<< Chapter < Page Chapter >> Page >

As inligting getabelleer word, is dit baie makliker om die patrone wat die getalle vorm raak te sien. Dis waarom tabelle dikwels gebruik word om inligting te organiseer. Jy sal nog baie tabelle in wiskunde gebruik. Maak ‘n tabel vir enige probleem as jy dink die tabel sal help.

Aktiwiteit 2

Om verwantskappe tussen veranderlikes te ondersoek

[lu 2.1, 2.6]

Mnr. en mev. Peters wil ‘n woonwa huur vir hulle vakansie. Hulle het by drie firmas navraag gedoen oor die huur van woonwaens. Nou moet hulle besluit watter woonwa om te huur, en hoe lank. Ons gaan hulle help besluit. Hier volg die woordbeskrywings wat hulle van die firmas ontvang het:

  • Away–van: Hulle woonwaens kos R750 per dag.
  • Best Caravans vra ‘n R1 200 verhuringsfooi, met ‘n R360 daaglikse heffing.
  • Car–a–holiday: Hulle verhuur ‘n woonwa teen R950, met ‘n R540 daaglikse heffing.

1. Rangskik data: Voltooi die volgende tabel vanuit bostaande beskrywings.

Aantal dae: 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11
Away–van: R750
Best Caravans: R1560 R1920
Car–a–holiday: R1490 R2030

2. Kan jy uit die tabel aflei watter opsie die beste sal wees, afhanklik van die duur van die vakansie?

Skryf ‘n kort opsomming van jou gevolgtrekkings.

3. Hier is ‘n vloeidiagram van die Car–a–holiday pryse. Bereken die waardes vir die oop blokkies:

4. Teken ook vloeidiagramme vir die ander twee opsies.

Bradley hou vakansie in Amerika. Hy wil ‘n selfoon huur. Hy het reeds drie verskillende aanbiedinge ondersoek. Hier volg ‘n woordbeskrywing van aanbod 1, ‘n waarde–tabel vir aanbod 2 en ‘n vloeidiagram vir aanbod 3.

Woordbeskrywings:

Aanbod 1: “ADVANCED MOBILE! Laagste oproepkoste! Gewilde foon ! $20 as jy teken, plus 60 sent per oproep!”

Aanbod 2: “GENIE RENTALS

Aanbod 3: “HI–PRO

Tabelle:

Aantal oproepe: 10 20 30 40 50 60
Advanced mobile:
Genie rentals: $24 $38 $52 $66 $80 $940
Hi–Pro:

*Vloeidiagramme:

Genie rentals:

Hi–Pro:

5. Daar is ruimte vir jou om vir elke geval die ander twee aanbiedinge te voltooi. Ná jy al ses voltooi het, doen die volgende oefening.

6. Skryf neer watter aanbod Bradley moet kies vir watter omstandighede. Onthou, jy weet byvoorbeeld nie of hy die foon vir twee dae, twee weke of twee maande gaan gebruik nie. Jy weet ook nie hoeveel oproepe hy wil maak nie.

7. Skryf nou neer watter een van die drie maniere om die inligting voor te stel jou die meeste gehelp het toe jy vraag 6 beantwoord het. Gee redes vir jou stellings.

Aktiwiteit 3

Om verwantskappe uit te klaar met behulp van ‘n model

[lu 2.2, 2.3]

Olga hou van sjokolade–rosyne. Sy het aantekeninge gemaak van die inhoud van elke pakkie wat sy gekoop het. Sy koop altyd by dieselfde winkel, maar partykeer koop sy klein pakkies (50 g), partykeer medium pakkies (100 g) en partykeer groot pakkies (200 g).

Sy het ‘n tabel van die gegewens gemaak.

Pakkie–grootte 50 g 100 g 200 g
Gemiddelde aantal rosyne 78 153 304
Prys per pakkie R3,80 R7,40 R14,50

Olga het die vervaardigers opgespoor en by hulle uitgevind dat ‘n deel van die prys vir die verpakking is, en die res vir die inhoud. Die verpakkingskoste is redelik eenders vir die drie groottes, maar die grootste deel van die prys dek die rosyne. Die eenheidsprys van die inhoud is dieselfde, ongeag die pakkiegrootte.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11055/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask