<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tegnologie

Graad 7

Stelsels en beheer: water

Module 8

Maak ‘n waterwiel

Opdrag 1:

LU/AS 1.10

Jy is nou gereed om die produk te maak. Dit word realisering genoem. In die werklikheid word ‘n prototipe van ‘n ontwerp eerste gebou en die finale produk ontwikkel dan uit hierdie prototipe. Jy het slegs tyd om hierdie model te bou wat deur toetsing en aanpassing so noukeurig as moontlik aan die spesifikasies moet voldoen.

Voordat jy jou model aan die res van die klas demonstreer, moet jy die volgende opdragte skriftelik voltooi:

Opdrag 2:

LU/AS 1.10

Voltooi die volgende tabel om aan te dui watter materiaal en gereedskap jy gebruik het.

Deel van masjien Materiaal/gereedskap gebruik Afmetings (indien van toepassing)
Die rotor
Die as
Die lemme
Die staander
Die drukspykers

Opdrag 3:

LU/AS 1.9

Verduidelik stap vir stap d.m.v. ‘n vloeidiagram hoe jy te werk gegaan het met die maak van jou masjien. Meet- Vorm- Heg- Afwerking. (Wenk: Begin ‘n sin met ‘n werkwoord en gebruik slegs een werkwoord per stap.) Voeg ook by hoeveel tyd jy aan elke stap spandeer het.

Agtergrond: Vloeidiagramme

Moontlike Oplossings

  1. Maak van lemme
  1. Plasing van lemme aan rotor en montering aan as
  1. Voorbereiding van staander
  1. Plasing van waterwiel in staander

  1. Vasmaak van hystoestel (katrol met gewig) aan as.
  1. Plasing van waterwiel in staander

Evaluering

Opdrag 4:

Om te evalueer hoe maklik of moeilik die maak van jou masjien was deur slegs ‘n regmerkie in die toepaslike kolom te maak

LU/AS 1.13

SLEUTEL: 1 – kon glad nie doen

2 – kon doen met hulp

3 – het gesukkel, maar kon dit op eie regkry

4 – het dit maklik op my eie gedoen

1 2 3 4
1. Ek kon die as deur die rotor steek.
2. Ek kon die lemme op die rotor monteer.
3. Ek kon die as in ‘n staander monteer sodat die as vryelik in die rondte draai.
4. Ek kon die staander in ‘n plat bak met 4 ℓ water in laat staan sonder dat die masjien aan die water raak.
5. Ek kon die meganisme om die drukspykers mee op te lig, monteer.
6. Ek het volgens ‘n logiese volgorde gewerk en was georganiseerd.
7. Ek het akkuraat uitgemeet volgens die instruksies van Opdrag 4.
8. Ek het die gereedskap met sorg hanteer.
9. Ek het my werkarea netjies gehou.
10. Ek het die materiale spaarsaam gebruik.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Tegnologiese Prosesse en VaardighedeDie leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
maak :
1.9 ‘n plan ontwikkel vir die maak van ‘n produk, met besonderhede oor al die volgende:
  • hulpbronne en hulpmiddels wat nodig is (bv. lyste materiaal, gereedskap, mense, koste);
  • sketse wat die nodige afmetings of hoeveelhede toon;
  • al die stappe wat nodig is vir die maak van die produk;
1.10 gepaste gereedskap en materiaal kies en gebruik om produkte deur middel van gepaste tegnieke te maak deur verskillende soorte materiaal akkuraat te meet, uit te merk, te knip/sny of te skei, te vorm of te vervorm, te heg, te las of saam te voeg, en af te rond;
1.12 die produk of stelsel evalueer gebaseer op kriteria wat direk met die ontwerpopdrag en sommige van die spesifikasies en beperkings verband hou, en verbeteringe of wysigings voorstel;
1.13 die doeltreffendheid van die plan van aksie wat gevolg is evalueer en voorstel hoe toekomstige planne verbeter kan word.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11031/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask