<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 7

Demokrasie of oorlog

Module 11

Die oorlog breek uit (1899 – 1900)

1899: Die boere se jaar

Toe Brittanje weier om sy soldate te onttrek, val die Transvaalse en Vrystaatse boere Natal en die Kaapkolonie binne.

Aan die wesfront word Mafeking, Kimberley en Ladysmith omsingel. Tswana hoofmanne help ook die Boere. Toe die Britte poog om Kimberley te probeer bevry, word hul deur die Boere in die Noord-Kaap verslaan. Die Slag van Magersfontein het op ‘n algehele ramp vir die Britte uitgeloop, terwyl die Britte ook by Stormberg en Colenso verslaan is. Hierdie rampspoedige week staan in die Britse geskiedenis bekend as “Black Week”. Een derde van die Britse soldate gee oor.

Die Britte se uniforms en militêre strategieë was glad nie geskik vir Suid-Afrikaanse toestande nie. Die Boere het nie uniforms of regimente gehad nie – oud en jonk het saam geveg. Hul het die veld goed geken en kon van kleins af perdry en skiet.

1900: Die Britte se jaar

Lord Roberts se troepe het Kimberley bevry en 4 000 Boere gevange geneem. Twaalf dae later het 4 000 Boere by Paardeberg oorgegee nadat 40 000 Britse troepe hul twee weke lank aangeval het. Daarna word Bloemfontein oorgeneem en die Oranje-Vrystaat word ‘n Britse kolonie. 43 000 Britse soldate val Johannesburg binne sonder dat ‘n skoot geskiet word. Britse soldate uit Natal sluit by hulle aan en vyf dae later word Pretoria ingeneem. In Februarie word die Boere se beleg van Ladysmith beëindig en Mafeking op 17 Mei bevry. In September word Transvaal tot ‘n Britse kolonie verklaar. Daar was nog nie vrede nie omdat Boerekommando’s steeds geveg het. Boerevroue en kinders het kos en skuiling aan lede van die Boerekommando’s gebied.

Aktiwiteit 1:

Om verskillende bronne oor die anglo-boereoorlog te gebruik en verslag daaroor te doen

[lu 1.2]

Bestudeer eers meegaande bronne (tydlyn, kaart, artikels, spotprente).

a) Verduidelik met behulp van ‘n strokiesprent waarom 1899 beskou is as die Boere se jaar.

of

b) Vergelyk die Boere en Britte se weermagte deur middel van ‘n oulike blokkiesraaisel.

DIE NUUSBODE 1900

“EK GAAT OOK SPOOK, OMIE!”SPIOENKOP, 26 Januarie 1900. – “Terwyl hewige gevegte naby Spioenkop nog aan die gang is, sien ek ‘n ongewapende seun van omtrent vyftien jaar op ‘n maer vosperd slagveld toe ry,” vertel kommandant De Villiers aan een van ons verslaggewers. “Oom,” sê die seun, “ek hoor dat hulle hierbo spook – ek gaat ook spook.” En voor ek kon keer, is hy vort. Vandag ontmoet ek toe dieselfde seun met ‘n Britse helm op sy kop. Drie Lee-Metford-gewere en verskeie watervaatjies hang oor sy skouers, ‘n aantal bajonette en ‘n paar klein grawe hang oor sy perd. Verder het die seun met nog vier of vyf bande patrone oor sy skouers die slagveld verlaat. Hy het gespook. Een van die dae sien ons hom seker terug met sy maats, wat ons ook nog te jonk beskou het om op kommandodiens te gaan.”BOERE TREK TERUGLADYSMITH, 28 Februarie 1900 – Generaal sir Redvers Buller wat tydens die agtdaagse gevegte by Spioenkop bykans 3 000 man verloor het ná gevegte by Vaalkrans, het in die stryd om die Bosrand, wat tydens die afgelope veertien dae gewoed het, nog omtrent 4 000 man verloor. Vandag moes die Boere voor die oormag swig en het Buller met ‘n leër van 40 000 man Ladysmith ontset. Generaal Joubert wat ernstig siek is, het die Boere-kommando’s wat omtrent 5 000 man sterk is, onder bevel van generaal Louis Botha geplaas. GENERAAL BULLER OPGEVOLG DEUR LORD ROBERTSCronjé Omsingel en Bloemfontein BesetBLOEMFONTEIN, 13 Maart 1900. – Vandag het lord Roberts se leërs Bloemfontein binnegetrek nadat die bloedigste stryd van die oorlog verlede maand by Paardeberg plaasgevind het waar generaal Piet Cronjé op 17 Februarie met Kitchener se voorhoede slaags geraak het. Eers het hy die Engelse deur hewige mauservuur met onsettende verliese teruggedryf, maar spoedig was die Boeremag geheel omsingel en na ‘n tiendaagse stryd, het Cronjé met 4 000 man aan lord Roberts wat nou oor ‘n leër van 70 000 man beskik, oorgegee.Generaal C.R. de Wet, wat verlede jaar op 16 Desember deur staatspresident M.T. Steyn as veggeneraal aangestel is, het eers alles in sy vermoë gedoen om generaal Cronjé ‘n kans te gee om uit die Engelse omsingeling los te breek, en na die ramp al sy kragte ingespan om die kommando’s met moed te besiel. Die ontsteltenis oor Piet Cronjé se oorgawe het hulle strydlus egter verlam. Sonder verdere teenstand het Roberts se troepe Bloemfontein bereik.GRYSE PRESIDENT BESOEK DIE FRONTDe Wet se Nuwe Vegtaktiek word op die Proef GestelSANNASPOS, 1 April 1900. ‘n Nuwe krygstaktiek is aanvaar: die groot wa-laers is afgeskaf en slegs perdekommando’s sal nou in die stryd gebruik word.Gister is die nuwe krygstaktiek hier by die waterwerke van Sannaspos op die proef gestel toe generaal De Wet ‘n Engelse mag van 1 800 man aangeval, 480 van hulle gevange geneem en 500 gedood en gewond het. Nadat hy die bevel oorgedra het aan sy broer Piet en genl. Andries Cronjé, is generaal De Wet gisteraand onmiddellik verder op ‘n verkenningstog met drie van sy staflede. In die buiteland is al hierdie gebeurtenisse met spanning gevolg, maar hoewel oral geesdrif vir die Boeresaak heers, het slegs die twintigjarige Koningin van die Nederlande die moed gehad om daadwerklike hulp te verleen deur die Nederlandse oorlogsbodem H.M. Gelderland te stuur om president Krüger na Europa te vervoer. Die seereis het van 20 Oktober tot 22 November geduur.RIDDER SONDER VREES OF BLAAMDanie Theron Sterf die HeldedoodELANDSFONTEIN, Sondag, 15 September 1900. – Die lede van Theron’s Verkenningskorps het vandag die stoflike oorskot van hul geliefde leier, wat tien dae gelede op Gatsrand gesneuwel het, herbegrawe.Kommandant Danie Theron, 28-jarige baasverkenner en krygsman, het sy lewe duur verkoop toe die vyand hom omsingel het. Hoewel hy alleen was, het die vyand gemeen dat hulle met ‘n sterk besette posisie van die Boere te doen het en al hulle geskut op die heuwel gekonsentreer, totdat dit daar stil geword het. Eers in Natal, daarna as genl. De Wet se “oë en ore” het hy roem verwerf deur die wyse waarop hy dwarsdeur die Engelse magte wat genl. Cronjé omsingel het, heen en weer pad gesoek het in sy poging om die Boere wat daar vasgekeer was, te beweeg om ‘n pad deur die Engelse leërs oop te veg. Met vernuf en lis waar moontlik, met geweld waar nodig, het hy die vyand week na week bestry en groot skade berokken. Nooit het hy die lewe van sy krygsmakkers in gevaar gestel nie, en in hulle harte en in die harte van die nageslag sal sy naam bly lewe as ridder sonder vrees of blaam.

Questions & Answers

what is mutation
Janga Reply
what is a cell
Sifune Reply
how is urine form
Sifune
what is antagonism?
mahase Reply
classification of plants, gymnosperm features.
Linsy Reply
what is the features of gymnosperm
Linsy
how many types of solid did we have
Samuel Reply
what is an ionic bond
Samuel
What is Atoms
Daprince Reply
what is fallopian tube
Merolyn
what is bladder
Merolyn
what's bulbourethral gland
Eduek Reply
urine is formed in the nephron of the renal medulla in the kidney. It starts from filtration, then selective reabsorption and finally secretion
onuoha Reply
State the evolution relation and relevance between endoplasmic reticulum and cytoskeleton as it relates to cell.
Jeremiah
what is heart
Konadu Reply
how is urine formed in human
Konadu
how is urine formed in human
Rahma
what is the diference between a cavity and a canal
Pelagie Reply
what is the causative agent of malaria
Diamond
malaria is caused by an insect called mosquito.
Naomi
Malaria is cause by female anopheles mosquito
Isaac
Malaria is caused by plasmodium Female anopheles mosquitoe is d carrier
Olalekan
a canal is more needed in a root but a cavity is a bad effect
Commander
what are pathogens
Don Reply
In biology, a pathogen (Greek: πάθος pathos "suffering", "passion" and -γενής -genēs "producer of") in the oldest and broadest sense, is anything that can produce disease. A pathogen may also be referred to as an infectious agent, or simply a germ. The term pathogen came into use in the 1880s.[1][2
Zainab
A virus
Commander
Definition of respiration
Muhsin Reply
respiration is the process in which we breath in oxygen and breath out carbon dioxide
Achor
how are lungs work
Commander
where does digestion begins
Achiri Reply
in the mouth
EZEKIEL
what are the functions of follicle stimulating harmones?
Rashima Reply
stimulates the follicle to release the mature ovum into the oviduct
Davonte
what are the functions of Endocrine and pituitary gland
Chinaza
endocrine secrete hormone and regulate body process
Achor
while pituitary gland is an example of endocrine system and it's found in the Brain
Achor
what's biology?
Egbodo Reply
Biology is the study of living organisms, divided into many specialized field that cover their morphology, physiology,anatomy, behaviour,origin and distribution.
Lisah
biology is the study of life.
Alfreda
Biology is the study of how living organisms live and survive in a specific environment
Sifune
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11022/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask