<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Dit beteken dat die bal van die voet en veral die groottoon ‘n belangrike rol tydens beweging speel.

BRON C

BRON D

Bekkengordels en dybene. Die ooreenkoms tussen Australopithecus en die mens is duidelik. Die vertikale swart streep G dui die as aan waarlangs die gewig van die heup na die knie oorgedra word. A = os illium (heupbeen), B = potjie vir dybeen, C = os pubis (skaambeen), D = os ischium (sitbeen), E = os sakrum, F = os femur (dybeen

BRON E

By Australopithecus was die kniegewrigte reeds na binne gebuig soos by hedendaagse mense en het hulle spore soos ons getrap. Die Sjimpansee het met ‘n waggelgang op sy agterpote geloop.

Twaalf jaar later, in 1936, het dr. Robert Boom by Sterkfontein (naby Krugersdorp) die eerste skedel van ‘n volwasse gevind. Hy het eers gedink dat dit die vroulike vorm van ‘n nuwe spesie was en dit Plesianthropus transvaalensis (Mev. Ples) genoem. Verdere ondersoek het egter getoon dat Mev. Ples feitlik identies aan die Taungkind was.

Aktiwiteit 2:

Om tyd te verstaan deur aan te toon dat sekere aspekte in gemeenskappe verander het, terwyl ander dieselfde gebly het

[lu 2.1]

a) Bestudeer meegaande skets uit die steentydperk en beantwoord die vrae wat volg. Maak eers ‘n skets van soortgelyke omstandighede by jou huis.

  • Is dit moeilik om kos te bekom? Word kos met mekaar gedeel?
  • Watter klere dra hulle?
  • Hoe werk hul familielewe? Het hul omgegee vir hul kinders?
  • Watter toerusting en wapens word gebruik? Het die tegnologie daaraan verbeter?
  • Kan hul snags veilig slaap?
  • Het die mans en vrouens verskillende werke ?
  • Bly die mense lank op ‘n plek?

b) Ontwikkel ‘n strokiesprent of luisterliedjie om bogenoemde inligting mee saam te vat.

Assessering

LEERUITKOMS 2: HISTORIESE BEGRIP (TYD) – Die leerder is in staat om geskiedkundige kennis en begrip te toon
2.1 Verstaan kronologie en tyd
2.2 Verskaf redes waarom ‘n historiese gebeurtenis plaasgevind het (oorsake, gevolge)
2.3 Onderskei tussen verskillende tydperke (ooreenkomste, verskille)
LEERUITKOMS 3: HISTORIESE INTERPRETASIE – Die leerder is in staat om aspekte van geskiedenis te interpreteer
3.1 Wees bewus van meer as een siening van die verlede
3.2 Onderskei tussen feite en menings
3.3 Rekonstrueer verlede

Memorandum

Aktiwiteit 1

Ape toon duidelike verskille met mense. Die mens is die enigste van die primate wat regop loop . Die vorm van die bekkengordel, die posisie van die dybeen en die maniere waarop die voet geplant word, is baie spesifiek. ‘n Vergelyking van die bou van die res van die liggaam en die brein toon ook dat die Australopithecus beslis nader aan mense verwant is Daar was dus ‘n ontwikkelingspatroon vanaf Australopithecus deur Homo habilis en Homo erectus na die hedendaagse mens Homo sapiens .

Aktiwiteit 2

Gestel hierdie skets is ‘n voorstelling van die Steentydperk :

Hulle woon in grotte , waarin hulle slaap en kos bêre en werktuie, wapens en vure gebruik. Die insameling van kos was die hoofbedrywigheid. Die mans het gejag en visgevang. Die vroue en kinders het bessies, wilde vrugte en plantwortels gesoek. Hulle het ook kos gebêre vir die winter en ook die kos gaargemaak. Werktuie was van been, klip en hout en het algaande verbeter, want hulle het pyle, byle en dolke gemaak. Hulle kon ook eenvoudige voorwerpe vervaardig, bv. “naalde” waarmee klere van wol en vlas gemaak is. Die vroeë mense het nie lank op een plek gebly nie.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11022/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask