde meters hoog die lug in kan laat klim, en jou honderde kilometers ver kan dra. Wat meer is, as jy tuis kom, kan jy die tuig heel gerieflik onder in jou kas wegbêre, of as jy reis, kan jy dit in jou rugsak saam met jou ronddra! Onthou net: al klink dit so eenvoudig, moet ’n mens dit met die grootste respek behandel, want dit is immers ’n lugvaartuig.

’n Skermsweeftuig (Engels: paraglider ) is ’n lugvaartuig wat geen permanente vaste struktuur het nie. Dit is in staat om te sweef, en kan te voet van die hange van ’n heuwel gelanseer word As daar nie heuwels in die omgewing is nie, kan dit ook agter ’n voertuig aan gesleep word om dit te lanseer.

Die konsep waarop die skermsweeftuig gebaseer is, is wonderlik eenvoudig: ’n tekstielvlerk wat deur sy eie beweging deur die lug opgeblaas word, is aan ’n aantal toue vas wat die vlieënier (swewer) ondersteun. Die belangrike woorde hier is vlerk en vlieënier. Dieselfde aerodinamika-effekte wat kolossale passasiersvliegtuie in die lug hou, geld ook vir hierdie tuig.

Seil- en skermplankry

Skermplankry is verwant aan skermsweef, soos julle seker self weet. Dit is ’n sport wat baie vinnig in gewildheid toeneem. In die somer sien ’n mens alreeds heelwat jongmense wat in en bo die branders met hul skermplanke baljaar.

Hierdie jaar is die 17de Down Wind Dash op die Langebaan-strandmeer gehou. Seil- en skermplankryers ding elke jaar teen mekaar mee om te sien wie die vinnigste van Langebaan tot Saldanha kan ry. Daar was vanjaar sowat 50 deelnemers. Peter Lamley van Kaapstad het die prysgeld van R2000 gewen. Die huidige rekord is 17 minute. Ongelukkig was die wind hierdie jaar maar flou, dus het dit Lamley ’n volle halfuur geneem om Saldanha te bereik.

Bron : Die Burger , 3 Maart 2003

Wind uit seile in aanslag op rekord

1. Algemeen gebruikte adjektiewe

  • Jou onderwyser sal verduidelik wat ’n adjektief is.
  • Onderstreep die adjektiewe in die sinne hieronder, en omkring elke keer die naamwoord wat deur die adjektief bepaal word.

1.1 Skermsweef is ’n jong sportsoort.

1.2 Dit is ’n eenvoudige, maar opwindende vliegkuns.

1.3 Sweeftuie is eenvoudig, dog effektief.

1.4 ’n Mens moet ’n sweeftuig met die grootste respek behandel.

1.5 Dit het Lamley ’n volle halfuur geneem om Saldanha te bereik.

1.6 Maak ’n sin waarin die adjektief jonk voorkom.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11059/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask