<< Chapter < Page Chapter >> Page >

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Graad 4

DORP TOE

Module 27

DIE SKOENWINKEL

Aktiwiteit 1

Om ‘n gedig te lees en die rym te geniet [LU 3.2.1]

Skoene koop

('n Gedig met 'n mondelinge, skriftelike en tekenaktiwiteit)

(a) Lees die gedig in groepies van twee. Neem beurte om 'n versie te lees.

SKOENE KOOP

Klein Dolfie kry so swaar om te loop

dat sy mamma vir hom nuwe skoene gaan ……………….. .

In die winkel vertel sy wat daar skort :

"Sy voet is te lank en sy skoene te kort!"

Die tannie pak af en sy mamma pas aan-

dan moet hy sit en dan moet hy ………………..

Die skoene word 'n lang, lange ry, SKOENE WAT EK GRAAG

maar nommerpas kan hy glad nie kry : WIL HÊ

Die vales - nee, dit is nie goed ;

die bruines pas ook nie sy voet.

Die swartes - ja : "Bind styf die strik !"

"Met hulle is ek in my skik !"

Kyk tog net hoe blink die goed -

die splinternuwe voetegoed !

Kwi-aat ! Kwi-aat ! klink dit op straat -

dis nuwe goed wat só kan praat !

Die maats begeer : As ons tog Dolfie was

met skoene wat so netjies ………………. !

Die aand, verseg of hy wil lê -

hy wil opsluit sy skoene by hom …………………!

Met nuwe skoen in elke ……………………

reis hy toe weg na dromeland.

UIT: Handleiding vir OmgewingsleerAnna du Raan (Nasou)

(b) Bespreek die vrae in julle groepe en skryf die antwoorde neer.

(i) Hoekom moes Dolfie nuwe skoene kry?

.....................................................................................................

(ii) Watter skoene het hy toe geneem?

.....................................................................................................

(iii) Gee 'n woord wat sê dat die skoene die regte grootte is.

....................................................................................................

(iv) Hoekom sê die digter (skrywer) van die gedig dat die skoene "praat"?

....................................................................................................

(v) Wat het hy die aand met sy nuwe skoene gemaak?

....................................................................................................

(vi) Kyk mooi na die laaste woord in elke reël en sê dit hardop. Wat let julle op?

....................................................................................................

(a) As woorde aan die einde van ‘n reël dieselfde klink, sê ons dit rym ,

bv. ry en kry

skort en kort

goed en voet

Probeer om die volgende met jou eie rymwoorde aan te vul.

hand en ..............................................

mond en ..............................................

voet en ...............................................

kop en ...............................................

been en ...............................................

Vul nou die gedig aan met die rymwoorde wat die beste sal inpas.

(b) Teken die paar skoene wat jy die graagste wil hê in die spasie langs die gedig.

Aktiwiteit 2

Om kort paragrawe te skryf [LU 4.5.1]

Skoene koop

('n Skriftelike aktiwiteit)

Mamma koop vir Boetie skoene by die skoenwinkel. Die winkelassistent help hulle baie mooi om net die regte paar te kry. Kyk mooi na die prentjies en skryf die sinne wat in elke praatwolkie moet kom, op die lyne onder die prente neer.

1. .....................................................................................................................

2. ......................................................................................................................

3. ......................................................................................................................

4. .......................................................................................................................

5. ...........................................................................................................................

6. ...........................................................................................................................

Assessering

Leeruitkoms 3: lees en kyk

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

3.2 toon, op ‘n eenvoudige manier, begrip van sommige elemente van poësie:

  • woorde wat rym (soos: kring, ring).

Leeruitkoms 4: skryf

Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

4.5 ontwikkelende kennis gebruik van taalstruktuur en – gebruik:

4.5.1 paragrawe skryf met behulp van ‘n raam of struktuur as ondersteuning.

Memorandum

Aktiwiteit 1(b)

(i) Dolf moes nuwe skoene kry, omdat hy swaar kry om te

loop. Sy voete was lank en die skoene was te kort.

(ii) Hy het die swart skoene geneem.

(iii) nommerpas

(iv) Die digter sê dat die skoene “praat” omdat hulle geluide

maak (Kwi-aat! Kwi-aat!)

(v) Hy het daardie aand die skoene saam met hom bed toe

geneem.

(vi) Die laaste woorde in elke reël rym met mekaar.

Aktiwiteit 1(c)

  • hand en tand, sand, land
  • mond en rond, bont, hond
  • voet en hoed, goed
  • kop en pop, hop, sop
  • been en skeen, reën

Aktiwiteit 2

(1) Goeie middag, kan ek vir u help?

(2) Asseblief, ons wil graag ‘n paar skoene koop.

(3) Watter nommer skoene dra die seun?

(4) Ek dink ‘n nommer een behoort te pas.

(5) Hierdie skoene voel te klein.

(6) Kom ons probeer ‘n groter nommer.

(7) Dit sal honderd en vyftig rand wees.

(8) Baie dankie vir u vriendelike diens.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 4. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11082/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask