<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tegnologie

Graad 8

Strukture

Module 7

Skuinstekening

Aktiwiteit 1

Skuinstekening

Fokustaak 1

  • Met hierdie metode kyk jy reghoekig op een vlak (normaalweg die vooraansig) van ‘n voorwerp. Die lyne wat die sye van die voorwerp voorstel, word teen ‘n hoek van 45 grade na links of regs getrek.

Hoe om ‘n skuinstekening te maak:

  1. Teken die vooraansig van die voorwerp:
  1. Teken ligte konstruksielyne 45 grade na links of regs om die diepte voor te stel:

  1. Merk die diepte op die dieptelyne:
  1. Voltooi die tekening:
LU 2.1

Aktiwiteit 2

Veiligheid in die klaskamer:

  • Die veiligheidsregulasies is die belangrikste aspek van enige werkwinkel. Jy moet deeglik bewus wees van die regulasies en maatreëls van jou werkwinkel. Maak seker dat jy weet watter noodmaatreëls gevolg moet word in geval van ‘n ongeluk. Elke leerder moet ook weet waar die noodskakelaar, sowel as die noodhulptassie is. Rapporteer alle gevalle by jou opvoeder.

Let op die volgende:

  1. Jou kleredrag:
  • trek ‘n voorskoot of oorjas aan;
  • dra altyd skoene;
  • dasse en juweliersware moet ingesteek wees;
  • moue moet opgerol en hare vasgebind wees.
  • Jou gedrag:
  • ‘n werkwinkel is nie ‘n speelplek nie;
  • moet nooit hardloop nie;
  • moet nooit alleen of sonder toestemming werk nie.
  • Werk veilig:
  • gebruik gereedskap vir die regte doel;
  • bêre gereedskap as jy dit klaar gebruik het;
  • dra skerp gereedskap met snypunte afwaarts grond toe;
  • volg die instruksies op masjiene;
  • dra veiligheidsbrille by masjiene;
  • rapporteer enige foute by masjiene;
  • los masjiene in die regte toestand as jy klaar is.

Veiligheid met betrekking tot elektrisiteit volg in die Elektronika module!

Opdrag 1

  • Maak ‘n lys van alle onveilige situasies wat moontlik in ‘n werkwinkel kan ontstaan.

Onveilige Situasies:

Assessering

LU 2
tegnologiese kennis en begrip Die leerder is in staat om relevante tegnologiese kennis te verstaan en dit eties en verantwoordelik toe te pas.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
strukture:2.1 kennis en begrip van raamstrukture toon:
  • die gebruik en toepassing van basiese strukturele komponente (kolomme, balke, boë);
  • tegnieke vir die versterking van raamstrukture (driehoekvorming, webbe en oriëntering en dwarsdeursnitoppervlak en lede); hoe raamstrukture sterk gemaak kan word (bv. verband tussen die grootte en vorm van die basis, die swaartekragpunt en punt van stabiliteit;

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 8. OpenStax CNX. Sep 13, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11051/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask