<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 8

Omgewing en interaksies

Module 38

Die rol van water in die natuur en as hulpbron

Aktiwiteit 1:

Om die waarde van water en die watersiklus te kan verduidelik

[lu 1.3; 2.3; 2.4]

Ons planeet vertoon blou vanuit die buitenste ruim as gevolg van die water teenwoordig.

Water is onontbeerlik vir lewe op ons planeet. Sonder water sal ekologiese oorlewing nie moontlik wees nie.

Ons planeet is net soos ’n ruimteskip toegerus met ’n sekere kwota water. Dit word nie vanuit die buitenste ruim aangevul nie en moet dus SIRKULEER . So is die WATERSIKLUS ’n uiters belangrike aspek van die natuur. Dit is ook besonder effektief indien die mens dit nie versteur nie.

Die watersiklus

Teken ’n voorstelling van die watersiklus soos wat jy dit verstaan. Gebruik verduidelikende byskrifte. Gebruik die voorstelling hiernaas bladsy as riglyn.

Die volgende tabel verduidelik die hoofstappe in die siklus:

TERM BESKRYWING
Wolkvorming Saampak van waterdruppels in die atmosfeer
Verdamping Water na waterdamp
Presipitasie/ Neerslag Water val na die aarde in die vorm van reën, sneeu, hael, kapok
Kondensasie Waterdamp na waterdruppels
Straling Verhitting deur die son
Transpirasie Plante se blaaroppervlaktes verloor waterdamp deur huidmondjies
Infiltrasie Water sak in die grond in
Afloop Water loop teen grondoppervlaktes na riviere, damme en mere

Assessering van WATERSIKLUSSKETS

Kon jy basiese komponente en definisies GRAFIES voorstel?

[2.3]

El niño, droogtes en vloede

  • Suid-Afrika is ’n waterarm land as jy sy reënvalsyfers met dié van ander lande vergelyk.
  • Slegs van die groter riviere is standhoudend.
  • Verder word ons klimaat en reënvalpatrone deur verskynsels soos El Niño beïnvloed. Dit is ’n wêreldwye weerverskynsel en voorsorgsmaatreëls moet getref word om dit die hoof te kan bied.

1. Vind meer uit oor El Niño en rapporteer terug aan klas. Som jou notas kortliks op.

2. Vind artikels oor droogtes en oorstromings in Suid-Afrika en bring dit klas toe.Ruil julle informasie en artikels met mekaar uit.Maak notas oor die onderwerp.

[LU 1.3]

[LU 2.3]

AKTIWITEIT 2:

Om die waarde van water en die gebruik daarvan in en om die huis te ondersoek

[LU 2.3; 3.2]

Waterverbruik by die huis

Vra jou ouers of voog vir hul munisipale rekeninge:

  • skryf julle huishouding (drie somermaande en drie wintermaande) se waterverbruik vir die ses maande neer.

Somermaande : 1. ......................... 2. ......................... 3. .........................

Wintermaande : 1. ......................... 2. ......................... 3. .........................

  • Dink jy julle waterverbruik is buitensporig?

Waterbesparing by die huis

Hoe kan jou gesin bydra tot waterbesparing? Wat kan JY doen?

  • Maak ’n lys van die beste voorstelle:

Assessering van KLASBESPREKING

Kon jy werkbare voorstelle tot WATERBESPARING maak?

[3.2]

Aktiwiteit 3:

Om die aanpassings van plante en diere t.o.v. watertekort te ondersoek

[lu 1.3; 2.3]

Plante:

  • In ’n vorige module is verwys na plante wat volgens waterbehoeftes in drie groepe geklassifiseer kan word.

Noem die drie groepe met ’n voorbeeld van elk.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11049/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask