<< Chapter < Page Chapter >> Page >
LU 4.1.3

Ruil nou jou skriftelike werk om met jou maat s’n. Gebruik die onderstaande assesseringsruit om mekaar se werk te assesseer. Gebruik die volgende simbole:

Altyd: * Dikwels: + Soms: 0 Glad nie:
ALTYD DIKWELS SOMS GLAD NIE
Hoofletters waar nodig
Punktuasie waar nodig
Goeie sinne en korrekte woordorde
Korrekte spelling van woorde
Inhoud is goed en onderhoudend
Paragrawe is goed beplan

Spelwoorde

In die volgende woordraaisel kom die name van verskillende kossoorte en woorde wat met kos en etenstye verband hou, voor. Hulle kan horisontaal, vertikaal of diagonaal gelees word. Slaan eers die Afrikaanse woorde vir die onderstaande woorde na en skryf hulle langs die Engelse woorde neer. Daarna kan jy hulle in die woordraaisel soek. Kyk of jy hulle kan raaksien en omkring hulle.

potato breakfast

apricot supper

strawberry cereal

broccoli coffee

cauliflower tea

cucumber soup

peach bread

orange fruit

salad vegetables

egg dessert

bacon

A P P E L K O O S Q V E
A B E I E R Y Z L L R T
R C R F O S T Q A O U N
T D S F P Q E R A O G E
A N K O R X E S I K T O
P A E K O M K O M M E R
P G R S P E K P P O G G
E E D B R O K K O L I L
L R O V E Z O N T B Y T
Z E O N V I L E M O E N
X G R A A N K O S N Y W
Y W B L K E T E D N A A

Leer die woorde se betekenisse en spelling!

Indirekte rede

Ons het by no. 4 na die DIREKTE REDE gekyk.

Die INDIREKTE REDE is wanneer jy mense se woorde oorvertel.

Voorbeeld 1 : Alice se ma vra: “Wat wil jy eet?”

Indirekte rede: Alice se ma vra wat sy wil eet.

Voorbeeld 2 : Alice antwoord: “Ek wil sop eet.”

Indirekte rede: Alice antwoord dat sy sop wil eet.

óf

Alice antwoord sy wil sop eet.

Onthou, as jy dat gebruik, verander die woord orde. As jy dat weglaat, bly die woordorde dieselfde.

Voorbeeld 3 : Ronnie vra vir Benny: “Het ons genoeg kos?”

Indirekte rede: Ronnie vra vir Benny of hulle genoeg geld het.

Voorbeeld 4 : “Ek sal gaan seker maak.”

Indirekte rede: Benny antwoord dat hy sal gaan seker maak.

óf

Benny antwoord hy sal gaan seker maak.

Skryf die volgende sinne oor in die indirekte rede.

  1. Jacob vra vir Stella: “Eet jy baie gemorskos?”
  1. Stella antwoord: “Ek eet dit baie graag.”
  1. Damian vra vir Samantha: “Gaan jy nou jou appel eet?”
  1. Samantha antwoord: “Dit is eintlik my middagete.”
  1. Jacky vra vir Kay: “Hoe laat eet jy ontbyt?”
  1. Kay antwoord: “Ek eet nie ontbyt nie.”
  1. Wilf vra vir Kelly: “Kry jy genoeg oefening?”
  1. Kelly sê: “Ek hou nie van enige oefening nie.”
  1. Doreen vra vir Jolissa: “Eet jy genoeg vars vrugte?”
  1. Jolissa antwoord: “Vrugte is my gunstelingkos!”

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
LUISTERDie leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 verstaan en waardeer stories, asook dié wat deur medeleerders vertel word:
1.1.1 reageer persoonlik en krities, stel en beantwoord vrae;
1.1.2 evalueer die manier waarop die storie vertel is en gee terugvoering.
LU 4
SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 skryf om inligting oor te dra:
4.1.1 vul vorms en rooster in;
4.1.3 gebruik inligting uit ‘n onderhoud en skryf ‘n verslag of gee ‘n beskrywing daarvan;
4.2 skryf vir ‘n sosiale doel:
4.2.1 skryf eenvoudige persoonlike briewe (soos: aanvaar ‘n uitnodiging, reageer op ‘n advertensie) en toon bewustheid van die kenmerke van die tekssoort;
4.4 skryf skeppend:
4.4.1 toon ontwikkelende vermoë om stories, gedigte en toneelstukke te skryf (soos deur dialoog by ‘n storie in te sluit);
4.5 ontwerp mediatekste:
4.5.1 gebruik ‘n raam om ‘n eenvoudige advertensie te ontwerp;
4.6 benader skryf as ‘n proses:
4.6.1 beplan ‘n skryfstuk volgens die doel, teikengroep en konteks;
4.6.2 skryf ‘n konsepweergawe en lees en bespreek dit krities;
4.6.4 gebruik kennis van grammatika en spelling om te redigeer.
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
6.1 hersien grammatika wat in die vorige grade gedek is;
6.2 spel bekende woorde korrek:
6.2.2 woorde met enkel- en dubbelvokale en -konsonante (soos: boom, bome; pen, penne);
6.2.4 algemene afkortings (soos: mnr., mev., me., mej., afkortings vir maande en dae);
6.3 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:
6.3.14 leestekens (punt, komma, vraagteken, uitroepteken, aanhalingstekens).

Memorandum

1.

1. vegetariër

2. afskaffer

3. soettand

4. kelner

5. vraat

6. kok of sjef

2.

(a) Hy

(b) hare

(c) Sy

(d) syne

(e) jou

(f) ons, ons s’n

(g) julle s’n

(h) hul(le)

3.

(a) hawermout

(b) minerale / vitamiene / proteïne / vesel (enige twee)

(c) energie

(d) ontbyt

(e) nee

(f) vyf minute

(g) melk, suiker, room, vars vrugte, droëvrugte, heuning (enige drie)

6.

  • potato: aartappel breakfast: ontbyt
  • apricot: appelkoos supper: aandete
  • strawberry: aarbei cereal: graankos
  • broccoli: brokkoli coffee: koffie
  • cauliflower: blomkool tea: tee
  • cucumber: komkommer soup: sop
  • peach: perske bread: brood
  • orange: lemoen fruit: vrugte
  • salad: slaai vegetables: groente
  • egg: eier dessert: nagereg
  • bacon: spek
A P P E L K O O S Q V E
A B E I E R Y Z L L R T
R C R F O S T Q A O U N
T D S F P Q E R A O G E
A N K O R X E S I K T O
P A E K O M K O M M E R
P G R S P E K P P O G G
E E D B R O K K O L I L
L R O V E Z O N T B Y T
Z E O N V I L E M O E N
X G R A A N K O S N Y W
Y W B L K E T E D N A A

7.

(a) Jacob vra vir Stella of sy baie gemorskos eet.

(b) Stella antwoord dat sy dit baie graag eet.

(c) Damian vra vir Samantha of sy nou haar appel gaan eet.

(d) Samantha antwoord dat dit eintlik haar middagete is.

(e) Jacky vra vir Kay hoe laat sy / hy ontbyt eet.

(f) Kay antwoord dat sy / hy nie ontbyt eet nie.

(g) Wilf vra vir Kelly of hy / sy genoeg oefening kry.

(h) Kelly sê dat hy / sy nie van enige oefening hou nie.

(i) Doreen vra vir Jolissa of sy genoeg vars vrugte eet.

(j) Jolissa antwoord dat vrugte haar gunstelingkos is.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11017/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask