<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 5

Kritiese en kreatiewe refleksie

Module 11

Ondersoek vier verskillende style in musiek

MUSIEK

AKTIWITEIT 1

OM VIER VERSKILLENDE STYLE IN MUSIEK TE ONDERSOEK

[LU 2.7]

Kom ons kyk hoeveel musiekstyle jy kan identifiseer – net om te bepaal hoe lewendig die musiekwêreld is.

Jou opvoeder gaan die volgende vier style aan julle verduidelik en voorbeelde daarvan voorspeel:

Kwaito

Soukous / Kwassa-Kwassa

Volksliedjie

Musiekblyspel

STAP 1

Versamel die inligting omtrent DRIE van die style. Hierdie inligting kan in die vorm van prente, koerantuitknipsels en CD-omslae wees en word in jou Leerdersjoernaal geplak.

STAP 2

Luister na die musiek (of video) en voltooi kopieë van die gegewe tabelle deur die mees geskikte beskrywing uit elke groep te kies deur ‘n kruisie te maak.

1. Kwaito

Tipe stem Merk  Toonhoogte Merk  Gebruik Merk  Styl Merk 
Manstem Hoog Dans Afrika
Vrouestem Laag Luister Suid-Afrika
Gemengde koor Hoog en laag Aanbidding Klassiek
Kinderstemme Middel Saamsing Populêr
Nie een nie Praatstyl Nie een nie Nie een nie

2. Soukous / Kwassa-Kwassa

Tipe stem Merk  Toonhoogte Merk  Gebruik Merk  Styl Merk 
Manstem Hoog Dans Afrika
Vrouestem Laag Luister Suid-Afrika
Gemengde koor Hoog en laag Aanbidding Klassiek
Kinderstemme Middel Saamsing Populêr
Nie een nie Praatstyl Nie een nie Nie een nie

3. Volksliedjie

Tipe stem Merk  Toonhoogte Merk  Gebruik Merk  Styl Merk 
Manstem Hoog Dans Afrika
Vrouestem Laag Luister Suid-Afrika
Gemengde koor Hoog en laag Aanbidding Klassiek
Kinderstemme Middel Saamsing Populêr
Nie een nie Praatstyl Nie een nie Nie een nie

4. Musiekblyspel

Tipe stem Merk  Toonhoogte Merk  Gebruik Merk  Styl Merk 
Manstem Hoog Dans Afrika
Vrouestem Laag Luister Suid-Afrika
Gemengde koor Hoog en laag Aanbidding Klassiek
Kinderstemme Middel Saamsing Populêr
Nie een nie Praatstyl Nie een nie Nie een nie

AKTIWITEIT 2

OM TE ONDERSKEI TUSSEN DIE VIER STEMTIPES IN KOORMUSIEK

[LU 2.6]

In hierdie aktiwiteit gaan jy luister na koormusiek.

Die oudste musiekinstrument is sekerlik die stem! Nog voordat die mens musiekinstrumente gemaak het, het hy gesing.

Vandag bly dit een van die gewildste en mees beskikbare instrumente. Hoekom? Noem voorbeelde.

STAP 1

Noem die VIER stemtipes in koormusiek en beskryf hoe elke stemtipe klink. (Maak eers 'n kopie van die onderstaande tabel.)

STAP 2

Neem enige vier mense wat aan jou bekend is as voorbeelde. Kies dan die mees geskikte terme (t.o.v. toonhoogte en toonkleur) om hulle spesifieke stemme te beskryf.

STAP 3

Watter instrument pas by watter stem?

Sopraan

Alt Tenoor

Bas

Watter stem sing gewoonlik die melodie?

Watter strykinstrument speel gewoonlik die melodie?

AKTIWITEIT 3:

Om musieksimbole te identifiseer

[LU 2.4]

Waarop dui die volgende simbole?

Om musiek neer te skryf, gebruik ons ook simbole .

Hierdie simbole noem ons musiek notasie .

1. TOONHOOGTE

Stap 1

Toonhoogte beteken hoe hoog of laag die noot is.

Musiek beweeg op (hoër) en af (laer) soos wat jy by ‘n leer sou op- of afklim.

Om musiek neer te skryf, gebruik ons notebalke.

Hoe hoër die note klink, hoe hoër word die note geskryf.

Bestudeer die Groot Notebalk en beantwoord die vrae:

  1. Uit hoeveel notebalke bestaan die Groot Notebalk?
  1. Hoeveel lyne het elke notebalk?
  1. Hoeveel spasies het elke notebalk?
  1. Dui die G-sleutel hoë of lae note aan?
  1. Noem die twee stemtipes wat in die G-sleutel genoteer word.
  1. Dui die F-sleutel hoë of lae note aan?
  1. Noem die twee stemtipes wat in die F-sleutel genoteer word
  1. As ‘n mens die F-sleutel teken, begin jy op die 4de lyn. Wat dink jy behoort daardie lyn se letternaam te wees?
  1. As ‘n mens die G-sleutel teken, begin jy op die 2de lyn. Wat dink jy behoort daardie lyn se letternaam te wees?

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10976/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask