<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  • oorlog
  • gebrek
  • kos
  • Verkleinwoorde (Dinge wat klein is)

Ons verklein ook dikwels as ons nie aan ‘n bepaalde voorwerp as iets kleins dink nie.

  • Gewoonlik doen ons dit wanneer ons jaloers is, bv. “Ek sien Koos het ‘n nuwe ou karretjie gekoop.” (Pa sê dit van die buurman se nuwe 4 x 4 voertuig.)
  • Ma praat liefderik van haar lummel van ‘n seun op universiteit as haar skapie .
  • Pa praat veragtend van die ou klerkie (wat dalk ‘n groot kêrel is), vir wie hy hom bloedig vererg het omdat hy sy werk nie na behore kan doen nie.

Opdrag 8:

Om die verkleining van selfstandige naamwoorde neer te skryf

[lu 6.2.1]

Ma het die motor gestamp. Daar is ‘n groot duik in die modderskerm. Verklein die vetgedrukte woord en maak ‘n sin daarmee as sy vir Pa daarvan vertel.

Ma en Pa kuier by vriende. Teen die einde van die aand wil Ma huistoe gaan want sy is vaak, maar Pa steek eers nog ‘n sigaret aan en skink nog ‘n glas wyn . Verklein die twee vetgedrukte woorde en skryf Pa se verduideliking aan Ma neer.

Pa is in die sop by Ma omdat hy laat by die huis aangekom het. Hoe spreek hy haar aan as hy verskoning maak? Gebruik die verkleinvorm van duif , en skryf sy verskoning neer.

  1. Verkleinwoorde wat eindig op:

-ie: huisie, dorpie, duifie, harkie, ploegie, briefie.

-tjie: paaltjie, soentjie, stoeltjie, oumatjie, tuintjie, bytjie.

-jie: hoedjie, pootjie, liedjie, handjie, bordjie, matjie.

Woorde wat op –d of –t eindig, kry ‘n –jie wanneer hulle verklein word.

-pie: besempie, armpie, stroompie, lappie, raampie, alarmpie.

Woorde wat op –m eindig, kry ‘n –pie wanneer hulle verklein word.

-kie: woninkie (woning), heininkie (heining), piesankie (piesang), beweginkie (beweging), kettinkie (ketting), leninkie (lening).

Woorde wat uit meer as een lettergreep bestaan en op –ng eindig, kry ‘n –kie . Let op dat die g wegval.

-etjie: balletjie, blommetjie, dammetjie, lemmetjie, pennetjie, slangetjie.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
LUISTER Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ekspressiewe, verbeelding verhalende tekste na luister en waardeer:
1.2 aktief en noukeurig luister vir spesifieke inligting en hoofgedagtes, en op gepaste wyse reageer, bv:
1.2.1 notas en opsommings maak, en inligting akkuraat weergee;
1.2.2 opinies oordink, taktvolle vrae vra, en uitdaag waar nodig;
1.4 die gebruik van nie-verbale strategieë (bv. gesigsuitdrukkings, gebare en volume) identifiseer en vertolk;
1.5 spesifieke woorde, sinsnedes en sinne wat die luisteraar beïnvloed, identifiseer (bv. gevoelvolle taal, onderskeid maak tussen feit en opinie, vooroordeel herken);
1.7 waardes en historiese, sosiale en kulturele kontekste van uitgesoekte tekste identifiseer.
LU 3
LEES EN BESIGTIG Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 spontaan lees, dikwels vir plesier en inligting oor ‘n wye reeks tekstipes wat bestudeer is:
3.3 die doel, gehoor en konteks van ‘n teks identifiseer:
3.4 begrip toon van die teks, die doel daarvan en die verwantskap met sy eie lewe, deur die tema, karakters en waar die verhaal afspeel, te bespreek.
LU 4
SKRYF Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 ‘n uitgesoekte reeks verbeeldingryke tekste skryf:
4.1.1 verbeelding, idees en gevoelens van die self en ander uit te druk;
4.3 basiese vaardighede in spesifieke skryftegnieke wat gepas is vir ‘n tekssoort toon:
4.4.2 kreatiewe en speelse gebruik van taal d.m.v. vertellende en beskrywende opstelle te verken;
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK Die leerder ken en is in staat om die klanke,woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
6.2 werk met sinne:
6.2.1 die volgende in konteks identifiseer en gebruik; selfstandige naamwoorde, meervoude, verkleinwoorde, geslag;
6.2.2 verskillende sinsoorte gebruik;
6.2.7 die aktief (bedrywende vorm) en passief (lydende vorm) gebruik en verstaan wanneer elkeen gepas is.

Memorandum

Opdrag 1

Antwoorde :

  1. Die stad Avignon.

(i) Die pous.

(ii) Die pous se muil.

  1. Tistet Vedene.

(i) Pous Boniface.

(ii) Die pous se muil.

(iii) Die karnallie Tistet Vedene.

(i) Nee : Avignon was ‘n wonderlike stad. Die mense was vrolik en opgewek.

  • Nee : Die mense het elke dag fees gevier.
  • Nee : Die strate was bestrooi met blomme en behang met vlae.
  • Nee :
  • Nee : Die mense het elke dag fees gevier en optogte deur die strate gehou.
  • Nee : In die huise langs die pous se paleis was almal bedrywig.
  • Nee : Almal was bedrywig.
  • Nee : Almal het gesing terwyl hulle werk.
  • Nee : Die mense het graag buite gedans.
  • Nee : Die mense het graag buite gedans, maar die strate was baie nou. Dan het die fluit- en tromspelers op die brug van Avignon gaan speel.

Opdrag 2

Lees paragraaf 3 voor aan die leerders, selfs ‘n paar keer indien nodig. Laat die leerders mondeling die verskillende karaktereienskappe beurtelings opnoem. Dan skryf hulle dit neer in hul werkvelle en teken dan ‘n prent van die muil. Verkieslik moet hulle nie die geskrewe teks raadpleeg nie.

Opdrag 3

Verduidelik aan die leerders hoe belangrik die regte woord binne ‘n teks is. Dit maak die verhaal interessant, kleurvol, en dit skep atmosfeer. Toets die leerders (vraag 1 – 5) n.a.v. die beskrywing van Tistet Vedene in paragraaf 10. Dit stel hulle in staat om ‘n duidelike beeld van die karakter te vorm.

Vanaf vraag 6 tot 10 word vrae gestel wat aandui hoe die skrywer met woorde gevoel en atmosfeer skep.

Antwoorde:

(a)

(i) niksnuts

  1. hy te lui was om te werk
  2. in die moeilikheid laat beland
  3. slegte eienskappe
  4. ondeund
  5. ‘n Fles wyn met die kleur van robyne is dan oopgemaak.
  6. Die muil het op die maat van die musiek begin trippel.
  7. Almal in Avignon het haar met respek behandel en vertroetel. Hulle was hoflik teenoor haar.
  8. Sy was so sag soos ‘n engel.
  9. Hy wou die muil tot sy voordeel gebruik.

Opdrag 4

(i) Boniface

    1. Hy het altyd grappies met die mense gemaak. Hy was vrolik en opgewek, want hy het sy hoed in die lug geswaai op maat van die musiek. Daarom het die mense gesê hy is ‘n gawe prins en ‘n wonderlike pous.
  1. Die kardinale is baie belangrike ampdraers in die Rooms-Katolieke kerk. Uit hulle geledere word ‘n pous, wat die hoof van die Rooms-Katolieke kerk is, gekies. Die kardinale in Avignon het gevoel dat Pous Boniface hom nie met die nodige waardigheid gedra nie. Sy optrede, het hulle gevoel, doen afbreek aan die status van ‘n pous

Opdrag 5

Die verhaal van Rooikappie dien as basis vir hierdie opdrag. Die leerders se verbeeldingskrag kan vrye teuels gegee word.

Opdrag 6

1. aand ete bak wyn suiker kruie

2. Avignon respek

3. leerjongens

Opdrag 7

(a) dag - dae

fees - feeste

optog - optogte

stad - stede

(b) oorlog - oorloë

gebrek - gebreke

kos - kosse - kossoorte

Opdrag 8

duik - duikie

“Ek het die motor gestamp, maar daar is maar net ‘n klein ou duikie in die modderskerm.”

sigaret - sigaretjie

wyn - wyntjie

“Ek wil nog net een sigaretjie rook en ‘n wyntjie drink voordat ons loop.”

duif - duifie

“Ek is jammer ek is laat, my ou duifie, maar ek het in die verkeer vasgesit.”

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11016/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask