<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 9

Die aarde, sterrestelsels en ruimteprogramme

Module 15

Planete van ons sonnestelsel

Die volgende skets toon die binnekring-planete van ons sonnestelsel

Statistiek van die binnekring-planete

Naam Mercurius Venus Aarde Mars
Deursnit (km) 4 878 12 104 12 750 6 787
Massa as % van die aarde 0,06 0,8 - 0,1
Afstand van son (in miljoene km) 58 108 150 228
Aantal mane 0 0 1 2
Ander feite
  • Geen atmosfeer
  • Swawelsuurwolke
  • Digte CO 2 vang hitte vas en gee opper­vlak-temperatuur van 480°C
  • Tol in teenoorge­stelde rigting as alle ander planete
  • Die rooi planeet (a.g.v. yster)
  • Temperature tussen –125°C en 20°C
  • Tekens van water­damp

Aktiwiteit 1:

Om afleidings te maak en te interpreteer

1. Hoeveel planete wentel om die son?

2. Watter planeet is die naaste aan die son?

3. Watter planeet is verste van die son in die skets?

4. Wat is die vorm van die planete se wentelbane?

5. Watter planeet word die aarde se tweelingplaneet genoem omdat dit dieselfde vanuit die ruimte vertoon?

6. Watter planeet van hierdie groep het eienskappe naaste aan dié van die aarde?

Assessering van INTERPRETASIE:

Het jy die korrekte afleidings gemaak?

[LU 2.3]

Aktiwiteit 2:

Om die wentelbane van die planete te teken

Die volgende skets toon die buitekring-planete van ons sonnestelsel .

Assessering van wentelbaansketse:

Het jy die diagram korrek voorgestel?

[LU 2.1]

Statistiek van die buitekring-planete

Naam Jupiter Saturnus Uranus Neptunus Pluto
Deursnit (km) 142 800 120 660 51 118 49 528 2 300
Massa = x keer dié van die aarde 318 95 14,5 17 0,0025
Afstand van son (in miljoene km) 778 1 429 2 871 4 500 5 913
Aantal mane 16 18 15 8 1
Ander feite
  • Gaswolke be­dek die hele planeet
  • Het ’n groot rooi vlek – vermoe­delik ’n groot orkaan
  • Galileo Galilei het in die laat 1500’s reeds vier van die mane gesien.
  • Die grootste maan is groter as Mercurius.
  • Titan, die een maan, het sy eie atmosfeer
  • Ringe van verbrokkelde rots/ysstuk­ke rondom die planeet
  • ’n Ysreus, -197°C in sy atmos­feer
  • Winde waai teen 1 400km/uur
  • -225°C
  • -223°C

Aktiwiteit 3:

Om vrae oor planete te beantwoord

Watter planeet het:

1. ’n rooi kol?

2. ysringe?

3. die sterkste winde?

4. die grootste massa?

5. die meeste mane?

6. die laagste temperatuur?

7. die grootste deursnit?

8. die hoogste temperature?

9. ’n maan met ’n atmosfeer?

10. ’n maan groter as ’n ander planeet?

Assessering van PLANEETVRAE:

Het jy die vrae korrek beantwoord? [LU 2.3]

Aktiwiteit 4:

Afstandverwerking (translasietaak)

Opdrag:

Translasietaak

1. Bestudeer bostaande waardes en voorgestelde afstande vanaf die son.

1 cm = 1 astronomiese eenheid

Identifiseer die planete:

A

B

C

D

2. Rangskik die planete van grootste na kleinste

3. Watter planeet is 5 x verder van die son as die aarde?

4. Watter planeet is 30 x verder van die son as die aarde?

5. Mars se gravitasie is 0,39 van dié van die aarde. As jy op aarde 100 kg weeg, sal jy op Mars 100 x 0,39 kg weeg, d.w.s. 39 kg.

Hoeveel weeg jy op aarde?

Bereken hoeveel jy sal weeg op die verskillende planete en voltooi die tabel:

Planeet Oppervlakswaartekrag Jou gewig
Mercurius 0,39 ..................................................
Venus 0,91 ..................................................
Aarde 1,00 ..................................................
Mars 0,39 ..................................................
Jupiter 2,60 ..................................................
Saturnus 1,10 ..................................................
Uranus 0,88 ..................................................
Neptunus 1,14 ..................................................
Pluto 0,05 (ongeveer) ..................................................

6. Op watter planeet sal jy:

(a) die ligste weeg?

  1. die swaarste weeg?

Assessering van TRANSLASIETAAK:

Het jy die omskakelings korrek gedoen? Kon jy die inligting kategoriseer?

[LU 2.2; LU 2.4]

Aktiwiteit 5:

Om ‘n drie-dimensionele bouprojek aan te pak

BOU ’n SONNESTELSEL

Daar kan in groepe gewerk word om

  • ’n volledige sonnestelsel
  • slegs die binnekringplanete
  • slegs die buitekringplanete
  • individuele planete

te bou.

  • Die projek moet drie-dimensioneel, kleurvol en bruikbaar vir die opvoeder wees.
  • Voorstel: Gebruik papiermaché, of koerantpapier, stysel en waterverf.
  • Kleure moet ooreenkomstig die kenmerke van ’n planeet gekies word.

Assessering van BOUPROJEK:

Het jy a) beplan hoe jy inligting sou bekomb) informasie ingesamel c) informasie en bevindinge gekommunikeer?

[LU 1.1; LU 1.2; LU 1.3; LU 3.1]

Assessering

LU 1

Wetenskaplike Ondersoek

Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Dit word bewys as die leerder:

1.1 ondersoeke beplan;

1.2 ondersoeke uitvoer en data versamel;

1.3 data evalueer en bevindinge kommunikeer.

LU 2

Konstruksie van Wetenskapkennis

Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewings- kennis toe.

Dit word bewys as die leerder:

2.1 betekenisvolle inligting kan oproep;

2.2 inligting kan kategoriseer;

2.3 inligting kan interpreteer;

2.4 kennis kan toepas.

LU 3

Wetenskap, die Gemeenskap en die Omgewing

Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Dit word bewys as die leerder:

3.1 wetenskap as ’n menslike aktiwiteit verstaan;

3.2 die volhoubare gebruik van die aarde se hulpbronne verstaan.

Memorandum

AKTIWITEIT: INTERPRETASIE

1. 9

2. Mercurius

3. Neptunus

4. ellipties

5. Venus

6. Mars

AKTIWITEIT: VRAE – Watter planeet….

1. Jupiter

2. Saturnus

3. Neptunus

4. Jupiter

5. Saturnus

6. Neptunus

7. Jupiter

8. Mercurius

9. Saturnus se Titan

10. Ganymede van Jupiter is die grootste in ons sterrestelsel en is groter as Mercurius

AKTIWITEIT: AFSTANDVERWERKING (translasietaak)

1. A = Mars ( 1,6 x 150 milj)B= JupiterC = UranusD= Pluto

2. Jupiter, Saturnus, Uranus, Neptunus, Aarde, Venus, Mars, Mercurius, en Pluto

3. Jupiter

4. Neptunus

5. Elkeen volgens eie massa

6a) Pluto

6b) Jupiter

Questions & Answers

how do you get the 2/50
Abba Reply
number of sport play by 50 student construct discrete data
Aminu Reply
width of the frangebany leaves on how to write a introduction
Theresa Reply
Solve the mean of variance
Veronica Reply
Step 1: Find the mean. To find the mean, add up all the scores, then divide them by the number of scores. ... Step 2: Find each score's deviation from the mean. ... Step 3: Square each deviation from the mean. ... Step 4: Find the sum of squares. ... Step 5: Divide the sum of squares by n – 1 or N.
kenneth
what is error
Yakuba Reply
Is mistake done to something
Vutshila
Hy
anas
hy
What is the life teble
anas
hy
Jibrin
statistics is the analyzing of data
Tajudeen Reply
what is statics?
Zelalem Reply
how do you calculate mean
Gloria Reply
diveving the sum if all values
Shaynaynay
let A1,A2 and A3 events be independent,show that (A1)^c, (A2)^c and (A3)^c are independent?
Fisaye Reply
what is statistics
Akhisani Reply
data collected all over the world
Shaynaynay
construct a less than and more than table
Imad Reply
The sample of 16 students is taken. The average age in the sample was 22 years with astandard deviation of 6 years. Construct a 95% confidence interval for the age of the population.
Aschalew Reply
Bhartdarshan' is an internet-based travel agency wherein customer can see videos of the cities they plant to visit. The number of hits daily is a normally distributed random variable with a mean of 10,000 and a standard deviation of 2,400 a. what is the probability of getting more than 12,000 hits? b. what is the probability of getting fewer than 9,000 hits?
Akshay Reply
Bhartdarshan'is an internet-based travel agency wherein customer can see videos of the cities they plan to visit. The number of hits daily is a normally distributed random variable with a mean of 10,000 and a standard deviation of 2,400. a. What is the probability of getting more than 12,000 hits
Akshay
1
Bright
Sorry i want to learn more about this question
Bright
Someone help
Bright
a= 0.20233 b=0.3384
Sufiyan
a
Shaynaynay
How do I interpret level of significance?
Mohd Reply
It depends on your business problem or in Machine Learning you could use ROC- AUC cruve to decide the threshold value
Shivam
how skewness and kurtosis are used in statistics
Owen Reply
yes what is it
Taneeya
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11068/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask