<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 8

Fisiese ontwikkeling en beweging

Module 19

Ontwerp met spel met spesifieke teikens

Aktiwiteit 1:

Om ’n spel met spesifieke teikens te ontwerp

[LU 4.4]

Hier volg ’n variasie op ’n ou kinderspeletjie wat op die speelgrond of selfs binne ’n saal gespeel kan word.

Die patroon kan met kryt geteken word. Daar kan twee van dieselfde patrone geteken word sodat twee persone of spanne gelyktydig kan meeding.

Hier is die sleutel:

L = linkervoet

R = regtervoet

X = moenie op hierdie blok trap nie

L/R = land met albei voete gelyktydig

  • Daar is altesaam 12 blokke.
  • Speler 1 (van albei spanne) begin wanneer die teken gegee word. Wanneer die laaste blok sonder enige fout bereik word, hardloop die speler terug na sy/haar span en die volgende speler begin sodra speler nommer 1 agter in die ry inval.
  • Indien ’n speler ‘n fout maak, moet hy of sy weer voor begin.

Jy mag dalk dink dat hierdie speletjie interessanter gemaak kan word deur die teikens waarna gemik word, meer uitdagend te maak. Herskryf die speletjie en voeg by wat jy dink nodig is om dit interessant te maak. Onthou dat jy moet prakties kan demonstreer dat dit ‘speelbaar’ is.

As jy glad nie van hierdie speletjie hou nie, ontwerp enige ander speletjie. Die belangrike is dat daar duidelike en interessante/uitdagende teikens moet wees en dat jy kan demonstreer hoe dit gespeel word.

Onthou: hoe meer ouens belangstel om die speletjie self te speel, hoe beter gaan jou punt wees!

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Gesondheids-bevordering Die leerder is in staat om ingeligte besluite oor persoonlike, gemeenskaps- en omgewingsgesondheid te neem.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit word bewys as die leerder:
1.3 kan beskryf wat ’n gesonde leefstyl in sy eie situasie behels, onder andere as ’n manier om siektes te voorkom.
LU 4
Fisiese Ontwikkeling en Beweging Die leerder is in staat om begrip te toon vir en deel te neem aan aktiwiteite wat beweging en liggaamlike ontwikkeling bevorder.
Dit word bewys as die leerder:
4.1 ’n avontuurlike, buitemuurse ontspannings­aktiwiteit kan beplan en daaraan kan deelneem;
4.4 teikenspele ontwerp en speel;
4.5 geslagsgelykheidsaangeleenthede in ’n ver­skeidenheid atletiek- en sportaktiwiteite­ondersoek en daaroor verslag kan doen.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11047/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask