<< Chapter < Page Chapter >> Page >

speek , (w), ge- , Van speke voorsien, speke insit.

speek’been , …bene . Buitenste been van die arm.

speek’beenslagaar, .. are . Voorarmbeenslagaar.

speek’beentjies . 1. Lang, maer beentjies. 2. Persoon met lang, maer bene.

Hoekom is die vroulike karakter in die gedig se naam Spekie?

Rollees

Opdrag 3:

Om ‘n mondelinge voordrag te lewer

[lu 2.5]

Kom ons hou konsert. Almal gaan ‘n beurt kry.

Die klas verdeel in groepe van drie en elke groep kry geleentheid om die gedig voor te dra.

Leerder 1 is die verteller .

Leerder 2 is Joris .

Leerder 3 is Spekie .

‘n Prys vir die groep wat die dawerendste applous ontvang!

Dopper Joris en Sy Seiltjie

Verteller : Onder ‘n boompie by die watersloot

Sit Spekie met haar Joris en vry:

Hy praat van koperledekante

En ‘n skimmelhings wat sy sal ry.

Spekie : Hy sê dat sy oorlede paatjie

Hom duisend hamels en ‘n ram

‘n opregte Franse ram – gegee het,

En ‘n woonhuis by die middeldam.

‘n Wa en span met soetveld-osse

‘n Spikkelspan.

Joris : En hulle trek tog, reg!

En hul bulk, ja, nes die ware duiwel,

Nes die wind trek hulle van die staanplek weg!

En twee sterk koperhoepel-emmers

Het oorlede paatjie ook gegee,

En ‘n ring wat maatjie opgetel het

Toe paatjie siek was by die see.

Spekie : En ‘n borsspeld vol met rooi klippies,

Joris : En ‘n perdesweep met ‘n koperknop,

Spekie : En ‘n teepot met drie silwer voetjies,

En die deksel het ‘n duif daarop.

Joris : En ‘n klok en dertien riempiestoele,

‘n Bulsak en ‘n ledekant,

Spekie : Twee ingelegde geelhouttafels,

En ‘n prentjie met die plae van Egipteland.

Verteller : En ook nog ‘n spul met romlary,

‘n Kar op vere en ‘n fariseen,

En ‘n Bybel wat maatjie eens gekoop het

Van die smous Aaron Oepl Behn.

Joris : Maar, tog makeer ek nog een ding;

Dit maak my, Spekie, siek van smart:

My wa is sonder buiteseiltjie!

Wil jy my seiltjie wees, my hart?

Skeppende skryfwerk

Opdrag 4:

Om verbeeldingryke en kreatiewe skryfwerk te lewer

[lu 4.1.2]

Teen hierdie tyd is almal vertroud met die inhoud van die gedig.

Hier volg ‘n paar opdragte. Kies een en voer dit uit.

Jy is òf Joris òf Spekie.

  1. Skryf aan ‘n goeie of beste vriend/vriendin ‘n brief waarin jy vertel van die besondere dag langs die watersloot onder die boom.
  2. Skryf ‘n opstel waarin jy in jou eie woorde vertel van die gebeurtenis langs die watersloot. Verplaas die verhaal na die hede. ‘n Volksgedig

Dopper Joris is ‘n tipiese voorbeeld van ‘n volksgedig .

Wat is ‘n Volksgedig?

  • ‘n Volksgedig het ‘n eenvoudige bou.
  • Gewoonlik het elke strofe vier reëls.
  • Dit is tipies van ‘n volksgedig dat alleenlik die 2e en 4e versreël rym.
  • Al hierdie eienskappe maak dit juis maklik om dié soort gedig te memoriseer – en die volksgedig wil juis in die geheue van die volk leef.

Uit: Gids by D.J. Opperman se Senior Verseboek , T.T. Cloete, Tafelberg 1981

Opdrag 5:

Om met voornaamwoorde in ‘n teks te werk

[lu 6.2.1]

Wanneer ons die gedig lees, lyk dit of die digter oor die vryer of vir of namens die vryer praat, want hy praat in die derdepersoonsvorm, maar die toonaard of spreekstem is dié van die vryer self.

  1. Skryf ‘n klompie persoonlike voornaamwoorde neer wat die derdeper-soonsvorm aandui:
  2. Skryf ‘n paar persoonlike voornaamwoorde neer wat die eerstepersoonsvorm aandui:
  3. Maar hoe eindig die gedig?

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11016/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask