<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Materie, meting en reaksies

Materie en meting

Opvoeder afdeling

Memorandum

Opdrag 4:

1. Nee

2. Nee

  • Dit sal styg, want die klein visse beslaan die ruimte van die water en dan moet die water ‘n ander ruimte inneem.
  • Eksperiment: aanvaar enige beplanning wat sin maak, byvoorbeeld ‘n fietspomp waarvan die stang nie heeltemal ingedruk kan word nie as die uitlaatopening toegedruk word.

Massa teenoor gewig: massa gee ‘n aanduiding van die hoeveelheid materie, terwyl gewig aandui hoe sterk die aarde die voorwerp aantrek. Massa bly dus onveranderd terwyl gewig deur die plek op die aarde beïnvloed word – bv. ver op in die atmosfeer is dit minder.

Leerder afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om te kan verduidelik dat alle materie ruimte beslaan en volume en massa besit [lu 1.1, lu 2.3]

Opdrag 4

Materie beslaan ruimte

Bestudeer die volgende sketse en beantwoord dan die vrae wat volg:

1. Kan twee voorwerpe op dieselfde tyd dieselfde ruimte beslaan? (Ja / Nee)

_____________________________________________________________________

2. Kyk na die skets van die vis in die akwarium:

_____________________________________________________________________

  • Beslaan die vis en die water dieselfde ruimte?

_____________________________________________________________________

  • Wat sou met die watervlak gebeur as die vis kleintjies kry?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Wanneer ons die bostaande sketse bestudeer, is dit duidelik dat geen voorwerpe op dieselfde tyd dieselfde ruimte kan beslaan nie. Die rede is heel eenvoudig: elke voorwerp het sy eie ruimte nodig. 'n Ander afleiding wat ons kan maak, is dat wanneer materie deur 'n ander stof verplaas word, die verplaaste stof ander beskikbare ruimte inneem.

Materie besit volume en massa

As jy 'n blikkie koeldrank opdrink, is die blikkie nie leeg nie. Waar die inhoud van die blikkie eers koeldrank was, is dit nou lug! Dieselfde spasie word dus nou deur 'n ander vorm van materie in beslag geneem! Somtyds praat ons van die inhoud van die blikkie wat verwys na die materie wat in die blikkie is. Die ruimte wat in die blikkie deur die materie (in hierdie geval lug óf koeldrank) beslaan word, word die volume genoem. In 'n sekere sin is volume en inhoud dus sinonieme.

Beplan ‘n eksperiment om te bewys dat lug ruimte beslaan.

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 7. OpenStax CNX. Sep 16, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11078/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask