<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Renier se dagboek

Opvoeders afdeling

Memorandum

Inleiding

Die ICS modules in Graad 3 moedig leerders aan om wyd te lees, fiksie sowel as nie-fiksie. Daar word baie geleenthede geskep vir leerders om te skryf, woordeskat uit te bou en taal te gebruik. Hierdie vaardighede word onderskryf deur tegnieke en strategieë om bewus te raak van klanke. Woordherkenning en begripsvaardighede word geoefen en nuwe klanke word sistematies aangeleer.

Die leeruitkomstes vir Graad 3 word doeltreffend geïntegreer sodat leerders kan skryf oor dit wat hulle gehoor het, bespreek het en gelees het. Die onderwerpe wat vir die modules gekies is, sal vir die leerders in Graad 3 interessant wees aangesien dit in hulle ervaringsveld val. Ander leerareas soos Wiskunde en Lewensoriëntering word ook dikwels geïntegreer.

Alle aspekte van geletterdheid soos in die leeruitkomstes en assesseringstandaarde vir Graad 3 uiteengesit word is vervat in die 8 modules . Met die vaslegging, konsoldering en toepassing hiervan asook die kritieke en ontwikkelingsuitkomstes sal leerders in staat wees om in hulle huistaal te kan dink en redeneer.

Tydskedule

Daar word voorgestel dat plus-minus twee modules per kwartaal voltooi word. Alle leerders behoort al agt modules deur te werk sodat hulle die nodige onderrig in skrifgeletterdheid en klanke kan ontvang.

  • LUISTER, PRAAT, LEES EN SKRYF

Die module begin met ‘n gedeelte om te lees wat gaan oor “dagboeke” en vrae word daaroor gestel.

Renier verkeer in ‘n dilemma en weet nie hoe om sy probleem op te los nie. Die leerders help hom en kom met voorstelle nadat hulle die probleem bespreek het.

Hulle skryf dialoë, bespreek die betekenis van spreekwoorde en gesegdes en leer teenoorgesteldes aan. Leerders skryf hulle eie dagboeke vir twee dae en word aangemoedig om persoonlike gevoelens te ontleed.

  • SKRIF

Moeilike kombinasies in lopende skrif word geoefen.

  • KLANKE EN WOORDBOU

Woorde wat eindig op -er, -el, -en, en -em; ook -ig, -ige, -ik, -ike.

Verkleinwoordjies soos: blaar – blaartjie; kat – katjie; hond – hondjie word aangeleer.

Leerders afdeling

Inhoud

  • Spreekwoorde het ‘n spesiale betekenis.
  • Lees die spreekwoorde hieronder.
  • Bespreek hulle betekenisse.
  • Teken prente om te wys jy verstaan hulle.
LU 1.2 LU 3.5
LU 1.4 LU 5.4
  • Voltooi elke woord met ‘n “e” of ‘n “i”.

sonn_g

venst_r

heerl_ke

lel_ke

agt_r

dar_m

makl_k

veil_ge

kuik_n

gift_g

deks_l

haast_ge

  • Kies een en kleur in:-
LU 6.2
  • Lees

Renier se dagboek – dag 2

Liewe Dagboek

Vandag was weer nie ‘n lekker dag nie. Ek was baie ongelukkig, ontevrede en onvriendelik.

Ons het rugby geoefen en ek het beplan om met Anton te praat. Toe word ek bang. Sê nou hy wil nie meer my maat wees nie.

Ek weet nie wat om te maak nie. Moet ek vir my pa vertel wat gebeur het? Moet ek vir Juffrou vertel? Moet ek met Anton praat en vir hom sê om Sarel se speletjie terug te gee? Of moet ek vir Sarel sê dat Anton sy speletjie geneem het.

Ek kan nie helder dink nie. Mamma het sommer gesien iets is verkeerd, want ek wou nie pannekoek hê nie.

‘n Plan sal ek moet maak. Ek kan nie langer so wik en weeg nie. Dit is nou of nooit!!

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11109/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask