<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 6   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Getalbegrip, optelling en aftrekking

Aftrekking

Opvoeders afdeling

Memorandum

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om probleme in konteks op te los [lu 1.6.1]

Om ‘n reeks tegnieke te gebruik om berekeninge te doen [lu 1.8.2]

As jy goed oplet, sal jy sien dat ons geweldig baie met “aftrekking” in die alledaagse lewe te doen het. Kyk goed na die volgende:

Hieronder is ’n lys van items wat julle moontlik ook in jul huis het.

1. Vind twee verskillende pryse daarvoor in jou plaaslike koerant. Skryf die duurste prys eerste neer. Bereken dan die verskil tussen die twee pryse. (Jy mag jou sakrekenaar gebruik.)

ITEM PRYS 1 PRYS 2 VERSKIL
1.1 Rekenaar ________________ ________________ ________________
1.2 Mikrogolfoond ________________ ________________ ________________
1.3 Yskas ________________ ________________ ________________
1.4 Kleur TV ________________ ________________ ________________
1.5 Yster ________________ ________________ ________________

2. Hoeveel sal jy spaar as jy “Prys 2” vir al die items betaal in plaas van “Prys 1”?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

3. Vra ’n maat om jou antwoorde te kontroleer.

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en hul verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel. Hulle kan ook met bekwaamheid en vertroue tel, skat, bereken en kontroleer tydens die oplos van probleme.

Assesseringstandaard 1.6: Dit is duidelik wanneer die leerder probleme oplos in konteks, insluitend kontekste wat gebruik kan word om ‘n bewustheid van ander leerareas, asook van menseregte-, sosiale, ekonomiese en omgewingskwessies, te bevorder soos:

1.6.1: finansiële kontekste (insluitend koop en verkoop, wins en verlies, eenvoudige begrotings, lees en vertolking van rekeninge, en afslag); Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en hul verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel. Hulle kan ook met bekwaamheid en vertroue tel, skat, bereken en kontroleer tydens die oplos van probleme.

Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder skat en bereken deur geskikte bewerkings vir die oplossing van probleme in verband met die volgende te kies en te gebruik:

1.8.2: optel en aftrek van heelgetalle.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 6. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11072/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask