<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aardrykskunde

Graad 4

Kaartwerk

Module 1

Hoofrigtings en tussenrigtings

Rigting

Dit is belangrik vir mense om te weet in watter rigting hulle beweeg. Dink net wat ‘n voetslaner in die berge, ‘n vlieënier of ‘n seevaarder sal doen as hulle nie hul rigting kan bepaal nie. Ja, hulle sal almal verdwaal en op verkeerde plekke uitkom.

1.hoofrigtings

Aktiwiteit 1

Om hoofrigtings te bepaal [lu 1.3]

Ons gaan vandag VELDWERK buite die klaskamer doen. Ons gaan as klasgroep na die skool se sportveld en ons gaan saam besluit waar die son vanoggend opgekom het.

Buite (vroegoggend): Strek albei jou arms sywaarts uit. Draai nou so dat jou REGTERHAND in die rigting wys waar die son OPGEKOM het.

1. Wat dink jy word die rigting genoem?

2. Die rigting wat nou aan jou LINKERKANT lê, word WES genoem.

3. Daar is egter nog ander belangrike rigtings as jy so bly staan:

Die rigting WAARHEEN jy kyk, is NOORD en die rigting AGTER jou is SUID.

Aktiwiteit 2

Om ‘n plek te vind met behulp van aanwysings [lu 1.4]

Vir die opvoeder

Identifiseer punte A/B/C/D op die terrein.

Versteek pryse op die eindpunte van elke groep se skattejag. Die terrein moet vooraf voorberei word. Verdeel u klas in vier (of meer) groepe. Elke groep begin by hul vooraf- aangeduide punt en soek na hulle skat deur die nodige roete te volg.

Groep 1 Groep 3
1. Gaan na punt A. 1. Gaan na punt C.
2. Bepaal NOORD. 2. Bepaal NOORD.
3. Stap 14 treë WES. 3. Stap 10 treë NOORD.
4. Stap 2 treë SUID. 4. Stap 12 treë OOS.
5. Stap 20 treë OOS, en... 5. Stap 3 treë NOORD, en …
Groep 2 Groep 4
1. Gaan na punt B. 1. Gaan na punt D.
2. Bepaal NOORD. 2. Bepaal NOORD.
3. Stap 3 treë OOS. 3. Stap 10 treë NOORD.
4. Stap 10 treë SUID. 4. Stap 4 treë OOS.
5. Stap 12 treë WES, en... 5. Stap 4 treë WES.
6. Stap 12 treë NOORD, en …

Maar ons het ‘n probleem!

As julle van Johannesburg na Kaapstad wil reis, reis julle nie suid nie en ook nie wes nie, maar wel iewers tussen die twee rigtings. Ons noem hierdie rigting SUIDWES.

2.tussenrigtings

Aktiwiteit 3

Om tussenrigtings te bepaal [lu 1.4]

Daar lê dus tussen die vier hoofrigtings nog ander rigtings ook.

Voltooi nou die res:

1. Presies tussen Suid en Oos lê:.....................................................................

2. Presies tussen Noord en Wes lê:..................................................................

3. Presies tussen Noord en Oos lê:...................................................................

Die tussenrigtings se name word dus gegee deur altyd eerste Noord of Suid te noem en dan die ander rigting daarby te voeg.

Aktiwiteit 4

Om tussenrigtings op ‘n rigtingster in te vul [lu 1.4]

Julle opvoeder sal vir julle ‘n skets uitdeel van ‘n rigtingster waarop Noord, Suid, Oos en Wes aangedui is. Vul al die tussenrigtings daarop in:

In watter rigting gaan jy nou reis om van Johannesburg na Kaapstad te gaan?

Gebruik jou atlas as jy twyfel waar die stede geleë is.

Ek ry ..........................................................

Aktiwiteit 5

Om rigting met behulp van ‘n rigtingster te bepaal [lu 1.4]

Kom ons kyk of julle alles verstaan. Kyk na die volgende skets en beantwoord dan die vrae:

  1. Vul al agt rigtings waarvan jy al geleer het, op die skets se rigtingster in. (Probeer netjies en klein skryf en gebruik die afkortings vir die rigtings).
  2. Sê nou in watter rigting elke plek vanaf die middelpunt lê:
  3. Die leerlooiery lê .......................................... van die middelpunt.
  4. Die N1-snelweg lê ....................................... van die middelpunt.
  5. Die watertoring lê ....................................... van die middelpunt.
  6. Die woonwapark lê ..................................... van die middelpunt.

Assessering

Leeruitkoms 1: aardrykskundige ondersoek

Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

1.3 simbole identifiseer wat in verskillende soorte kaarte gebruik word (insluitend planaansigte, ruitenet- en kaartsleutels);

1.4 plekke se ligging vind deur ‘n eenvoudige ruitenetverwysingstelsel en rigting te gebruik.

Memorandum

Om hoofrigtings te bepaal

  1. O

Om tussenrigtings te bepaal

  1. SO
  2. NW

3.no

Om tussenrigtings op ‘n rigtingster in te vul

  • Ek ry SW.

Om rigting met behulp van ‘n rigtingster te bepaal

2. a) NW b) S c) SW d) NO

Questions & Answers

calculate molarity of NaOH solution when 25.0ml of NaOH titrated with 27.2ml of 0.2m H2SO4
Gasin Reply
what's Thermochemistry
rhoda Reply
the study of the heat energy which is associated with chemical reactions
Kaddija
How was CH4 and o2 was able to produce (Co2)and (H2o
Edafe Reply
explain please
Victory
First twenty elements with their valences
Martine Reply
what is chemistry
asue Reply
what is atom
asue
what is the best way to define periodic table for jamb
Damilola Reply
what is the change of matter from one state to another
Elijah Reply
what is isolation of organic compounds
IKyernum Reply
what is atomic radius
ThankGod Reply
Read Chapter 6, section 5
Dr
Read Chapter 6, section 5
Kareem
Atomic radius is the radius of the atom and is also called the orbital radius
Kareem
atomic radius is the distance between the nucleus of an atom and its valence shell
Amos
Read Chapter 6, section 5
paulino
Bohr's model of the theory atom
Ayom Reply
is there a question?
Dr
when a gas is compressed why it becomes hot?
ATOMIC
It has no oxygen then
Goldyei
read the chapter on thermochemistry...the sections on "PV" work and the First Law of Thermodynamics should help..
Dr
Which element react with water
Mukthar Reply
Mgo
Ibeh
an increase in the pressure of a gas results in the decrease of its
Valentina Reply
definition of the periodic table
Cosmos Reply
What is the lkenes
Da Reply
what were atoms composed of?
Moses Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 4. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11083/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask