<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Opdrag 1:

Om met waardering na verbeeldingryke tekste te luister en vrae te beantwoord

[lu 1.1, 4.1]

  1. Watter plek word in die eerste paragraaf beskryf?

Wie word in die daaropvolgende twee paragrawe beskryf?

  1. Van wie kom ons meer te wete in paragraaf 4?
  2. In hierdie uittreksel het ons kennis gemaak met die drie hoofkarakters van die verhaal. Skryf hulle name neer.
  3. Stem julle saam met die volgende stellings? Staaf julle antwoorde met toepaslike aanhalings.
  4. Die inwoners van Avignon was ‘n klomp suurpruime.
  • Avignon was ‘n spookdorp.
  • Die stad was vaal en kleurloos.
    1. Daar het nooit besoekers gekom nie.
    2. Daar het ‘n stilte in die strate geheers.
    3. In die huise om die paleis was dit rustig en stil.
    4. Die mense was te lui om te werk.
    5. Die mense van Avignon was sielsongelukkig en sedig.
    6. Die mense was alleenlik gelukkig as hulle hard moes werk.
    7. Die fluit- en tromspelers het slegs by begrafnisse gespeel.
  • Vertel nou in jou eie woorde hoekom Avignon ’n wonderlike stad was in die tyd van die pouse.

Die inleiding tot die verhaal

Hoofstuk I dien as inleiding tot die verhaal.

Eerstens beskryf dit baie mooi waar die verhaal afspeel, en hoe soort plek dit was.

Tweedens word die hoofkarakters van die verhaal aan die leser voorgestel.

Die taal wat die skrywer gebruik, is beskrywend van aard. Taal word dus gebruik om inligting oor te dra. Dit dra daartoe by om gevoel en tekstuur aan die verhaal te verleen. In jul geestesoog moet julle kan visualiseer hoe dit in Avignon gelyk het.

Dit is deel van die menslike natuur om stories te vertel. Party mense kan dit beter doen as ander, veral omdat hulle van keurige taal gebruik maak.

Opdrag 2:

Om beskrywende taal te gebruik

[lu 1.1]

  1. Skryf die skrywer se beskrywing van die muil neer (par. 3):
  2. Is die beskrywing volledig genoeg sodat jy ‘n prent van die muil kan teken? Probeer.

Opdrag 3:

Om noukeurig na ‘n teks te luister en die vrae te beantwoord

[lu 1.2]

  1. Die skrywer skilder met woorde. Van Tistet Vedene sê hy die volgende in paragraaf 4: Voltooi.
  2. Hy was ‘n regte klein
  3. Sy pa het hom weggejaag omdat
  4. Hy het die ander leerjongens gedurig
  5. Is dit mooi of slegte karaktereienskappe?
  6. Die woorde karnallie en vabond beteken dieselfde. Kies die betekenis daarvan uit die volgende woorde en onderstreep die korrekte woord.

(gehoorsaam, soet, bedagsaam, ondeund)

  • Hoe beskryf die skrywer die bottel rooiwyn wat die pous by sy wingerd gedrink het? (par. 2)
  • Wat het die muil gedoen as hulle oor die brug van Avignon gery het? (par. 6)
  • Hoe het die inwoners van Avignon opgetree teenoor die muil? (par. 3)
  • Waarmee vergelyk die skrywer die muil? (par. 3)
  • Watter plan het Tistet Vedene beraam met die muil? (par. 4)

Opdrag 4:

Om ‘n teks spontaan te lees en vrae daaroor te beantwoord

[lu 3.1]

  1. Lees weer paragraaf 2 en beantwoord die volgende vrae:
    1. Van watter pous het die mense van Avignon die meeste gehou?
    2. Hoekom?
  2. Hoekom het die pous se gedrag die kardinale ontstel?
  3. Vertel in jou eie woorde wat Boniface elke Sondagaand na die kerkdiens gedoen het.
  4. Dramatiseer die terugtog soos in paragraaf 2 beskryf.

Vorm groepe van ses. Twee lede van elke groep is die muil. Een is die pous wat op die muil ry. Die ander drie lede moet “musiek” maak: gebuik sommer ‘n kartondoos as ‘n trom, koeldrankblikkies met klippies gevul, ens. Die muil moet kan danspassies uitvoer op die maat van die musiek. Die musiek moet ritmies wees.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11016/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask