<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Wiskunde

Bonnie en tommie kuier op die plaas

Opvoeders afdeling

Memorandum

Getalbegrip tot 600

Bewerkings:

  • Optel – twee- en driesyfergetalle met en sonder hergroepering van ‘n tien;
  • Aftrek – twee- en driesyfergetalle met en sonder hergroepering van ‘n tien;
  • Vermenigvuldig – tweesyfergetal met ‘n eensyfergetal, sonder hergroepering van tiene tot 99;
  • Deel – twee syfergetal deur ‘n eensyfergetal, sonder ‘n res of hergroepering van tiene tot 99.
  • Die 3× en ÷ tot die 10de veelvoud word aangeleer en daarmee is die tafels wat in Graad 3 aangeleer behoort te word, afgehandel. Herhaling en toetsing moet gereeld gedoen word.
  • Lesing van tyd (bl. 1 - 4) is baie belangrik en dit word aanbeveel dat dit met die hele klas gelyktydig gedoen word, aangesien dit baie tyd in beslag neem en baie deeglike beplanning vereis.
  • Die leerders moet elkeen ‘n horlosie hê om te hanteer en hulle kan vooraf so ‘n horlosie van karton maak, (sien die opvoedersbladsy 0 - 1, onder bl. 1 - 4, vir volledige besonderhede).

In Module 4 word getalbegrip uitgebrei tot 600. Optel- en aftrekbewerkings word met twee- en driesyfergetalle gedoen. Vermenigvuldig- en deelbewerkings word gedoen sonder hergroepering of ontbinding van tiene en slegs tot die getal 99.

Met die aanleer van 3 x en ÷ tot die 10de veelvoud, is die tafels wat in Graad 3 behoort aangeleer te word, afgehandel en is dit baie belangrik dat herhaling en toetsing gereeld sal plaasvind.

Dit word aanbeveel dat die lees van tyd klassikaal aangeleer word en dat elke leerder 'n kartonhorlosie sal hê sodat hulle dit kan hanteer soos die werk behandel word.

So 'n horlosie kan van 'n papierbord gemaak word of die leerders kan toegelaat

word om vir Tegnologie hul eie horlosies te ontwerp. Dit moet egter gereed wees voordat daar met die lees van tyd begin word. Baie praktiese oefening is nodig voordat die leerders hierdie werkvelle kan voltooi.

Getalbegrip word nou uitgebrei van 400 tot 600 en die getalblokke van honderde, tiene en ene, asook die spreikaarte (Aangeheg by Module 2), moet steeds gebruik word om getalbegrip te bevorder. Gee weer spesiale aandag aan die 100 wat hergroepeer moet word by die halvering van 300 en 500: 300 = 200 + 100 500 = 400 + 100

Tel in sesse word toevallig gedoen en kan ook op die veelvoudekaart (Module2) herhaal word. Leerders moet weet: 1 dosyn = 12.

Die leerders moet die geleentheid kry en aangemoedig word om te vertel wat hulle

van die grafiek kan aflei, wat kan verander en wat sal nie verander nie, voordat hulle daaroor moet skryf. So 'n bespreking sal vir u 'n goeie aanduiding gee van wat die leerders begryp en verstaan en waaraan nog meer aandag gegee moet word.

Die aanleer van 3 x en ÷ moet op die mat met konkrete apparaat gedoen word. Die werkvelle is slegs 'n toepassing van dít wat reeds aangeleer is.

Die leerders moet gereeld na die voltooiing van take die geleentheid kry om die liniaal, die meterstok en die klikwiel te gebruik vir praktiese meetwerk in die klas. Hoe meer oefening hulle kry, hoe meer akkuraat sal hulle meet. Moedig hulle gedurig aan om eers te skat .

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 3. OpenStax CNX. Oct 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11129/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask