<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Troeteldiere

Opvoeders afdeling

Memorandum

INLEIDING

In Graad 2 sal die leerders voortbou op die woordeskat wat in Graad 1 bekend gestel is. Baie geleenthede moet geskep word om hul luister- en praatvaardighede te ontwikkel sodat lees en skrif daarop kan volg.

‘n Uitgebreide woordeskat is noodsaaklik. Terwyl reeds bekende woorde vasgelê word, word nuwe woordeskat in stories, rympies, gediggies en speletjies ingevoer.

Leerders word aangemoedig om vrae te beantwoord en deel te neem aan besprekings en gesprekke in die addisionele taal.

Leerders se aandag word gevestig op die verskil in die indiwiduele klanke van die nuwe taal. Leerders ontdek dat sommige klanke dieselfde bly en sommige verander. Die opvoeder sal toevallig aandag gee aan die korrekte uitspraak.

TYDSKEDULE VIR MODULES 1 - 5

Daar word voorgestel dat al die leerders al vyf modules voltooi.

‘n Gedig oor troeteldiere word aan die leerders voorgelees, vrae word gevra en aktiwiteite volg. Leerders speel ‘n speletjie met kaarte waarop die prente van die troeteldiere is en hulle word aangemoedig om spontaan daaroor te praat.

Rymwoorde, meervoude en paswerk word gedoen.

Die klanke b, d, k, s, h, t, m, e

en a, aa

o, oo word in hierdie module aangeleer.

Verskillende groentes word identifiseer en leerders werk saam om groentesop te kook.

INTEGRASIE VAN TEMAS

‘n Gesonde omgewing is nodig vir al hierdie lewende wesens. (Insekte, voëls, diere, ens.)

  • ‘n Gediggie om na te luister, om oor te gesels, te lees en te leer.
  • Gesels oor klanke wat eenders klink (rym).

1. Leerder kleur die prente in.

2. Knip die 8 prente uit.

3. Pas die regte prente by toepaslike strofe.

4. Speletjie:

  • Draai prente onderstebo.
  • Kies een.
  • Kyk wat die prent is en gesels oor die prent.
  • watter diere is in jou prent?
  • watter kleur is die skoenlapper, wurm, vis, bobbejaan, vuilgoeddrom, ens?
  • Lees eers die woorde en gesels oor die betekenis.
  • Lees dan die sinne saam met leerders en bespreek.

1. Meervoude. Bespreek.

1 kat 2 katte (2 of meer)

1 rot 2 rotte

1 skoenlapper 2 skoenlappers

1 vis 2 visse

1 akkedis 2 akkedisse

1 haas 2 hase

1 bobbejaan 2 bobbejane

1 wortel 2 wortels

1 wurm 2 wurms

2. So word alle meervoude uit gedig gehaal en bespreek.

  • Wys prente en gesels oor insekte, visse, diere en voëls in die gedig.
  • Bespreek geluide.
  • Leerders probeer geluide naboots.
  • Gesels oor groentes.
  • Leerders bring vars en blikkies groente vir uitstalling.
  • Kook groentesop.

Leerders afdeling

Inhoud

Klanke.

  • Soek woorde in die gedig wat begin met ‘n:
d b
k t
s m
h e
LU 3.4

A

  • Opvoeder stel a -klank voor.
  • Die man sien die k a t op die m a t.
  • Die hond bl a f en st a mp die drom.
Soek woorde met die a - klank.
  • Leerders kan enige boek of tydskrif hiervoor gebruik.

Aa

  • Opvoeder stel aa -klank voor.
  • Die h aa s is op die plaas.
  • My m aa t praat Engels.
Soek woorde met die aa - klank.
  • Soek woorde met die aa - klank.

O

  • Opvoeder stel o -klank voor.
  • Die skilpad trek sy k o p in sy d o p.
  • Die m o t is in die h o k.
Soek woorde met die o - klank.
  • Soek woorde met die o - klank.
LU 3.4.2

Oo

  • Opvoeder stel oo -klank voor.
  • Die hase eet k oo l.
  • Die kat spring oo r die muur.
Soek woorde met die oo - klank..
  • Soek woorde met die oo - klank..
  • Leerders kan enige boek of tydskrif hiervoor gebruik.

Rymwoorde

  • Soek in die gedig ‘n woord wat rym met:
straat
kom
vreet
mure
skilpad
rotte
akkedis
hou
  • Teken ‘n prent by jou rymwoord.
LU 1.6.2

Geluide van diere

  • Verbind die geluid met die dier – teken die diere.
LU 5.2.3

Groente

  • Vul antwoorde in en teken.

1. Watter groente smaak lekker?

..........................................................................................................................................

2. Watter groente smaak sleg?

..........................................................................................................................................

3. Watter groente se kleur is groen?

..........................................................................................................................................

4. Watter groente is rooi?

..........................................................................................................................................

5. Watter groente is geel?

..........................................................................................................................................

LU 2.1

Kom ons hou konsert!

  • Leerders maak kartonmaskers van al die diere in die gedig.
  • Improviseer kostuums.
  • Leerders word in 8 groepe verdeel vir die 8 strofes.
  • Elke groep leer sy strofe en mimiek die bewegings.

Raai raai

  • Dink nou julle eie raaisels uit.

Assessering

Leeruitkomste 1: LUISTER : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaard 1.6: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:

1.6.2 herken rymwoorde in algemene rympies en liedjies.

Leeruitkomste 2: PRAAT : Die leerder is in staat om binne ‘n wye reeks situasies met vertroue in gesproke taal te kommunikeer.

Assesseringstandaard 2.1: Dit is duidelik wanneer die leerder gepas reageer op eenvoudige vrae;

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om tekste te lees en te ondersoek vir inligting en genot, en krities te reageer op die estetiese, kulturele en emosionele waardes daarvan.

Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:

3.4.4 groepeer algemene woorde in woordfamilies, soos “kat”, “lat”, “mat”, “vat”, “wat”;

Leeruitkomste 5: DINK EN REDENEER : Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Assesseringstandaard 5.2: Dit is duidelik wanneer die leerder taal om te dink gebruik:

5.2.3 klassifiseer dinge deur soortgelyke dinge saam te sit en die een wat nie pas nie, te identifiseer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 2. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11111/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask