<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 5

Die vorming van 'n nuwe samelewing in sa

Module 5

Leefwyse van die vroeëre bewoners

  • Het jy al ooit by ‘n vreemde huis wat gesloop word, verbygeloop en gewonder wie daar gewoon en hoe hul geleef het? Selfs met behulp van die oorblyfsels kan ‘n mens mos nooit die volle verhaal ken nie.

AKTIWITEIT:

OM TYD IN DIE VERLEDE TE VERSTAAN

[LU 3.3]

  • Gelukkig het argeoloë heelwat bronne gevind deur versigtige opgrawings te maak in grotte en op ander plekke waar dié mense moontlik vroeër gewoon het. ‘n Kykie in Suid-Afrika se tydboek lyk so:
    Eerste bladsy – baie lank gelede.
  1. Is die volgende twee bladsye in die regte volgorde, met ander woorde eers antiek, dan modern? Hoekom?

21

  1. Di é kaart van ons land toon slegs enkele voorbeelde en bewyse van die vroegste inwoners. Verbind elke beskrywing met die regte skets op die kaart, bv. (i) 5.
  1. Hierdie potte dateer (bestaan sederts) uit omtrent 250 n.C. Dit is gevind in Mpumalanga en Kwazulu/Natal.
  2. Ysterimplemente soos hierdie dateer terug tot 700 n.C.
  3. In 1488 het die Portugese seevaarder , Dias, by Mosselbaai geland.
  4. Volstruiseierdoppe van sowat 15 000 jaar gelede is gevind. Die eierdoppe is meestal naby water begrawe.
  5. Uitgeholde klippe wat tot 10 000 jaar gelede gebruik is, is op verskeie plekke gevind.
  6. Van die wêreld se grootste versameling rotskunswerke soos dié eland is in die Drakensberge gevind.
  7. Klipwerktuie van tot 300 000 jaar oud word dwarsoor Suider-Afrika gevind.

Nou wil julle almal natuurlik weet hoe hierdie vroe ë re bewoners geleef het. Hier volg twee verhale daaroor. Net een van die twee is die waarheid. Kyk of jy die regte een kan kies nadat jy oor die vrae op die volgende bladsy gesels het.

SEPPIE SE VERHAAL

Ons noem hierdie periode die tydperk van die geraamtes . . .

In daardie tyd het bendes geraamtes oor die verlate vlaktes van Suider-Afrika gedwaal, kliphard sokkerliedjies gesing en oral slagspreuke van geraamtes op die rotse gespuitverf. Sommige het ook die tiere geterg en aan almal getorring. In die begin het hulle in grotte gewoon, maar later drieslaapkamerhuise met volvloermatte gebou – beter bekend as “bonegalous”. Hulle dieet het uit taai bene en minstens tien koppies sterk koffie per dag bestaan. Gelukkig het hulle uitgesterf omdat die osoonlaag so beskadig geraak het...

THARIEN SE VERHAAL

Ons land soos julle dit vandag ken, het baie lank gelede (sowat 1 tot 2 miljoen jaar gelede!) geen vasgestelde grense gehad nie. Dit was bloot deel van die vasteland van Afrika. Suid-Afrika was ook nog nie soos vandag ‘n blokkiesraaisel van lande, weiveld en woongebiede nie. Grond was toe nog te kies en te keur. Vroeëre bewoners het ons land oor ‘n tydperk van miljoene jare verander en ontwikkel. Latere besoekers uit Europa en Asië het verdere veranderinge veroorsaak. Intussen is Suid-Afrika steeds besig om te ontwikkel!

  1. Om die vorige vraag oor di é twee verhale reg te kan beantwoord, moet jy jouself eers in die vroe ë bewoners se “skoene” indink sodat jy hul kan verstaan!

Watter verhaal vertel die waarheid , met ander woorde, watter feite kan bewys word?

As ‘n mens iets kan bewys, is dit ‘n f . . . . . . . t, maar as dit nie bewys kan word nie, is dit slegs ‘n m . . . . . . . . . . .g.

Waarom is die mense op die skets van Tharien se verhaal jagters en versamelaars genoem?

Was dit vir hulle moeilik om kos in die hande te kry? Hoekom?

Hoe het hulle dié kos voorberei?

Het hulle dit met mekaar gedeel? Waarom?

Het hulle as ‘n gesin saamgewoon?

Beskryf hulle kleredrag.

Watter wapens en gereedskap het hulle gebruik?

Waarvan is dit gemaak?

Waar het hulle gewoonlik snags geslaap?

Kan jy dink waarom hulle naby ‘n rivier gebly het?

Het die mans en vrouens dieselfde tipe werk gedoen? Gee ‘n bewys!

Wat sal jy graag nog wil weet?

Wat sal ons nooit weet nie?

[LU 3.3]

Nou is jy gereed om die vroegste bewoners van ons land te ontmoet!

Die Khoina. Hulle was veeboere en het skape en beeste aangehou om hulle kosvoorraad aan te vul.

Swart mense. Hulle het ook gewasse begin aanplant en só begin met akkerbou.

Die San. Die eerste mense was jagters en versamelaars van veldkosse, soos eetbare wilde vrugte, bessies, wotels, ens.

Assessering

LEERUITKOMS 3: HISTORIESE INTERPRETASIE – DIE LEERDER IS IN STAAT OM ASPEKTE VAN GESKIEDENIS TE INTERPRETEER

3.1 Wees bewus van meer as een siening van die verlede.

Verstaan dat verskillende sienings oor dieselfde saak reg of verkeerd kan wees

3.2 Onderskei tussen feite en menings.

Kan inligting vanaf kaarte, diagramme en grafieke bekom.

  • Rekonstrueer verlede. Kan ‘n eenvoudige rekonstruksie van gebeurtenisse maak en verstaan hoe die mense daaroor voel.

Memorandum

Aktiwiteit

(a) 2 (antiek), 1 (modern)

(b)

(i) 6

(ii) 7

(iii) 4

(iv) 2

(v) 1

(vi) 5

  1. 3

(c) Tharien se verhaal is die waarheid.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: geskiedenis graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10987/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: geskiedenis graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask