<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Graad 7

Module 3

Hardloop met die bulle

In Spanje word daar gereeld fees gevier. Die Spanjaarde is veral lief om fees te vier waarby daar bulle betrokke is. Dan word daar sommer gedans en partytjie gehou vir dae aaneen.

Een van die bekendste van hierdie feeste word jaarliks in Pamplona, ‘n dorpie in die noorde van Spanje, gehou. In Julie word daar vir ‘n week lank op groot skaal partytjie gehou. Die hoogtepunt van die fees vind egter plaas wanneer die bulle losgelaat word in die strate van Pamplona, en dan kan diegene wat braaf genoeg is, saam met die bulle hardloop.

Vir sewe dae lank word die bulle wat in die stiergevegte gebruik word, elke oggend om 08:00 uit hul kampe wat aan die buitewyke van die dorp geleë is, losgelaat. Hulle word deur die strate gejaag na die Plaza de Toros, die stadion waar die stiergevegte plaasvind. Die afstand vanaf die bulkampe tot by die stadion is net minder as twee kilometer.

Die groot opgewondenheid ontstaan dan wanneer die klomp toeriste veral, wat dwarsdeur die nag partytjie gehou en gefuif het, voor die bulle uithardloop. Die geplaveide strate van Pamplona is maar nou, en die hoofroete na die stadion word met hoë houtheinings afgesper. Duisende mense drom in die strate saam; almal, behalwe die duisende toeskouers, is vasbeslote om aan die “pretdraf” deel te neem.

Om die opwinding van die hardlopery saam met die bulle te ervaar sonder dat daar enige noemenswaardige gevaar aan verbonde is, is dit raadsaam om reeds teen 07:00 plek in te neem in ‘n straat naby die stadion. Die enigste gevaar dan is om deur die duisende mense agter ‘n mens, eerder as deur die bulle self, vertrap te word. Die wedloop saam met die bulle duur ongeveer een uur. Die eerste hardlopers wat die stadion binnegaan, word luid deur die toeskouers toegejuig.

As die hardlopery verby is en die bulle weer veilig in hul kampe toegemaak is, begin die parade met orkeste wat luidrugtige Spaanse musiek speel, en mense wat in helderkleurige kostuums saam met die musiek dans, deur die strate van Pamplona beweeg.

Die dag se amptelike feesverrigtinge word afgesluit in die namiddag wanneer die stiergeveg om 17:00 in die stadion plaasvind. Eers na afloop daarvan daal daar weer ‘n rustigheid oor Pamplona. Maar net tot die volgende oggend wanneer dieselfde ritueel om 08:00 homself herhaal.

So gaan dit elke dag vir sewe dae lank.

Opdrag 1:

Om vertroud te raak met lang en kort klanke

[lu 6.1.1]

Die boublokke van woorde:

  1. Skryf die vyf kort vokale neer:
  1. Voorbeelde van lang vokale :

aa soos in blaar

oo soos in oor

ee soos in leer

ê soos in skêr

uu soos in muur

ie soos in mier

  1. Vind voorbeelde in die teks waarin die volgende vokale voorkom:
a aa
e ee
i ie
o oo
u uu
  1. Skryf die konsonante of medeklinkers neer:

( e ) Tweeklanke of diftonge is die samevoeging van twee vokale om ‘n nuwe klank te vorm. Jou lippe vorm twee klanke, byvoorbeeld:

oei soos in

aai soos in

een soos in

ui soos in

ou soos in

ooi soos in

ei soos in

ai soos in

Soek voorbeelde uit die teks.

Ronding, ontronding en oorronding

Ronding vind plaas wanneer woorde korrek uitgespreek word met geronde lippe. Maar soms vind die volgende plaas:

Ontronding en oorronding

Ontronding vind plaas wanneer vokale te plat of geknyp uitgespreek word soos die woorde: vier in plaas van vuur . fyf in plaas van fuif . Oorronding vind plaas wanneer vokale met te veel rondheid uitgespreek word soos die woorde: duur in plaas van dier stuur in plaas van stier

Opdrag 2:

Om klanke korrek uit te spreek en vertroud te raak met lang en kort klanke

[lu 2.5.1, 6.1.1]

  1. Dramatiseer voorbeelde van ontronding en oorronding deur na streekstaal te verwys.
  2. Skryf ‘n sin neer om ontronding te illustreer.
  1. Skryf ‘n sin neer om oorronding te illustreer.
  1. Diftonge of Tweeklanke

ou soos in h ou

eu soos in d eu r

Hierdie vokale klanke bestaan elkeen uit twee klanke wat langs mekaar in dieselfde lettergreep voorkom en uitgespreek word asof dit een klank is. Daarom word hulle tweeklanke genoem.

  1. Spoor nog tweeklanke in die leesstuk op:
  1. Skryf voorbeelde van elke diftong neer:

ou :

eu :

ui :

oe :

( g ) Is ei soos in M ei ‘n diftong?

( h ) Watter woorde bevat nie diftonge nie?

m y l

m ui l

M ei

Assessering

LU 2
PRAAT Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 idees en gevoelens op ‘n ekspressiewe manier, met selfvertroue oordra:
  • rolspeel in ‘n storie;
2.5 mondelinge aanbiedings op ‘n kreatiewe wyse doen:
2.5.1 let op duidelike spraak;
2.5.2 korrekte pousering;
2.5.3 tempo en volumewisseling;
  • dramatiseer voorbeelde van ontronding en oorronding deur na streekstaal te verwys,
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
6.1 met woorde werk:
6.1.1 raak vertroud met kort en lang klanke en met tweeklanke (diftonge);
6.1.2 verdeel woorde korrek in lettergrepe;
6.1.3 gebruik skryftekens (deelteken, koppelteken, afkappingsteken en kappie) korrek;
6.1.5 gebruik ‘n woordeboek om woordeskat en spelvermoë uit te brei;
6.1.6 gebruik samestellings en verkleinwoorde korrek om woordeskat uit te brei;
6.4 bewustheid en gebruik van styl ontwikkel:
6.4.3 gebruik idiomatiese uitdrukkings en taalidioom gepas;
6.5 kritiese taalbewustheid ontwikkel:
6.5.1 maak kennis met die letterlike en figuurlike gebruik van woorde; 8

Memorandum

Die boublokke van woorde:

(a) a; e; i; o; u

(d) b; c; d; f; g; h; j; k; l; m; n; p; q; r; s; t; v; w; x; z

(e) oei: geen

aai: geen

eeu: geen

ui: duisende, luid, toegejuig, luidrugtige, afgesluit, gebruik, buitewyke, gefuif, uithardloop, duisende.

ou: nou, toeskouers, gehou

ooi: geen

ei: geplaveide, houtheining, veilig, rustigheid, opgewondenheid.

ai: geen

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11016/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask