<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 2   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Wiskunde in die wêreld rondom ons

Opvoeders afdeling

Memorandum

Kritieke- en ontwikkelings uitkomste

Die leerders moet uiteindelik kan:

1. probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke;

2. doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk;

3. hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur;

4. inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer;

5. doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;

6. wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon;

7. begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie;

8. na te dink oor en ondersoek te doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer;

9. as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel te neem;

10. in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensitief te wees;

11. opvoedings- en lberoepsmoontlikhede ondersoek; en

12. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel.

  • Integrasie van Temas: Wiskunde met die drie bere.
  • Menseregte: Die storie van die drie bere leer leerders dat almal regte het en almal moet gerespekteer word.
  • Leerders brei hulle getalbegrip uit tot 109 op die klimraam. Die aktiwiteite sluit in die ordening van getalle, getalname, simbole en aan- en terugtel.
  • Posisie word bepaal van plekke in die klaskamer. ‘n Vloerplan van die klaskamer word gebruik.
  • ‘n Grafiek word ontwerp wat voltooi moet word deur inligting in te samel.
  • Optelling en aftrekking word uitgebrei na +4, -4, +5, -5, +6, -6, +7, -7.
  • Samestellings van 10 en 11 word ontdek.
  • Aanwysings word gegee om ‘n vorm te teken en in te kleur.
  • Meting met die duime en vergelyking van hierdie mate, met die gebruik van die relevante woordeskat.

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: grafieke. optelling en aftrekking [lu 1.2, lu 1.4, lu 1.8, lu 1.10, lu 2.2, lu 5.1, lu 5.2, lu 5.4, lu 5.5]

Ek moet ‘n grafiek maak

  • Die grafiek sal my help om vas te stel …

- watter die kortste is

- watter die langste is.

- watter die verste is.

- watter die naaste is.

  • Kleur een blokkie in vir elke duim wat jy getel het.

My grafiek oor lengtes

Die lengte van …

die kas
die skryfbord
die mat
die vensters (regs)
die vensters (links)
die leeshoekie
  • Nou kan ek sien …

1. Die ________________________ is die langste.

2. Die ________________________ is die kortste.

3. Die kas is ________________________ as die mat. (langer, korter)

4. Die skryfbord is ________________________ as die vensters aan die linkerkant. (langer, korter)

LU 5.1 LU 5.2 LU 5.4 LU 5.5

Speel met getalle

  • Begin by 1. Trek ‘n lyn van 1 tot 2, van 2 tot 3, ens., tot jy 40 bereik.

  • Maak elke getal een meer en een minder.
LU 1.2 LU 1.4
+ 1 + 3 - 1 + 4 - 2 + 10
30
28
37
2 1
19
- 2 - 1 + 3 + 1 + 2 - 10
32
44
35
40
47
LU 1.8

Herbenoem getalle

LU 1.10
  • Kan jy vir Sally verskillende maniere wys om haar som makliker te maak? Skryf of teken hulle.
  • Des het ‘n plan.
  • Liz het ‘n ander plan.
LU 1.8
  • Kom ons gebruik Des se plan.
  • Gebruik kleiner getalle vir die getalle wat omkring is.
  • Herbenoem hulle.
  • Gebruik pyle om “gee my” te sê.
LU 1.8 LU 2.2
  • Doen hierdie somme net so deur die getal wat omkring is, te herbenoem.
LU 1.8 LU 2.2

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder aan en terug tel;

Assesseringstandaard 1.4: Dit is duidelik wanneer die leerder orden, beskryf en vergelyk die volgende getalle:

1.4.1 heelgetalle tot minstens 2-syfergetalle;

1.4.2 gewone breuke insluitend halwes en kwarte;

Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder die gepaste simbole in berekeninge gebruik om probleme op te los:

Assesseringstandaard 1.10: Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende tegnieke gebruik:

1.10.1 opbou en afbreek van getalle;

1.10.2 verdubbeling en halvering;

1.10.3 gebruik van konkrete apparaat (bv. tellers);

1.10.4 getallelyne;

Leeruitkomste 2: Die leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik.

Assesseringstandaard 2.2: Dit is duidelik wanneer die leerder eenvoudige getalreekse kopieer en uitbrei tot minstens 200.

Leeruitkomste 5: Die leerder is in staat om data te versamel, op te som, voor te stel en krities te ontleed om gevolgtrekkings en voorspellings te maak en om toevallige variasie te interpreteer en te bepaal.

Assesseringstandaard 5.1: Dit is duidelik wanneer die leerder alledaagse voorwerpe (alleen en/of as ’n lid van ’n groep of span) in die klaskamer of skoolomgewing versamel volgens gegewe kriteria of kategorieë;

Assesseringstandaard 5.2: Dit is duidelik wanneer die leerder fisiese voorwerpe volgens een spesifieke eienskap wat om ‘n bepaalde rede gekies is sorteer;

Assesseringstandaard 5.4: Dit is duidelik wanneer die leerder prente teken en stel prentdiagramme (piktogramme) saam met ’n 1-1-ooreenstemming tussen eie data en voorstellings;

Assesseringstandaard 5.5: Dit is duidelik wanneer die leerder eie versameling voorwerpe beskryf, verduidelik hoe dit gesorteer is en beantwoord vrae daaroor.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 2. OpenStax CNX. Oct 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11127/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask