<< Chapter < Page Chapter >> Page >

jak’kals·bes·sie. 1. Hoë boom van tropiese Afrika, met rooigetinte blare. 2. Sambreelvormige boom, ongeveer 4m hoog, wat in die suid-westelike deel van Kaapland voorkom, veral tussen duine; witmelkhout; Calvaria inerme.

jak’kals·dig, b.nw. So dig dat ‘n jakkals nie kan inkom nie : ‘n Jakkalsdigte kamp.

jak’kals·dou(tjie). Fyn motreëntjie, Skotse doutjie.

jak’kals·draad. Jakkalsdigte draadheining van growwe ogiesdraad, hoog genoeg sodat ‘n jakkals nie daaroor kan spring nie.

jak’kals·draai. 1. Kort draai deur ‘n agtervolgde jakkals gemaak. 2. (fig.) Slim streek, geslepe plan: Jakkalsdraaie maak, gooi, loop, slim uitvlugte uitdink.

jak’kals·draf·fie. 1. Gemaklike draffie soos die van ‘n jakkals. 2. Dans in 4/4-maat. UITDR.: Dit gaan op ‘n jakkalsdraf(fie) , dit gaan redelik goed, of nie te goed en nie te sleg nie.

jak’kals·drui·we. , mv. 1. Druiwe met ‘n jakkalssmaak; Cissus dasyplearis. 2. Wilde druiwe.

jak’kals·hond. Hond geteel en afgerig om jakkalse mee te jag.

jak’kals·klub. Vereniging deur skaapboere gestig om jakkalse uit te roei.

jak’kals·kos. 1. Prooi van ‘n jakkals: ‘n Siek skaap wat jakkalskos geword het. 2. Wortelparasiet op melkbossoorte aangetref; Hydnora africana; kannie. 3. Gifmelkbos.

jak’kals·proef. ( Angl. ) Jakkalsdraad.

jak’kals·re·ën·tjie. 1. Ligte reëntjie met sonskyn daarby. 2. Motreëntjie.

jak’kals·skelm, b.nw. en bw. So skelm soos ‘n jakkals; baie skelm.

jak’kals·smaak. Smaak soos dié van wilde druiwe.

jak’kals·sto·rie. 1. Storie waarin ‘n jakkals die hooffiguur is. 2. Uitvlug, listigheid.

jak’kals·streek. Skelm, slinkse streek.

jak’kals·trou·re·ën·tjie. Buite reën wat val terwyl die son skyn.

jak’kals·van·ger. Persoon of hond opgelei om jakkalse te vang.

jak’kals·vo·ël. Enigeen van ‘n aantal donkerkleurige roofvoëls, veral Buteo rufofuscus , met rooibruin bors en stert.

jak’kals·vry, b.nw. Sonder jakkalse; voorsien van ‘n heining wat jakkalse uithou: ‘n Jakkalsvry plaas, kamp .

jak’kals·wê·reld. Streek waar baie jakkalse hou.

Opdrag 3:

Om ‘n woordeboek te raadpleeg en vrae te beantwoord

[lu 6.1.5, 6.4.3, 6.5.1]

Raadpleeg ‘n verklarende woordeboek om die volgende vrae te beantwoord:

  1. Skryf eers die letterlike betekenis van die woord Jakkals neer:
  1. Dan die figuurlike betekenis:

Skryf die betekenis van elk van die volgende idiomatiese uitdrukkings neer:

  1. Jakkals prys sy eie stert:
  1. Jakkals trou met Wolf se vrou:
  1. Dit is die klein jakkalsies wat die wingerde verniel.
  1. Wat word ‘n dans op vier-viermaat genoem? (Engels: Foxtrot)

Die volgende is plante. Skryf ‘n ander naam vir hulle neer:

  1. Jakkalskos
  1. Jakkalsdruiwe
  1. Jakkalsbessie
  1. Wat beteken dit om jakkalsdraaie te maak ?

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
LUISTER Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.2 aandagtig luister vir spesifieke inligting en kerngedagtes en gepas reageer:
1.2.2 beantwoord vrae oor inhoud van tekste en gee eie mening;
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
6.1 met woorde werk:
6.1.1 raak vertroud met kort en lang klanke en met tweeklanke (diftonge);
6.1.2 verdeel woorde korrek in lettergrepe;
6.1.3 gebruik skryftekens (deelteken, koppelteken, afkappingsteken en kappie) korrek;
6.1.5 gebruik ‘n woordeboek om woordeskat en spelvermoë uit te brei;
6.1.6 gebruik samestellings en verkleinwoorde korrek om woordeskat uit te brei;
6.4 bewustheid en gebruik van styl ontwikkel:
6.4.3 gebruik idiomatiese uitdrukkings en taalidioom gepas;
6.5 kritiese taalbewustheid ontwikkel:
6.5.1 maak kennis met die letterlike en figuurlike gebruik van woorde.

Memorandum

1. (a)

Sprokie: ‘n Eenvoudige kinderlike vertelling sonder lokale kleur (m.a.w. die verhaal kan nie gekoppel word aan ‘n bepaalde omgewing, groep mense of kultuur nie). ‘n Sprokie is geheel en al ‘n opgemaakte storie.

  • Sprokieswêreld: Verbeeldingswêreld, droomwêreld, denkbeeldige wêreld waar feetjies en kabouters woon en leef.
  • Sprokiesland: ‘n Wondermooi plek, asof dit nie eg kan wees nie.
  • Dit is ‘n opgemaakte storie.
  • Ons het grootgeword met die idee dat wolwe vraatsugtige roofdiere is wat diere aanval en in ‘n groep ook mense aanval.
  • ‘n Nare persoon, ‘n boosaard, boosdoener, booswig, skurk, misdadiger.
  • Wildehonde.
  • Die knusheid (geselligheid) van die kampvuur en die braaivleis wat die mense na hulle gegooi het.
  • Die honde.
  • Rouvleis.
  • Daar is met gewere op hulle geskiet.

Hulle is in slagysters gevang.

Hulle is met gif uitgeroei.

  • Rooiwolf.
  1. Hulle kan ‘n bydrae lewer om van die wêreld ‘n interessanter en mooier plek te maak om in te leef.

3. (a)

(i) Iemand het onder wolwe verval.

  1. Met die wolwe in die bos huil.
  2. Iemand eet soos ‘n wolf.
  3. ‘n Wolf in skaapsklere.
  4. Van wolf skaapwagter maak.

(b)

(i) ‘n Persoon wat ‘n ander se ondergang bewerkstellig.

  1. Maak soos jou maats maak.
  2. Gulsig eet.
  3. ‘n Skurk of skelm met ‘n onskuldige voorkoms.
  4. ‘n Skelm te veel vertrou.

4.

(a) Hondagtige roofdier met lang bene, dik stert en spits snuit.

(b) Listige, skelm persoon.

  1. Iemand wat homself prys.
  2. Wanneer daar tegelyk reën en sonskyn is.
  3. Klein foutjies wat groot moleste veroorsaak.
  4. Jakkalsdraffie.
  5. Gifmelkbos.
  6. Wildedruiwe.
  7. Witmelkhout.
  8. Slim planne beraam.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11016/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask