<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 7

Module 9

Stillees

1.Stillees

Het jy al van ‘n VVV gehoor? VVV is die afkorting vir ‘n vreemde vlieënde voorwerp. Hierdie vlieënde voorwerp is nie naastenby soos een van die vervoermiddels wat ons in die vorige leereenheid behandel het nie. Nou wat is dit dan?

  1. Lees die volgende leesstuk aandagtig deur. Jy kan dit selfs twee of drie keer deurlees.
NUWE WOORDE
voorwerp object natuurlike verskynsels natural objects
opspoor detect gekskeerdery hoax
verklaar explain oëverblindery hallucinations
ruimteskip spaceship onsin nonsense
ruimtewese alien verregaande outrageous
wetenskaplike scientist ontvoer abduct
spioeneer spy

‘n VVV is ‘n lig of voorwerp in die lug wat nie verklaar kan word nie. Sommige VVV’s word nie met die menslike oog gesien nie, maar word deur radar opgespoor.

Dit is belangrik om te onthou dat meer as 90% van die VVV’s wel geïdentifiseer word. Dis dikwels vliegtuie, satelliete, planete of weerballonne. Wat is die ander 10% dan? Die mees romantiese teorie is dat VVV’s die ruimteskepe van ruimtewesens is wat op die aarde spioeneer. Sommige wetenskaplikes glo egter dat VVV’s in werklikheid natuurverskynsels in die atmosfeer is, byvoorbeeld wolke. Ander glo dis ‘n gekskeerdery of oëverblindery.

Die meeste wetenskaplikes dink VVV’s is onsin, veral die stories oor mense wat sê hulle is deur ruimtewesens ontvoer. Daar is heelwat sulke stories wat verregaande klink. Maar hoe verklaar die wetenskap hierdie raaisel? Dis die eintlike vraag!

  1. Beantwoord nou die volgende vrae deur slegs W (waar) O (onwaar) of OB (onvoldoende besonderhede) te skryf:
  1. ‘n VVV is ‘n lig of voorwerp in die lug.
  2. Hierdie VVV kan nie verklaar word nie.
  3. VVV’s kan slegs met die menslike oog gesien word.
  4. Alle VVV’s word geïdentifiseer.
  5. Dis altyd vliegtuie, satelliete, planete of weerballonne.
  6. Sommige mense dink dis ruimteskepe.
  7. Hierdie ruimteskepe behoort aan ruimtewesens.
  8. Sommige wetenskaplikes dink dis ‘n gekskeerdery.
  9. Baie wetenskaplikes glo nie aan ruimtewesens wat mense ontvoer nie.
  10. Die wetenskap kan hierdie VVV’s verklaar.

Assessering onder leiding van die opvoeder.

10

My totaal uit

LU 3.4.1

2. LIDWOORDE

Kyk weer na die leesstuk by no.1. Onderstreep die woorde ‘n en die .

Ons noem ‘n en die lidwoorde. Jy sal agterkom ons gebruik lidwoorde voor naamwoorde. Die lidwoord ‘n word vir een ding gebruik bv. ‘n lig. Die lidwoord die word vir een ding én meer as een ding gebruik: die lig, die ligte. As ons die gebruik, is dit ‘n spesifieke ding of dinge waarvan gepraat word.

Onthou, ‘n word nooit met ‘n hoofletter geskryf nie. As jy ‘n sin met ‘n begin, word die tweede woord met ‘n hoofletter geskryf, bv.

‘n M ens kan dit nie verklaar nie.

Wanneer ons ‘n sin met die begin, word die met ‘n hoofletter geskryf, bv.

Die mens kan dit nie verklaar nie.

Vul ‘n of die by die volgende sinne in:

_______Vliegtuig word dikwels aangemeld as ________VVV, veral in

___________nag wanneer ________ mens net ligte kan sien. _______ligte van

________helikopter kan _________ mens maklik verwar, omdat helikopters in

________lug kan hang.

LU 6.3.5

3. BOODSKAPPE

  • Wat dink julle is dit hierdie?
  • Gesels ‘n bietjie daaroor in julle groepe.
  • Wat stel dit voor?
  • Kom ek help julle. Dit is ‘n boodskap.
  • Wie het hierdie boodskap gestuur?
  • Hoekom is hierdie boodskap gestuur?
  • Wat beteken hierdie boodskap? Elke groep moet verslag doen oor hulle vertolking van hierdie boodskap. (Kies ‘n leerder uit elke groep wat aan die res van die klas sal vertel wat sy / haar groep besluit het.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11017/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask