<< Chapter < Page Chapter >> Page >

1. Wat is “’n gelukkige gesin?” Wat maak ‘n gesin gelukkig?

2. Wat maak ‘n gesin ongelukkig?

3. Dink aan drie dinge wat jy kan doen om julle gesin gelukkig te maak.

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

4. Watter belangrike lewensles het Debbie se ma vir haar geleer?

5. Hoe het Debbie gevoel toe sy besef sy het nie vir haar ma voor die tyd gesê van die koekverkoping nie?

6. Toe haar ma vir haar uit haar penarie help, was Debbie baie . . . . . . .

hartseer of gelukkig of dankbaar of kwaad

LU 2.5 LU 3.2

Verkleinwoorde

Hierdie woorde verloor “g” en kry ‘n “kie”.

‘n Groot . . . . ‘n Klein . . . .

toring torinkie

varing .............................................................................

koning .............................................................................

garing .............................................................................

doring .............................................................................

ketting .............................................................................

horing .............................................................................

  • Maak jou eie sinne.
LU 4.7 LU 4.6 LU 6.2
LU 4.1

Bespreek in die klas in watter moeilikheid jy as seun of dogter kan beland.

  • Veronderstel jy het ‘n beste maat wat jou uit die moeilikheid help. Bespreek wat hy/sy gedoen het om vir jou “’n klip uit die pad te rol”.
  • Skryf nou jou eie storie.
  • Gebruik die vloeidiagram om jou storie te beplan sodat jy presies kan weet wat eerste gebeur, ens.
  • Kies ‘n titel vir jou storie van hoe jou maat vir jou ‘n klip uit die pad gerol het.
  • Verduidelik jou probleem.
  • Besluit wie gaan jou help. Hoe gaan hy/sy jou help?
  • Het jou maat se plan gewerk? Vertel wat gebeur het.
  • Hoe het julle gevoel?
LU 2.5 LU 2.8 LU 4.4 LU 5.5 LU 5.4
  • Gebruik jou vloeidiagram. Kyk of die idees interessant is en skryf jou storie.
  • Lees jou storie vir die klas.
  • Laat hulle kommentaar daarop lewer.
  • Het jy netjies geskryf?
Ja Nee
  • Het jy hoofletters en punte onthou?
Ja Nee
LU 4.3 LU 4.5 LU 4.7 LU 6.2

Verkleinwoorde

  • Hierdie woorde het almal kort klinkers en die lettergreep is toe.
  • Die medeklinkers aan die einde van die woorde word verdubbel.

‘n Groot . . . . ‘n Klein . . . .

pop poppie

vis ...........................................................................

rok ...........................................................................

prop ...........................................................................

plek ...........................................................................

stok ...........................................................................

kas ...........................................................................

lig ...........................................................................

mes ...........................................................................

lip ...........................................................................

kop ...........................................................................

LU 3.4
LU 4.1

Assessering

Leeruitkomste 2: PRAAT : Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard 2.5: Dit is duidelik wanneer die leerder deelneem aan klas- en groepbesprekings:

Assesseringstandaard 2.8: Dit is duidelik wanneer die leerder betrokke raak by gesprekvoering as ‘n sosiale vaardigheid.

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis skep uit geskrewe teks:

Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder tekste lees op hul eie en gebruik maak van ‘n verskeidenheid strategieë om betekenis te skep;

Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder klankkennis vaslê:

Leeruitkomste 4: SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf:

Assesseringstandaard 4.3: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n konsepweergawe van ‘n skryfstuk vir verskillende doeleindes skryf;

Assesseringstandaard 4.4: Dit is duidelik wanneer die leerder skryfstukke hersien:

Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste grammatikale strukture en skryfkonvensies gebruik en skryf sodat ander kan verstaan:

Assesseringstandaard 4.7: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste grammatikale strukture en skryfkonvensies gebruik;

Leeruitkomste 5: DINK EN REDENEER : Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Assesseringstandaard 5.4: Dit is duidelik wanneer die leerder eenvoudige navorsing doen:

Assesseringstandaard 5.5: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting verwerk:

Leeruitkomste 6 : TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK : Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard 6.2: Dit is duidelik wanneer die leerder met woorde werk.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11109/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask