<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 1   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Word slim met syfers

Opvoeders afdeling

Memorandum

Kritieke- en Ontwikkelings Uitkomste

Die leerders moet uiteindelik kan:

1. probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke;

2. doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk;

3. hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur;

4. inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer;

5. doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;

6. wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon;

7. begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie;

8. na te dink oor en ondersoek te doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer;

9. as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel te neem;

10. in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensitief te wees;

11. opvoedings- en lberoepsmoontlikhede ondersoek; en

12. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel.

Module 1

Kritieke- en ontwikkelings uitkomste Bladsyverwysings
KU 1 4, 5, 8, 15
KU 3 2, 3, 6, 7, 9, 10, 14, 18, 19
KU 4 4, 21
KU 7 11, 12, 13, 16, 17, 20
KU 8 4
  • INTEGRASIE VAN TEMAS: Somer
  • MENSEREGTE: Leerders moet leer om netjies te wees
  • INKLUSIWITEIT: Afparing vir gelykegetalle – geen uitsondering word gemaak nie.

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: herken verskille [lu 1.4, lu 1.1]

Kom ons gesels oor…

  • Hoekom sê ons hierdie is almal eenders ? Wat is hulle?
  • Hoekom is hierdie almal eenders ?
  • Is hierdie almal eenders ? Hoekom nie?
  • Teken ‘n sirkel om die een ding wat anders is.
LU 5.3
  • Ek ken my kleure:

rooi

blou

geel

groen

  • Teken iets:

groot

klein

lank

kort

LU 4.6
LU 5.2

Op die vorige bladsy is daar ‘n prent van my “deurmekaar” kas. Mamma het gesê: “Pak jou kas reg”.

  • Ek sal my goed volgens kleure regpak. Gesels oor “eenders" en “anders." Gee redes.
  • Rooi goed - teken hulle.
  • Blou goed - teken hulle.
  • Groen goed - teken hulle.
  • Geel goed - teken hulle.
LU 5.2
  • Teken iets. . .

Groot

Groter

Grootste

Klein

Kleiner

Kleinste

Lank

Langer

Langste

Kort

Korter

Korste

LU 4.5
  • Kom ons gesels oor…

hoe groot hulle is

  • Kleur in wat ewe groot is.

LU 4.5

Assessering

Leeruitkomste 4: Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in ‘n verskeidenheid kontekste te gebruik.

Assesseringstandaard 4.5: Dit is duidelik wanneer die leerder driedimensionele voorwerpe volgens nie-standaardmate skat, meet, vergelyk en orden:

Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder (addisioneel) sulke verskille beskryf en verstaan:

4.6.1 grootte;

4.6.2 lengte.

Leeruitkomste 5: Die leerder is in staat om data te versamel, op te som, voor te stel en krities te ontleed om gevolgtrekkings en voorspellings te maak en om toevallige variasie te interpreteer en te bepaal.

Assesseringstandaard 5.2: Dit is duidelik wanneer die leerder sorteer fisiese voorwerpe volgens een spesifieke eienskap wat om ‘n bepaalde rede gekies is (bv. “Sorteer vetkryte volgens kleur”);

Assesseringstandaard 5.3: gee redes waarom versamelings op spesifieke maniere gegroepeer is.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 1. OpenStax CNX. Oct 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11125/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 1' conversation and receive update notifications?

Ask