<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 6

Van boom tot blik

Module 6

Primêre , sekondêre en tertiêre nywerhede

Daar is hoofsaaklik drie soorte industrieë/nywerhede/bedrywe, nl. primêre, sekondêre en tersiêre industrieë.

  1. Wat is primêre industrieë?

Dit is nywerhede wat betrokke is by die ontginning van grondstowwe uit die natuur.

  1. Wat is sekondêre industrieë?

Dit is fabrieke wat produkte vervaardig, d.w.s. 'n nywerheid wat betrokke is by die omskepping van grondstowwe in goedere.

  1. Wat is tersiêre industrieë?

Dit is die besighede wat die dienste lewer om die produkte aan die verbruiker te verskaf of die vervaardigde produkte na die verbruiker te vervoer (bemarking en verspreiding).

Sorteer die volgende industrieë onder die toepaslike hofie: banke, 'n inmaakfabriek, 'n koringplaas, 'n supermark, 'n haarsalon, 'n lekkergoedfabriek, visvangs, 'n eiendomsagent, 'n vrugteplaas, 'n beesplaas, denneplantasies, 'n groothandelaar, polisie, munisipaliteite, hospitale, skole.

Primêr Sekondêr Tersiêr
LU 3.1

Omdat daar drie tipes industrieë is, kan ons ook sê dat 'n produk deur drie stadiums van produksie gaan. Alle produkte gaan deur die drie stadiums van produksie, naamlik

Dit word die PRODUKSIEKETTING genoem. By elke skakel in die ketting styg die prys. Wanneer jou ma dus 'n blik ingemaakte perskes koop, betaal sy vir die werk van die boer, die vervaardiger, die afleweraar, die groothandelaar en die winkelier.

Opdrag 1

Kyk na die onderstaande vloeikaart wat beskryf hoe tertappels gemaak word. Identifiseer die primêre, sekondêre en tersiêre stadiums van produksie.

Appels word in 'n appelboord op 'n plaas gepluk.
Die appels word in die inmaakfabriekverwerk tot tertappels.
Die blikke tertappels word na diegroothandelaar vervoer.
Die kleinhandelaar koop ditby die groothandelaar.
Hy vervoer dit na sy winkel.
Hy verkoop dit aan die klante (verbruikers).
LU 3.1

Opdrag 2: groeptaak

Gebruik prente uit ou tydskrifte en koerante en maak 'n plakkaat om die verskille tussen die primêre, sekondêre en tersiêre stadiums van produksie aan te dui. Plak dus prente van produkte wat in die verskillende stadiums verkry word.

LU 3.1

Opdrag 3

Vra jou opvoeder om te reël dat jul klas 'n plaaslike nywerheid besoek. Teken na afloop van die besoek 'n vloeidiagram met byskrifte van die PRODUKSIELYN waardeur die betrokke grondstowwe moes gaan om uiteindelik die finale produk te lewer.

LU 3.1
  1. Die koste van produksie

Produsente het materiale, arbeid en kapitaal nodig om goedere te maak. Produksie kos dus geld, want daar moet vir elkeen van hierdie insette betaal word. Daar is hoofsaaklik twee kostes van produksie betrokke, nl. direkte en indirekte koste.

Wat is direkte koste? Dit is die materiale en arbeid wat nodig is om dinge te maak. Die direkte koste verander volgens die getal items wat produseer word.

Wat is indirekte koste? Dit is uitgawes soos advertensies en telefoonrekeninge wat nie direk aan die produksieproses gekoppel word nie. Sommige indirekte kostes is vaste bedrae wat maandeliks betaal moet word, bv. huur, rente, salarisse. Ander verskil van maand tot maand en hang af van die hoeveelheid elektrisiteit of water wat gebruik word en die hoeveelheid oproepe wat gemaak is.

Wanneer jy 'n produk wat jy gemaak het, wil verkoop, moet jy dit vir meer geld verkoop as wat dit jou gekos het om dit te maak. Voordat jy dus 'n produk maak, moet jy eers bereken wat dit sal kos. Dit is die PRODUKSIEKOSTE. Jy moet ook die produksiekoste uitwerk vir 'n diens wat jy wil lewer.

Aan die opvoeder: Laat die leerders die volgende opdrag in groepe doen.

Laat die groep 'n ander item kies.

  1. Probleemstelling

Jy is 'n ywerige rugbyspeler wat elke Maandag en Woensdag saam met die res van die skool se seuns vir 'n uur lank oefen. Omdat dit 'n strawwe rugbyprogram is waaraan die afrigters julle blootstel en julle pootuit na elke oefening is, staan julle gewoonlik tou om net 'n slukkie water te kry by die twee krane by die rugbyveld. Jy het dadelik die moontlikheid raakgesien om met die afrigters se toestemming gevriesde lollies na die tyd aan die seuns te verkoop. Jy het hul mening getoets en die meeste van die spelers (±30) het gesê dat hulle jou ten minste een keer 'n week sal ondersteun. Nou moet jy aan die werk spring. Gelukkig het van jou maats aangebied om jou te help.

Opdrag 4

Besoek ten minste vyf verskillende groothandelaars/kleinhandelaars/supermarkte/ winkels wat lollies verkoop en voltooi dan die volgende tabel

Naam van Besigheid Getal eenhede in 'n pak Prys Koste per eenheid(Eenheidskoste)

(L.W. Elke lid van die groep kry 'n winkel om te besoek.)

Opdrag 5

By watter winkel gaan julle jul aankope doen en hoekom?

Opdrag 6

As julle 50% wins wil maak op elke item wat julle wil verkoop, hoeveel moet julle vir een item vra?

Hoeveel wins maak julle per item?

Opdrag 7

As jy besluit om weekliks 40 van die items aan te koop, hoeveel moet jy daarvoor betaal?

Hoeveel eenhede moet jy dus aankoop?

Opdrag 8

  1. Wat is jou totale wins as jy weekliks 40 verkoop?
  1. Hoe gaan jy die wins onder jou en jou maats verdeel?
  1. Hoe gaan julle die items stoor as julle nie elke week alles verkoop nie?
  1. Watter geld gaan julle gebruik om die eerste keer vir die aankope te betaal?
  1. Watter geld gaan julle gebruik om elke week nuwe voorraad aan te koop?
LU 4.4
  1. Uitdaging

Waarom probeer julle groep bogenoemde nie prakties uitvoer nie? Laat jou drome

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 3
BESTUURS-, VERBRUIKERS- EN FINANSIËLE KENNIS EN VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om kennis en die vermoë te toon om verskeie bestuurs- verbruikers- en finansiële vaardighede toe te pas.
Assesseringstandaarde(ASe)
Ons weet dit as die leerder die volgende doen :
3.1 verstaan en neem deel aan die produksieproses, van grondstowwe tot eindprodukte, insluitend afvalprodukte.
LU 4
ENTREPRENEURSKENNIS EN -VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om entrepreneurskennis, -vaardighede en -houdings te ontwikkel.
Ons weet dit as die leerder die volgende doen :
4.4 ontwikkel en implementeer ‘n eenvoudige sakeplan vir ‘n handels- of diensonderneming wat van die huis of die skool bedryf kan word.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 6. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11012/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask