<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tegnologie

Graad 6

Strukture

Module 9

Ontwerp en maak ‘n basiese raamstruktuur

1. Navorsing:

Aan die onderwyser: Verdeel die klas in groepe wat min of meer ewe sterk is.

Opdrag aan die groepe: Win soveel moontlik inligting in oor tipes brûe en die maak van brûe en kom gee terugvoering aan die res van die klas. Elke leerder moet die volgende vraelys oor ‘n beroemde brug voltooi:

Voorbeeld Jou Voorbeeld
Naam van die brug? Golden Gate-brug
Waar is die brug? Ingang na San Francisco- baai in Noord-Amerika
Wanneer is die brug voltooi? 1937
Watter tipe brug is dit? ‘n Hangbrug
Hoe lank is die brug? 1 280 m
Bron?
‘n Foto van dié brug?
LU/AS 1.2

2. Ontwerp

Aangesien jul groep betrokke gaan wees by die ontwerp en konstruksie van ‘n vakwerkbrug, het die ingenieur reeds die spesifikasies bepaal. Julle gaan nou ‘n prototipe van die brug van papierstrooitjies en karton bou.

Spesifikasies van die struktuur:

Doel: Om ‘n afstand van 50 cm te oorspan en 200 g te kan ondersteun sonder dat dit sou bars, inmekaarval, buig, kromtrek, vervorm of omval.

Tipe struktuur: ‘n Raamstruktuur ±50 cm lank en ±10 cm breed. (Stawe in driehoekige vorms geplaas.)

Materiaal:

  • 25 papierstrooitjies van ±20 cm lank elk om die twee ewe groot vakwerke mee te bou.
  • Sewe rekkies en sosatiestokkies om stewigheid te verleen (indien nodig).
  • Tien papierstrooitjies van ±15 cm lank elk om die twee vakwerke aanmekaar te verbind.
  • ‘n Strook karton 60 cm lank en ±15 cm breed om die padoppervlakte voor te stel.
  • Twee ewe groot graanvlokkiedose om die oewers waarop die brug gaan rus, voor te stel.
  • Houtlym om die strooitjies langer te maak, indien nodig.

Gereedskap:

  • ‘n skêr om strooitjies gelyk te knip;
  • ‘n gompistool om strooitjies vinnig en stewig te heg;
  • ‘n ponsmasjien en ponsdrukkertjies;
  • ‘n gaatjiesdrukker en spleetspelde.

OPDRAG 1:

Identifiseer as groep die behoefte.

LU/AS 1.4

Voltooi:

Ons gaan ‘n ontwerp en maak om ‘n afstand van

te oorspan en om ‘n gewig van te kan

ondersteun. Ons gaan ‘n raamstruktuur met ontwerp en

maak wat uit twee vakwerke van gelyksydige bestaan

wat met aanmekaar geheg is. Die eindproduk moet sterk, stabiel en

stewig wees

OPDRAG 2:

Ontwerp en teken volledig met byskrifte 3D-sketse van hoe jul groep se vakwerkbrug gaan lyk. (Raadpleeg die inligting oor hoe so ‘n brug lyk.) Elke groeplid moet ten minste een brug ontwerp, waarna julle as groep besluit wie se brug gebou gaan word. Bespreek elke lid se positiewe en negatiewe aspekte van die ontwerpe en skryf dit by elke ontwerp.

LU/AS 1.5
Finale Ontwerp
Ontwerp 1: Positief:Negatief:
Ontwerp 2:Positief:Negatief:
Ontwerp 3:Positief:Negatief:

Wenk:

Eksperimenteer watter padoppervlakte die sterkste is, nl. as die karton net so plat gebruik word, of as die kante weerskante ±2 cm opgebuig word.

Vervaardiging

OPDRAG 3:

Julle gaan nou uiteindelik probeer om die brug te bou. Beplan nou eers stap vir stap hoe julle te werk wil gaan om die brug te bou. Skryf jul maakproses noukeurig neer sodat iemand anders dit sal verstaan. Skryf ook volledig watter materiaal of gereedskap julle gedurende ‘n spesifieke aksie gaan gebruik. (LW. Hou die instruksies eenvoudig. Verkieslik slegs een aksie [werkwoord] per sin.)

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11004/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask