<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Hoofman Sekeletu is baie beïndruk met Livingstone se stories. Hy belowe dat hy en 200 van sy krygsmanne Livingstone op die eerste deel van sy reis sal vergesel om seker te maak dat hy veilig reis en nie aangeval word nie.

Na ‘n paar dae bereik hulle ‘n baie vreemde landmerk. Dit was die graf van ‘n hoofman wat tydens ‘n geveg dood is. Die hele graf word beskerm deur olifanttande wat reg rondom die graf geplant is. Op die grond lê daar ‘n klomp skedels van seekoeie en dan is daar stokke om die graf geplant waarop menslike skedels rus.

Terwyl hulle na dié monument kyk, hoor dr. Livingstone ‘n eienaardige dreungeluid. In die verte sien hy drie rookwolke wat van die grond af opstyg. Hy vra vir Sekeletu wat dit is.

“Die rook wat raas,” antwoord die hoofman. “Wil jy dit graag sien?”

Dr. Livingstone stem dadelik in. Hulle twee begin om te stap en hulle staptog in die rigting van die geraas duur ses ure lank! Die geraas verander in ‘n oorverdowende (deafening) gedreun. Livingstone gaan staan stil. Voor hom is die pragtigste gesig (sight) wat hy nog ooit gesien het! ‘n Reusagtige waterval val honderde meters na benede. Die krag van die vallende water laat die grond bewe. Bokant die waterval is daar ‘n wolk van sproei wat opstyg en bokant hierdie wolk is daar ‘n perfekte reënboog. Nog nooit het dr. Livingstone enige iets gesien wat so asemrowend mooi (breathtaking) is nie. “Natuurlik,” sê hy, “die rook wat raas. Nou verstaan ek. Ek sal hierdie wonder die Victoria-waterval noem, ter ere van ons groot koningin.”

LU 3.7.3

Mondeling

Verbeel jou jy is dr. Livingstone. Vertel nou vir jou maats in jou groep van jou avonture en hoe jy die Victoria-waterval ontdek het. Elke lid van die groep kry dus ‘n beurt om dr. Livingstone te wees.

LU 2.4.4

Sinonieme

In die verhaal lees ons dat die Victoria-waterval baie mooi was vir dr. Livingstone. Watter woorde in die verhaal beteken dieselfde as baie mooi? Skryf hulle neer.

Ons noem woorde wat min of meer dieselfde beteken, sinonieme .

Soek nou die volgende woorde se sinonieme in die verhaal en skryf hulle neer. Hierdie woorde kom almal in die laaste paragraaf voor:

loop: lawaai:
yslike na onder:
gegryp:

Kom ons soek nog sinonieme!

Begin by die sterretjie . Die woord bly is die sinoniem van gelukkig . Soek nou die sinoniem vir die volgende woord en trek ‘n streep na die kolletjie onder die woord wat jy kies. Die eerste twee is reeds gedoen.

gelukkig (happy)  dadelik (immediately)  gesin (family)  gou (fast)  geskenk (present)  hartseer (sad)  praat (talk)  verniet (free)  maat (friend)  lieflik (beautiful)  meteens (suddenly)  dalk (maybe)  partymaal (sometimes)  gereeld (often)  vasteland (continent)  dapper (brave)  bullebak (bully)

Maak ‘n lys van elke woord en die sinoniem. Leer hierdie woorde en hulle korrekte spelling!

SELFASSESSERING ONDER LEIDING VAN DIE OPVOEDER:

LU 6.3.1

Ek is oortuig daarvan dat die meeste van julle die naam “Titanic” ken! Straks het een van julle die video gesien van hierdie fliek wat in 1996 gemaak is. Ken julle die volle verhaal? Verdeel gou in julle groepe en gesels oor hierdie groot tragedie wat in 1912 plaasgevind het.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10996/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask