<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Cornelis Jacob Langenhoven is op 12 Augustus 1873 naby Ladismith gebore. By sy geboorte is sy moeder oorlede, en is hy deur 'n oom en tante grootgemaak.

As prokureur en Volksraadslid was hy 'n vurige kampvegter vir die regte van Afrikaans. Hy is op 15 Julie 1932 oorlede.

Loeloeraai het in 1923 verskyn. Twee jaar later eers, in 1925, is Afrikaans deur die Parlement as amptelike taal erken. Op daardie tydstip was daar nog geen spelreëls vir Afrikaans nie.

Dit is dus te verstane dat Afrikaans in daardie stadium idiomaties heelwat verskil het van die Afrikaans wat ons vandag skryf en praat.

Opdrag 1:

Om ‘n historiese teks in hedendaagse afrikaans oor te skryf

[lu 5.1.1]

Skryf die volgende sinne en sinsnedes uit die leesstuk oor in hedendaagse Afrikaans. Raadpleeg die teks deurentyd sodat elke sinsnede in konteks gelees word.

  1. "Julle sal die rede vir die spantoue aanstons ontdek."
  1. “...en hy slaan die lig aan.”
  1. “...so gou as ons onder die lug uit is.”
  1. “...of ons rus onder ons wegraak.”
  1. “Hy begin te makeer.”
  1. “...nes erte in 'n geskudde blaas.”
  1. dis alles eners
  1. En sy draai na alle koerse toe.
  1. “So 'n sagte rusplek is daar op die aarde nergens te kry nie.”
  1. “Ek is soos 'n swewende seepblasie gewieg in die lug.”
  1. Die lug is soos die varse geur as die donderweer oorkom.
  1. “Daar was niks as die stikste donker nag.”
  1. “nes julle gewénd is.”
  1. “Hy sluit vir ons na hierdie kant toe alles weg.”
  1. Sien ons die sterre dof deur die dikke lae van die lug.
  1. “En hulle had kleure hier . . . almal vonkelend van lewe asof dit 'n roerende panorama was.”
  1. “As ons hom agterna moet ry, vang ons hom nie, selfs nie met hierdie snelheid nie.”
  1. “Dus moet sy snelheid 'n klein bietjie meer wees as ons s'n van duisend myl in die uur.”
  1. naby die agtduisend myl
  1. “Kan jy nie so vriendelik wees om ons môre op te lui nie?”

Opdrag 2:

Om te luister na ‘n geskrewe teks en die gevoelswaarde te bepaal

[lu 1.1, 5.1.1]

Langenhoven, of te wel Neelsie, is in 'n telefoniese gesprek gewikkel met 'n verslaggewer van Die Burger. Luister noukeurig na die gesprek tussen die twee karakters aan die einde van die teksgedeelte.

  1. Hoe klink Neelsie tydens die gesprek? Maak 'n regmerkie by elke moontlikheid.
  • Opgewonde
  • Leedvermakerig
  • Saaklik
  • Bekommerd
  • Kordaat
  • Spottend
  1. Hoe gedra Van Donnerhellings hom tydens die gesprek?
  • Baie belangrik
  • Geduldig
  • Onbeskof
  • Saaklik
  • Vriendelik
  • Tegemoetkomend

Opdrag 3:

Om ‘n gesprek tussen twee persone te improviser

[lu 2.1]

Met behulp van twee telefone, hetsy ou telefone, selfone of twee koeldrankblikkies wat met 'n stuk tou of wol verbind is, dramatiseer die betrokke stuk dialoog. Nog beter, aangesien julle in pare hierdie opdrag voor die tyd gaan oefen, vervaardig julle eie "ruimte"-telefone! (Punte vir die vindingrykste poging!)

Die volgende aspekte moet in gedagte gehou word:

  1. Die oorgawe en entoesiasme waarmee julle die gesprek voer
  2. Karakteruitbeelding
  3. Spontaneïteit
  4. Sinvolle bewegings en handelings
  5. Tydsberekening

Opdrag 4:

Om ‘n verslag te skryf oor ‘n ruimtereis

[lu 4.1.2]

Skeppende skryfwerk

  1. Jy is die sesde persoon aan boord van Loeloeraai se ruimtetuig. Jy is egter onsigbaar - die ander passasiers is nie bewus van jou teenwoordigheid nie. Skryf 'n verslag oor die reis vir jou skoolkoerant wat jy per e-pos aan hulle stuur. Beskou dit as 'n studie in menslike gedrag.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11016/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask