<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 4

Skepping, interpretasie en aanbieding

Module 22

Drama: ons speel toneel

Ons speel toneel

Aktiwiteit 1

Om stem en liggaam in drama te gebruik [lu 1.4]

  • Na die opwarming sal jy voorbereid wees om die volgende aktiwiteit te geniet. Ja, ons gaan toneelspeel. Uiteindelik!

Oefening 1: improvisasie sonder spraak

  • Die klas sal opgedeel word in groepe van 6-8.
  • Elke groep het omtrent twee minute om hulle gunsteling feëverhaal te kies.
  • Elke lid van die groep moet ‘n karakter kies wat hulle in die feëverhaal wil wees.
  • Kies een toneel/ gebeurtenis uit die verhaal.
  • Improviseer die toneeltjie sonder die gebruik van dialoog of klank aan die res van die klas.
  • Raai watter feëverhaal dit was en identifiseer die karakters.
  • Kies ‘n ‘wen’-groep en die beste karakter na afloop van die opvoerings.

Oefening 2: improvisasie met spraak

  • Dieselfde groepe moet dieselfde tonele opvoer met dieselfde karakters, maar hierdie keer moet julle spraak gebruik.
  • Voer die tonele vir die res van die klas op.
  • Kies ‘n ‘wen’-toneel en ‘n ‘wen’-karakter na afloop van die opvoerings.

Aktiwiteit 2

Om gebruik te maak van kostuums en rekwisiete om ‘n storie te vertelkarakters uit te beeld: donderweer en weerlig [lu 1.5]

  • Met hierdie aktiwiteit gaan ons ‘n mite ondersoek wat uit Nigerië kom. Jou opvoeder sal vir jou die storie lees. Luister aandagtig en probeer die storie visualiseer soos hy/sy dit vir julle lees.

Die storie van donderweer en weerlig

Lank gelede het Donderweer en Weerlig op die aarde tussen die mense gewoon. Donderweer en Weerlig was skape: Donderweer was die ma en Weerlig, haar seun, ‘n ram.

Hierdie twee diere was nie gewild onder die mense nie, aangesien Weerlig graag skoor gesoek het met die mense. Sodra hulle hom teengaan, het hy kwaad geword het en alles afgebrand wat voor hom kom, selfs hutte en groot bome. Hy het dikwels ook die oeste op die plase vernietig en enkele kere/ by geleentheid is selfs mense wat in sy pad gestaan het, ook so gestraf.

Toe Donderweer agtergekom het dat Weerlig hom so gedra, het sy so hard as wat sy kon op hom geskree – dit was baie, baie, baie hard! Die bure was natuurlik elke keer erg ontsteld: eerstens oor die skade wat deur Weerlig veroorsaak is en tweedens oor die ondraaglike lawaai van sy ma wat altyd op sy uitbarstings gevolg het.

Die inwoners van die dorp het gereeld by die koning gekla, totdat hy die twee uiteindelik weggestuur het na die uithoeke van die dorp en gesê het dat hulle nie meer met die inwoners van die dorp kontak mag hê nie.

Dit het egter nie gehelp nie, aangesien Weerlig nog steeds die mense kon sien rondloop in die dorp se strate en so kon aanhou skoor soek.

Die koning het die twee weer ontbied en vir hulle gesê:

“Ek het julle baie kanse op ‘n beter lewe gegee, maar ek kan sien dat dit tevergeefs is. Julle sal van nou af weggaan uit ons dorpie en in die wildernis gaan bly. Ons wil julle nooit weer hier sien nie!”

Donderweer en Weerlig kon nie anders as om die koning te gehoorsaam nie en het hulle berus in die koning se beslissing. Hulle het wel die dorpie verlaat , maar was kwaad vir die inwoners.

Daar het egter nog baie moeilikheid op die inwoners van die dorp gewag!

Weerlig was so kwaad omdat hy verban is, dat hy die hele bos aan die brand gesteek het. Aangesien dit baie droog was, het die vlamme versprei na die aanliggende klein plasies en selfs tot by sommige hutte. Die mense was weer eens in wanhoop. Hulle het die ma se magtige stem gehoor in haar poging om hom te stop, maar soos altyd was dit te laat, aangesien hy reeds die skade aangerig het.

Die koning het al sy raadslede bymekaar geroep en hulle raad gevra. Na ‘n lang debat het hulle uiteindelik op ‘n idee afgekom. Hulle het besluit om Donderweer en Weerlig heeltemal van die aarde af te verban. Die twee moes bo in die hemelruim gaan woon. Die koning het dit dan ook so aan hulle bekend gemaak.

Donderweer en Weerlig is dus weggestuur om in die hemelruim te gaan woon waar hulle nie meer skade aan die mense kan doen nie. Of so het die mense gehoop! Maar dinge het nie heeltemal so uitgewerk nie.

Weerlig verloor nog steeds sy humeur van tyd tot tyd en kan dit nie weerstaan om vuur af aarde toe te stuur nie. Dan kan jy hoor hoe sy ma hom berispe met ‘n harde gerommel.

Karakterisering

  • Jou opvoeder sal vir julle die mite lees.
  • Jou opvoeder sal die verskillende karakters op die bord neerskryf.
  • Kies vir jou ‘n rol uit die mite.
  • Leerders sonder rolle uit hierdie mite moet ‘n dier van hulle keuse kies om te speel.
  • Ondersoek jou karakter d.m.v. die volgende riglyne:

Elemente van karakterisering

  • Aksie: Wat doen ek?
  • Wilskrag: Hoekom doen ek dit?
  • Aanpassing : Hoe doen ek dit?

Eksterne eienskappe van karakterisering

  • die liggaam : (is die karakter jonk, oud, vet, beseer…?)
  • die stem : (skerp, diep, oud, kinderlik…?)
  • die gesig: (klein oë, skewe mond, senuwee-spanning…?)
  • die houding : (selfversekerd, senuweeagtig, onseker, in beheer…?)
  • die rekwisiete : (bril, kroon, kierie, sigaret…?)
  • die kostuum : (aandrok, pak, sweetpak, lappe…?)
  • die grimering :(baard, veroudering, fantasie…?)
  1. Skep van ‘n toneelstuk
  • Lees weer die mite.
  • Visualiseer jou karakter soos jy die storie lees.
  • Skep ‘n kort toneelstukkie m.b.v. die volgende riglyne:
  • deel die mite op in tonele.
  • identifiseer die omgewing van elke toneel.
  • identifiseer die storielyn .
  • selekteer dialoog vir die karakters.
  • stel ekstra dialoog voor vir die karakters en die ‘diere’ wat in die mite gebruik is.
  • improviseer die tonele sonder ‘n teks .
  • gebruik van die teks-dialoog vir die volgende oefening .
  • dit is veronderstel om pret te wees – wees kreatief.
  • neem kennis van rekwisiete, kostuums en grimering of maskers.
  • voer die toneelstukkie op.

Assessering

LEERUITKOMS 1: SKEPPING, INTERPRETERING EN PRESENTERING Die leerder kan in elk van die kunsvorme skep, interpreteer en werk presenteer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

  • die stem en liggaam verbeeldingryk gebruik gedurende drama-oefeninge en –speletjies;
  • gebruik maak van hand- of kostuumrekwisiete, poppespel, maskers of ander eksterne bronne om stories mee te vertel en karakters mee uit te beeld.

Questions & Answers

what is mutation
Janga Reply
what is a cell
Sifune Reply
how is urine form
Sifune
what is antagonism?
mahase Reply
classification of plants, gymnosperm features.
Linsy Reply
what is the features of gymnosperm
Linsy
how many types of solid did we have
Samuel Reply
what is an ionic bond
Samuel
What is Atoms
Daprince Reply
what is fallopian tube
Merolyn
what is bladder
Merolyn
what's bulbourethral gland
Eduek Reply
urine is formed in the nephron of the renal medulla in the kidney. It starts from filtration, then selective reabsorption and finally secretion
onuoha Reply
State the evolution relation and relevance between endoplasmic reticulum and cytoskeleton as it relates to cell.
Jeremiah
what is heart
Konadu Reply
how is urine formed in human
Konadu
how is urine formed in human
Rahma
what is the diference between a cavity and a canal
Pelagie Reply
what is the causative agent of malaria
Diamond
malaria is caused by an insect called mosquito.
Naomi
Malaria is cause by female anopheles mosquito
Isaac
Malaria is caused by plasmodium Female anopheles mosquitoe is d carrier
Olalekan
a canal is more needed in a root but a cavity is a bad effect
Commander
what are pathogens
Don Reply
In biology, a pathogen (Greek: πάθος pathos "suffering", "passion" and -γενής -genēs "producer of") in the oldest and broadest sense, is anything that can produce disease. A pathogen may also be referred to as an infectious agent, or simply a germ. The term pathogen came into use in the 1880s.[1][2
Zainab
A virus
Commander
Definition of respiration
Muhsin Reply
respiration is the process in which we breath in oxygen and breath out carbon dioxide
Achor
how are lungs work
Commander
where does digestion begins
Achiri Reply
in the mouth
EZEKIEL
what are the functions of follicle stimulating harmones?
Rashima Reply
stimulates the follicle to release the mature ovum into the oviduct
Davonte
what are the functions of Endocrine and pituitary gland
Chinaza
endocrine secrete hormone and regulate body process
Achor
while pituitary gland is an example of endocrine system and it's found in the Brain
Achor
what's biology?
Egbodo Reply
Biology is the study of living organisms, divided into many specialized field that cover their morphology, physiology,anatomy, behaviour,origin and distribution.
Lisah
biology is the study of life.
Alfreda
Biology is the study of how living organisms live and survive in a specific environment
Sifune
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11088/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask