<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Wiskunde

Wiskunde in die wêreld rondom ons

Opvoeders afdeling

Memorandum

Kritieke- en ontwikkelings uitkomste

Die leerders moet uiteindelik kan:

1. probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke;

2. doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk;

3. hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur;

4. inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer;

5. doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;

6. wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon;

7. begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie;

8. na te dink oor en ondersoek te doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer;

9. as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel te neem;

10. in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensitief te wees;

11. opvoedings- en lberoepsmoontlikhede ondersoek; en

12. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel.

MODULE 1

Kritieke- en ontwikkelings uitkomste Bladsyverwysings
KU 1 E-4, 10, 11, 14, 18, 19, 20, 21, 24
KU 2 E-1, E-5, 15, 25
KU 3 3, 4, E-2, 16, 17
KU 4 5
KU 5 1, 7, 8, 9, 12, 13, 22
KU 6 28
KU 7 5, 6, 27, 28, 29
KU 8 26, E-9
  • Integrasie van Temas: Vriende
  • Inklusiwiteit: Alhoewel elkeen van ons uniek is, is daar baie ooreenkomste; karaktereienskappe, sport, opvoeding ens.
  • Sosiale Geregtighede: Bespreek vriende se gedrag teenoor mekaar.
  • n Gesonde Omgewing: Wat is ons plig as aardbewoners om ons omgewing skoon te hou?

Opvoeder se bladsy

  • Elke leerder het bladsy 2 wat hy/sy kan inkleur en in ‘n plastiese omslag kan sit totdat bladsy 5 voltooi is.
  • ‘n Bespreking van die vriende sal volg.
    • Wie is hulle? Name? Hoeveel?
  • Wie is eerste? Tweede? Derde? ens.
  • Wie kom Mo ens? voor Pat ens.? tussen Sisulu en Ann?
  • Is hulle almal eenders? Hoekom nie?
  • Verskil hulle? Hoe weet jy? Gee redes. Hier is ‘n paar leidrade om jou te help:

Kyk na hulle hare – lank / kort;klere;hulle lengte – lank / kort.

  • Party dinge is dieselfde.
  • Leidrade:

Kyk na die oë / elkeen het twee oë.

  • Tel die oë in 2’e.
  • Ore? Tel die ore in 2’e.
  • Hande? Tel in 2’e.
  • Voete? Tel in 2’e.
  • Skoene? Tel in 2’e.
  • Bene? Tel in 2’e.
  • Arms? Tel in 2’e.
  • Neuse? Tel in __?
  • Monde? Tel in __?
  • Vingers aan een hand / tel in 5’e.
  • Vingers aan twee hande / tel in 10’e.
  • Tone aan een voet / tel in 5’e.
  • Tone aan twee voete / tel in 10’e
LU 1.2

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: maats [lu 1.4, lu 1.1]

  • Sê vir jou maats wie jy is.

My naam is ___________________________________________________________

Ek is ________________________________________________________ jaar oud.

Dit is my eerste dag in Graad _____________________________________________

  • Teken ‘n prentjie in elke blokkie.

Gister

Vandag

Môre

LU 4.4

My maats

Dit is my maats

  • Ek het __________________________________________________ maats.
  • Daar is ____________________ seuns en meisies.
  • Daar is _________________________________________ seuns as meisies.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 2. OpenStax CNX. Oct 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11127/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask