<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 4

My woonplek

Module 18

Spelling en woordeskat

Aktiwiteit 1

Om korrek te leer spel [lu 4.5.2]

WOORDBOU en SPELLING

Kom ons bou woorde met die volgende bakstene:

aai eeu ooi oei

Hierdie bakstene kan saam met ander letters gepak word om ‘n stewige muur te bou.

aai soos in

l br s
dr w
sw
r sl
aai

Gebruik die woordbakstene in die volgende sinne:

  • Pappa .................................. vleis buite op die vuur en Mamma

maak ‘n ................................................ wat ons daarby kan eet.

  • Die kinders speel graag buite op die ..................... in die parkie.
  • In die badkamer ..............ons die krane oop en tap die bad vol water.
  • Ons bêre ons klere in ‘n ............ van die spieëlkas in ons slaapkamer.
  • Pappa .................................. saadjies in die blombeddings in die tuin.
  • As jy nie weet nie, moet jy ................................ watter huis ons s’n is.
  • Elke keer as jy verby ons huis ry, ......................................... ek vir jou.

(i) ooi soos in

........................................ hart

Verbind die betekenis (kolom B) met die woord (kolom A):

A B
rooi nie lelik nie
nooi voer wat diere eet
gooi ‘n betaling vir ‘n diens gelewer
mooi die kleur van bloed
ooi jy doen dit met ‘n bal
plooi as jy iemand vra om te kom kuier
strooi ‘n vou in jou vel of in materiaal
fooi ‘n vroulike skaap
  1. eeu soos in

..................................................

Gebruik die volgende woorde in sinne.

Skryf die sinne.

leeu; eeu; spreeu; sneeu; skreeu

...............................................................................................................

  1. oei soos in

.................................................

Onderstreep al die oei-woorde;

Die koei en haar kalfie wei in die veld. Sy loei as sy haar kalfie roep. Foei! die kalfie is nog baie klein en swak, maar groei elke dag ‘n bietjie. Dit is moeilik om die koei te melk. Ons maak haar vas en boei haar aan ‘n paal vas, maar sy roei en stoei om los te kom. As ons nie vars melk het nie, moet ons poeiermelk gebruik. ’n Goeie koei lewer baie melk.

Leer die spelling van die woorde en jou opvoeder sal jou spelling toets.

Aktiwiteit 2

Om woordeskat op te bou [lu 6.3.4]

MEUBELS IN DIE HUIS

Bingo-speletjie (woordeskat)

Elke leerder het sy eie blokkiespapier met 25 name van meubelstukke in die blokkies geskryf. Die opvoeder of een van die leerders wys 'n prent van een van die woorde vir die hele klas. Soek die woord wat by die

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 4. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11082/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask