<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Pliés en relevés

Pliés (om te buig) en relevés (om te lig) is die eerste bewegings wat ‘n balletdanser leer. Dit is ook die fondament waarop omtrent elke beweging in ballet gebou is.

Die plié: (plee-ay)

  • Staan regop en kyk na die balk of hou aan ‘n stoel se rugkant vas.
  • Maak bene reguit, skouers en heupe in lyn.
  • Buig jou knieë sonder om jou hakke van die vloer af te lig – sak af sover as jou enkels dit toelaat (demi-plié).
  • Lig jou hakke effens soos jy geleidelik laer sak.
  • Buig jou knieë totdat jou dye parallel met die vloer is.
  • Soos jy opkom plaas jou hakke weer terug op die vloer – moet dit nie forseer nie.
  • Herhaal die plié met jou bene oop (in Tweede Posisie).

Die relevé: (re-le-vay)

  • Staan met jou voete in die Eerste Posisie.
  • Lig jou hakke geleidelik van die vloer af op.
  • Hou knieë, rug en maak reguit.
  • Hou aan lig – hou jou balans – hou vas aan die stoel .
  • Laat sak jou hakke stadig.
  • Herhaal hierdie oefening in die ander voetposisies.

Buiging

Ballet is ‘n kuns wat geweldige eise aan jou liggaam stel. Om te dans, moet jy soepel, sterk en goed gekoördineerd wees. Jy moet kan spring en jou bene kan uitdraai sodat jy jouself maklik kan lig. Onthou, ballet is ‘n kunsvorm. Wanneer jy buig of enige ander oefening doen, probeer dink hoe dit jou sal help as jy dans.

Buig na die kant:

  • Sit op die vloer met jou bene gekruis.
  • Buig na die regterkant – hou skouers vorentoe.
  • Lig jou linkerarm op oor jou kop.
  • Herhaal aan die linkerkant.

Vorentoe buiging

  • Hou aan die rugkant van ‘n stoel vas met een hand.
  • Buig stadig vorentoe – hou jou bene reguit en jou voete uitgedraai.
  • Laat sak jou arms natuurlik soos jy buig.
  • Probeer om nie jou heupe agtertoe te laat sak nie.

Agtertoe buiging

  • Hou die rugkant van ‘n stoel vas – hou jou een arm effens gebuig bo jou kop.
  • Gaan stadig terug, skouers en bo-rug eerste.
  • Hou voete bymekaar – bene reguit – heupe vierkantig.
  • Buig sover soos jy kan sonder om jouself te forseer en sonder om jou heupe vorentoe te druk.

Draaie

  • Staan met jou voete teen mekaar.
  • Lig jouself stadig op jou tone.
  • Draai heeltemal in die rondte – lig jou een voet effens van die vloer af – maar hou die opgeligte voet teen jou ander been.
  • Probeer regop bly.
  • Eksperimenteer met verskillende maniere om te draai.
  • Gebruik jou verbeelding en probeer om ‘n draai wat jy op die video of balletuitvoering gesien het te doen.

Spronge

Spronge is ‘n opwindende deel van die oefening. Jou spronge kan wissel in hoogte en spoed. Jy kan op een plek spring en land of in ‘n bepaalde rigting beweeg wanneer jy spring. Jy moet egter sterk en kragtig wees wanneer jy spring.

  • Staan met jou voete in die eerste posisie – buig jou knieë.
  • Druk met jou hele voet, spesifiek jou hakke, op die vloer.
  • Spring in die lug.
  • Strek jou bene en voete soveel as wat jy kan.
  • Buig jou knieë wanneer jy land – jou tone moet die vloer eerste raak.
  • Ondersoek verskillende maniere om te spring, bv. in tweede posisie met jou bene uitmekaar.
  • Ontdek nog maniere om te spring – beweeg, buig jou knieë, maak jou bene reguit, verander van rigting, vlakverandering ensovoorts.
  • Sit armposisies by.

Oefening

  • Gebruik hierdie basiese dansoefeninge en kombineer hulle om ‘n kort balletsekwens te skep.
  • Selekteer dansbewegings op die video en in prente en pas hulle by jou dans aan.
  • Moenie bang wees om ‘n beweging uit te voer nie.
  • Geniet dit om jou eie ballet te skep.

Assessering

LEERUITKOMS 2: REFLEKSIE Die leerder kan krities en skeppend op kuns- en kultuurprosesse, -produkte en -style in vergange, asook huidige kontekste reflekteer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

2.1 gepaste woorde gebruik om eie danse te beskryf wat in die klas ontwikkel word of uit die gemeenskap kom en wat met die benutting van ruimte, kostuum, musiek en rekwisiete te make het.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11088/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask