<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tegnologie

Graad 7

Prosessering: tekstiele

Module 17

Die tekstielbedryf

Die tekstielbedryf

  1. Die geskiedenis van die tekstielbedryf

Die tekstielbedryf het ontstaan toe die mens uitgevind het dat die haarbedekking van sommige diere (bv. die skaap) gebruik kan word sonder om die dier te slag. Daar is toe ‘n manier gevind om hierdie vesels te gebruik en garing daaruit te vervaardig. Die veselagtige aard van sommige plante, soos die vlasplant, het dit moontlik gemaak om gare te spin wat dan tot lap geweef kon word.

Vandag word die meeste stowwe gebrei of geweef. Die vesels wat gebruik word, kan natuurlik wees en ook van plante of diere afkomstig wees.

Wol is afkomstig van skape

Katoen is afkomstig van die katoenplant

Sy word deur sywurms gespin

Vesels kan ook sinteties (kunsmatig vervaardig) wees. Sulke tekstiele word van minerale soos steenkool en olie gemaak. Voorbeelde van kunsvesels is nylon, akriel en poliëster. Somtyds word kunsvesels met natuurlike vesels vermeng. Sodoende kry ons byvoorbeeld poliësterkatoen.

Kyk hoeveel kledingstukke jy kan vind wat aandui dat daar poliësterkatoen gebruik is in die vervaardiging van die materiaal.

LU/AS 2.1
  1. Die kwaliteite van vesels

Die lengte, digtheid, sterkte, fynheid en elastisiteit van die vesel, asook die vesel se weerstand teen chemikalieë en vogtigheid, sal bepaal watter kwaliteite die tekstiel wat daarvan vervaardig word, sal hê. Sodoende bepaal die eienskappe van die verskillende tipes vesel die eienskappe van die stowwe wat daarvan gemaak word. Die manier waarop die vesels gebrei of geweef word, speel ook ‘n rol, daarom behoort enige kledingstuk altyd ‘n etiket te dra waarop die tekstiel wat gebruik is, omskryf word, sowel as hoe die kledingstuk versorg / gewas behoort te word.

Bestudeer die volgende voorbeelde van sulke etikette en bespreek dit in groepverband:

  1. Navorsing oor die verskillende kledingstowwe

Opdrag 2:

LU/AS 1.1
  • Bestudeer die etikette van drie kledingstukke en voltooi die volgende tabel:
Kledingstuk Tekstiel-omskrywing Was- instruksies Tekstuur van materiaal Massa van materiaal Rekbaarheid van materiaal
Bv: T-hemp 100 % katoen koue handwas sag lig min

Omdat verskillende soorte materiale verskillende eienskappe het, kies mense verskillende soorte tekstiele vir spesifieke gebruike. Sagte stowwe word gewoonlik gebruik vir die maak van kledingstukke wat teen die lyf gedra word, terwyl warm truie en baadjies weer ander stowwe vereis.

  • Die volgende tabel som die eienskappe van verskillende vesels op en dui ook aan hoe artikels wat van hierdie vesels gemaak is, versorg behoort te word.
Vesel Eienskappe Versorging
Katoen Koel.Kan vog absorbeer.Min rekbaar.Kreukel maklik.Baie ontvlambaar.Sag/grof afhangende van weefproses. Masjien of hand / Lou-warm.Spoel deeglik uit.Hang op of tol.Gekleurde katoen bleik in son.Stryk met warm yster.Wit kan gebleik word.
Wol Hou hitte in.Rekbaar.Swak indien nat.Kan krimp. Kreukel moeilik.Droogskoon / Handwas.Droog in skadu / Lê plat neer vir droog.Vermy stryk/anders koel yster.
Kunsvesels Sterk.Absorbeer nie vog nie.Maklik droog.Kreukeltraag.Krimp of rek nie. (Lycra is ‘n uitsondering)Smelt by hoë temperature. Warm was met masjien of hand.Hang op of tol.Stryk nie nodig.
  • Gebruik nou die inligting wat jy tot dusver versamel het en kies ‘n geskikte stof vir:
  • ‘n skoolhemp
  • ‘n badhanddoek
  • winterbaadjie
  • seuns langbroek
  • Die eienskappe van stowwe:

Volg die volgende stappe en teken al jou waarnemings op ‘n tabel aan.

  1. Duursaamheid :

Kies drie verskillende soorte stowwe waarvan jy redelik seker is oor die vesel wat gebruik is tydens die vervaardigingsproses daarvan.

  • Span die stuk kledingstof oor die bokant van ‘n fles of blikkie en hou dit stewig in posisie met behulp van ‘n rekkie.
  • Neem ‘n klip en vryf dit egalig oor die stof totdat daar ‘n gaatjie verskyn.
  • Vergelyk nou die sterkte van die verskillende vesels.
  • Ontvlambaarheid :

Neem dieselfde drie stukke kledingstowwe en hou dit naby aan ‘n vlam. Wat neem jy waar?

  1. Vogabsorbering :

Plaas die stukkies kledingstof in water en kyk watter een absorbeer die water die maklikste.

Plaas nou die nat kledingstowwe buite en kyk watter een word die gouste droog.

Stof 1. 2. 3.
Vesel
Duursaamheid
Ontvlambaarheid
Vogabsorbering
LU/AS 2.1

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Tegnologiese Prosesse en VaardighedeDie leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
ondersoek :
Ondersoek :1.1 die agtergrondkonteks, die aard van die behoefte, die omgewingsituasie, en die mense wat betrokke is wanneer ‘n probleem, behoefte of geleentheid in ‘n plaaslike konteks gegee word, ondersoek;
LU 2
TEGNOLOGIESE KENNIS EN BEGRIP Die leerder is in staat om relevante tegnologiese kennis te verstaan en dit eties en verantwoordelik toe te pas.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
verwerking :2.1 kennis en begrip toon van strukture.

Questions & Answers

how does Neisseria cause meningitis
Nyibol Reply
what is microbiologist
Muhammad Reply
what is errata
Muhammad
is the branch of biology that deals with the study of microorganisms.
Ntefuni Reply
What is microbiology
Mercy Reply
studies of microbes
Louisiaste
when we takee the specimen which lumbar,spin,
Ziyad Reply
How bacteria create energy to survive?
Muhamad Reply
Bacteria doesn't produce energy they are dependent upon their substrate in case of lack of nutrients they are able to make spores which helps them to sustain in harsh environments
_Adnan
But not all bacteria make spores, l mean Eukaryotic cells have Mitochondria which acts as powerhouse for them, since bacteria don't have it, what is the substitution for it?
Muhamad
they make spores
Louisiaste
what is sporadic nd endemic, epidemic
Aminu Reply
the significance of food webs for disease transmission
Abreham
food webs brings about an infection as an individual depends on number of diseased foods or carriers dully.
Mark
explain assimilatory nitrate reduction
Esinniobiwa Reply
Assimilatory nitrate reduction is a process that occurs in some microorganisms, such as bacteria and archaea, in which nitrate (NO3-) is reduced to nitrite (NO2-), and then further reduced to ammonia (NH3).
Elkana
This process is called assimilatory nitrate reduction because the nitrogen that is produced is incorporated in the cells of microorganisms where it can be used in the synthesis of amino acids and other nitrogen products
Elkana
Examples of thermophilic organisms
Shu Reply
Give Examples of thermophilic organisms
Shu
advantages of normal Flora to the host
Micheal Reply
Prevent foreign microbes to the host
Abubakar
they provide healthier benefits to their hosts
ayesha
They are friends to host only when Host immune system is strong and become enemies when the host immune system is weakened . very bad relationship!
Mark
what is cell
faisal Reply
cell is the smallest unit of life
Fauziya
cell is the smallest unit of life
Akanni
ok
Innocent
cell is the structural and functional unit of life
Hasan
is the fundamental units of Life
Musa
what are emergency diseases
Micheal Reply
There are nothing like emergency disease but there are some common medical emergency which can occur simultaneously like Bleeding,heart attack,Breathing difficulties,severe pain heart stock.Hope you will get my point .Have a nice day ❣️
_Adnan
define infection ,prevention and control
Innocent
I think infection prevention and control is the avoidance of all things we do that gives out break of infections and promotion of health practices that promote life
Lubega
Heyy Lubega hussein where are u from?
_Adnan
en français
Adama
which site have a normal flora
ESTHER Reply
Many sites of the body have it Skin Nasal cavity Oral cavity Gastro intestinal tract
Safaa
skin
Asiina
skin,Oral,Nasal,GIt
Sadik
How can Commensal can Bacteria change into pathogen?
Sadik
How can Commensal Bacteria change into pathogen?
Sadik
all
Tesfaye
by fussion
Asiina
what are the advantages of normal Flora to the host
Micheal
what are the ways of control and prevention of nosocomial infection in the hospital
Micheal
what is inflammation
Shelly Reply
part of a tissue or an organ being wounded or bruised.
Wilfred
what term is used to name and classify microorganisms?
Micheal Reply
Binomial nomenclature
adeolu
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11031/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask