<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Spieëltjie, spieëltjie aan die wand

Opvoeders afdeling

Memorandum

Die ICS modules bevorder die konsolidasie van leerders se vermoë om in hul nuwe taal te praat, lees en skryf. Geleentheid om fiksie- en nie-fiksietekste, van geskikte vlak, onafhanklik te lees, word voorsien. Woordeskat word uitgebrei. Die gebruik van ‘n persoonlike woordeboek word aangemoedig.

Spesiale aanmoediging word gegee sodat leerders hul nuwe taal skryf. Aanvanklik slegs enkele woorde of frases as byskrifte by prente of om sinne te voltooi. Leerders word in staat gestel om take onafhanklik uit te voer. ‘n Vrees om foute te begaan, word ontmoedig, die doel is om selfvertroue en vlotheid te bevorder.

Deur middel van uitdagende take word lees- en praatvaardighede ontwikkel.

Deur middel van aktiwiteite waar herhaaldelik taalstrukture, woorde en klanke beluister word en blootstelling daaraan in geskrewe tekste, word taalreëls, woordeskat en grammatika aangeleer. Die gebruik van ‘n persoonlike woordeboek bevorder die aanleer van onbekende woorde.

Genoegsame geleentheid in vaslegging van nuwe woordeskat word ook gebied deur middel van die lees van tekste oor ‘n wye reeks onderwerpe. Ander leerareas soos wiskunde en lewensoriëntering word dikwels geïntegreer.

Tydskedule vir die Modules

Die vyf modules behoort so aangepak te word dat 1½ in die langste twee kwartale voltooi word. Alle leerders moet drie modules volledig voltooi sodat hulle die nodige onderrig kan ontvang.

Die gediggie dien om lees en praat te bevorder. Sigwoorde word verder uitgebrei. Woordeskat oor liggaamsdele word deur middel van speletjies vasgelê.

Sigwoorde: Deur ‘n afskrif aan elke leerder te voorsien kan hulle sigwoorde tuis lees en oefen. Dit is baie belangrik dat woorde sonder moeite en met redelike spoed herken kan word. Deur middel van die fabel “Esopus”, vertel van ‘n hond, word nog geleentheid vir lees, gesels en redeneer gebied terwyl woordeskat verder uitgebrei word.

Klanke wat in Afrikaans anders klink as in Engels word bekendgestel: a, e, i, o, u.

Klanke wat dieselfde klink in albei tale word hersien.

Die strokiesverhaal bied geleentheid om gesels te bevorder en nuwe woordeskat asook toekomende tyd deur middel van vormsinne te oefen.

Geheuekaart: Vaslegging van woordeskat en genotvolle leer word aangemoedig.

  • INTEGRASIE VAN TEMAS
  • ‘N GESONDE OMGEWING

Spieëltjie, spieëltjie aan die wand:

- Leerders leer humor ken.

- Ontspanning, byvoorbeeld besoek aan ‘n pretpark, is noodsaaklik vir geestelik gesonde mense.

- Eerbied en respek vir mense wat anders lyk word aangemoedig.

- Kompetisie: Begrip van reëls sowel as wen en verloor word ontwikkel.

- Die waarde van spel word aangemoedig. Hardewerk moet met speel afgewissel word.

- Realistiese begeertes word aangemoedig. Hebsug en vraatsug word ontmoedig.

- Roetine en versorging van die liggaam. Moedig gesonde gewoontes aan.

- Geheuekaart: Interafhanklikheid en invloed van dinge op mekaar word aangespreek.

- Logiese denke word geoefen.

  • SOSIALE GEREGTIGHEID

Mense verskil ten opsigte van voorkoms.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11112/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask