<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Leerders afdeling

Inhoud

  • Die storie gaan verder...

Themba in die moeilikheid -deel 5

Eindelik kom hulle by die grootpad aan.

Hulle wag geduldig vir die verkeer om tot stilstand te kom voordat hulle by die voetoorgang die straat oorsteek.

Themba kyk regs, links en weer regs en sê vir Thandi:

“Kom Thandi, nou kan ons stap.”

Hy stap vinnig oor, maar o toggie! Hy het nie die rooi motor gesien nie!

Die rooi motor hou nie stil nie!

Te laat trap die bestuurder rem.

Die rooi motor stamp vir Themba.

Mense gil en Themba lê doodstil in die middel van die grootpad.

Thandi hardloop na haar boetie, maar sy oë is toe en sy kop is vol bloed.

(word vervolg…)

LU 1.3.3 LU 3.3.1 LU 3.3.2
  • Teken die prente en vertel die storie oor in die regte volgorde. Merk die blokkies 1, 2, 3 ens.

LU 1.3.4 LU 2.4.7 LU 3.2.1
  • Versier die patroon.
LU 4.1
  • Nuwe woorde.

  • Waar pas hulle in?

1. Die …………………………………… kyk of hy ……………………….. het.

2. Hy tel hom …………………………………………………………………. op.

3. Hier kom die ……………………………………………………………………

4. Die ambulans neem hom na die ………………………………………………

LU 3.3.3 LU 6.2.1
  • Lees nou van...

Arme themba! - deel 6

“Wag, mense, staan terug!” hoor Thandi agter haar.

“Ek is ‘n dokter. Laat ek kyk!”

Hy voel hier en hy voel daar.

“Ek sal die ambulans bel. Hy sal hospitaal toe moet gaan,” sê die dokter.

“Ek gaan saam met hom,” sê Thandi met trane in haar oë. “Dit is my boetie. Ek gaan saam met hom hospitaal toe. Het hy seergekry?” vra sy.

“Sy kop het ’n harde stamp gekry,” sê die dokter.

“Maar kyk, hier kom die ambulans. Klim in, hulle sal hom versigtig intel.”

(word vervolg…)

  • Voltooi die sinne:

1. Die …………………………………………………………... help vir Themba.

2. Hy bel vir ‘n ……………………………………………………………………

3. Thandi het ………………………………………………………….. in haar oë.

4. Themba het ‘n harde …………………………………………………… gekry.

5. Hulle tel hom ………………………………………………………………. op.

LU 3.4.6 LU 6.2.1
  • Lees die woorde en teken die prente.
  • Bêre die bladsy in jou lêer.
wortels koffie Ouma Rosie
soldate motors ambulans
dokter boeksak voetgangers
hospitaal slange mielies
LU 4.6.5 LU 4.8

Themba in die hospitaal - deel 7

  • Skryf nou jou eie storie op die volgende bladsy.
  • Wat dink jy het daar gebeur?

Hoe het hy beter geword?

  • Teken die prent.
  • Miskien wil jy van hierdie woorde gebruik...
  • Was jy al ‘n pasiënt in die hospitaal?
  • Kry vier maatjies. Neem beurte en vertel vir mekaar wat gebeur het.
LU 2.1 LU 2.3 LU 2.4.3

Themba in die hospitaal -Deel 7

(my eie storie)

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

LU 4.2 LU 4.4.1 LU 4.7.2

‘n Speletjie om met ‘n maat te speel.

Reëls:

  • Elkeen kry ‘n beurt om twee skuiwe aan te skuif.
  • As hy op ‘n kol beland, verbeur hy sy beurt.
  • Daar moet elke keer ‘n woord gemaak word met die klank in die middel, bv. a soos in kat.
  • As hy nie aan ‘n woord kan dink nie, kan hy nie aanskuif nie.
  • Dieselfde woorde mag nie twee maal gebruik word nie.
  • Kyk ook na:
LU 3.2.3

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 2. OpenStax CNX. Oct 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11132/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask