<< Chapter < Page Chapter >> Page >

4. ......................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

LU 2.5 LU 6.3
  • Verdeel in klein groepies van vier of vyf.
  • Bespreek die stellings / vrae hieronder.
  • Vertel vir die klas wat julle besluit het.

1. Is dit goed of sleg om ‘n dagboek te hou?

2. Gee redes waarom ‘n dagboek soms nuttig kan wees.

3. Sou jy graag ‘n dagboek wou skryf? Gee redes.

4. Dink jy ander persone behoort jou dagboek te lees? Gee redes.

5. Bespreek die volgende se betekenisse.

“’n wit leuen”

“lojaliteit teenoor ‘n maat”

“eerlikheid en opregtheid”

  • Skryf julle idees neer.
LU 2.5 LU 2.8 LU 5.2 LU 5.5
  • Voltooi die teenoorgesteldes.
lelik of
baie of
ver of
vet of
vinnig of
buite of
hard of
groot of
warm of
laag of
  • Maak seker dat jy die woorde reg geskryf het.
LU 4.3 LU 6.2

Verkleinwoorde

  • Hierdie woorde eindig op ‘n “r”, “l”, “n” of ‘n klinker.
  • Die verkleinwoord kry “-tjie”.
  • Voltooi die lys.
blaarvrou seunvoëlkoutoontreinuildeur blaar tjie vrou tjie
  • Skryf die verkleinwoorde weer sonder om na die lys te kyk.
LU 6.2
  • Lees

Renier se dagboek – dag 3

Liewe Dagboek

Vandag voel ek baie beter.

Ek het my probleem met my pa bespreek en hy het vir my baie goeie raad gegee. Hy het beslis saamgestem dat die saak nie so gelaat kan word nie en al is Anton my beste maat, is dit oneerlik van my om niks te doen nie.

Ek het toe met Anton gaan praat soos my pa voorgestel het. Anton het baie sleg gevoel en het besef dat hy ‘n fout gemaak het. Hy wou net ‘n tydjie met die speletjie speel en dan was hy van plan om dit weer in Sarel se tas terug te sit. Dit het toe nie so uitgewerk nie.

Wel, om ‘n lang storie kort te maak, Anton het teenoor Sarel gaan bieg. Hulle het altwee aan Juffrou gaan verduidelik wat gebeur het. Die probleem is nou opgelos. Vir my? Ek voel verlig. Ek sou nie graag my beste maat wou verklik nie, maar ek het geweet ek kon nie langer stilbly nie.

Dankie, Pa, ek het geweet Pa sal kan help! Ek is so dankbaar om sulke ouers te hê! Ek voel asof ek enigiets met hulle sal kan bespreek. Nag, hoor, nou gaan ek lekker slaap.

LU 3.3
  • Lees die vrae en bespreek hulle in die klas.
  • Skryf dan jou eie antwoorde neer.

1. Hoe sou jy Renier beskryf? Gee redes vir jou antwoord.

.........................................................................................................................................

.........................................................................................................................................

.........................................................................................................................................

2. Bespreek: Is dit goed of sleg om jou probleme met jou ouers (of ma / of pa) te bespreek? Gee redes.

.........................................................................................................................................

.........................................................................................................................................

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11109/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask