<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Onthou die reëls van groepwerk is die volgende:

  1. Neem beurte om te praat. Almal kan nie gelyk praat nie.
  2. Bly by die onderwerp.
  3. Vra vrae wat betrekking het op die onderwerp van bespreking.
  4. Luister na ander se idees en reageer met hoflikheid en respek daarop.
  5. Verskaf gebalanseerde en opbouende terugvoer aan die res van die klas.

Opdrag 4:

Om vrae te beantwoord na aanleiding van die teks wat gelees is

[lu 3.1]

Trek ‘n kruisie in die gepaste blokkie na elke stelling:

JA NEE
Tistet Vedene was ‘n boelie.
Die pous het hom laat bluf deur Tistet.
Tistet se gekonkel het vrugte afgewerp.
Tistet was net astrant teenoor die muil.
Hy was traag om die muil kos te gee.
Die pous alleen het elke aand vir die muil haar kruiewyn geneem.
Die muil het gehou van die poetse wat Tistet op haar gebak het.
Die muil het byna gesterf van vrees toe Tistet haar by die kloktoring opgeneem het.
Die pous was ontstel deur die gebeure.
Tistet was ‘n baie eerlike seun.

Woordsoorte

Voornaamwoorde word gebruik wanneer ons nie die name van persone of dinge wil noem nie. Ons kan sê: “Gee vir Sarel Sarel se toebroodjies.” Dit is egter makliker om te sê: “Gee vir Sarel sy toebroodjies,” of “Gee vir hom sy toebroodjies.”

Sulke woorde wat mense en dinge aandui, word voornaamwoorde genoem.

Nog voorbeelde:

  • Ek sien hom aankom.
  • Dit is my CD wat hy geleen het.
  • Hierdie boek is nie myne nie, maar syne .
  • Persoonlike voornaamwoorde

Hulle is veral die volgende:

Ek , jy en u moet almal teenwoordig wees.

Wie is dit daardie?

Hy en sy is nooi en kêrel.

Ons gaan eers by julle kuier en dan by hulle .

Verskoon my .

Onse Vader, laat U wil geskied.

Opdrag 5:

Om sinne te maak waarin voornaamwoorde voorkom

[lu 6.2.2]

Maak soveel sinne as wat jy kan:

KarelHyDie slagterDaardie man iswas ‘n kollega‘n kennis‘n buurman‘n familielid‘n kêrel‘n swaer‘n werkgewer‘n vyand van myhaarjou neefElsiejullehullejouhom
  • Betreklike voornaamwoorde

Die belangrikste betreklike voornaamwoorde is:

wat, wie, wie se, waaronder, waarop

Hulle word gebruik ná die selfstandige naamwoord. Hulle het betrekking op die mense, diere of dinge wat direk voor hulle staan.

Die man wat daar sit, is my oom.

Die man wie se motor gesteel is, is my oom.

Die sambreel waaronder ons sit, verskaf koelte.

Die stoel waarop jy sit, is ‘n antiek.

Die mense aan wie ek die grap vertel het, het gelag.

Opdrag 6:

Om betreklike voornaamwoorde in sinne te gebruik

[lu 6.2.2]

Onderstreep die regte woord tussen hakies:

  • Die man (wie/wat) daar woon.
  • Die kat (wie/wat) kleintjies gekry het.
  • Die bal (wie/wat) oor die muur gehop het.

Vul die regte betreklike voornaamvoorde in:

  • Die seun _____________daar staan, sing ook in die koor.
  • Die man __________ motor omgeval het, is in die hospitaal.
  • Is dit die mes __________ jy jou gesny het?
  • Die fiets __________ ek gekoop het, is rooi.
  • Dit is Peet __________ se broer oorsee is.
  • Die glas _________ jy drink, is gebars.
  • Die vrou met ____________ ek gepraat, werk saam met my ma.
  • Die rolskaatse ________ ek R100,00 betaal het, is gesteel.
  • Waar is die hond ___________ aanhoudend blaf?
  • Die huis ___________ ons woon, is oud.
  • Besitlike voornaamwoorde

Ma wil my hemp, jou broek en sy trui was.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11016/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask