<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 4

Gesondheid!

Module 1

Gesonde spyskaarte

In hierdie module kyk ons na die kenmerke van gesonde spyskaarte van verskillende kultuurgroepe.

Aktiwiteit 1

Om tradisionele mieliepap voor te berei [lu 1.1]

‘n Resep vir tradisionele mieliepap (vir ses mense)

In Suid-Afrika is ‘n bord lekker growwe mieliepap net die ding om jou krag te gee vir ‘n dag se harde werk. Drink ‘n glas vars melk vir ontbyt om seker te maak dat jy genoeg kalsium inkry om jou skelet en tande sterk en gesond te hou terwyl jy nog groei.

Hier is ‘n resep vir mieliepap wat julle by die huis of selfs by die skool kan maak. Die resep is genoeg vir vyf koppies mieliepap:

Bestanddele:

Een koppie mieliemeel

Vyf tot ses koppies water

‘n Knippie sout

Metode:

Kook die water en voeg die sout daarby.

Meng die graan (mieliemeel) met ‘n bietjie koue water.

Roer die meel in die kookwater en hou aan roer tot die pap begin dik word.

Roer die pap af en toe terwyl dit stadig kook. Jy kan ‘n bietjie water bygooi as dit te dik word.

Sit dit voor met melk en suiker of heuning na smaak.

Wenk:

Die water kan deur melk vervang word. Dit verhoog die voedingswaarde van die pap.

Aktiwiteit 2

Om ‘n “kookboks” te maak [lu1.1]

Maak ‘n “kookboks” (Eng. hotbox). Dit is ‘n slim manier om elektrisiteit te bespaar.

Benodighede:

‘n Stewige houer, bv. kartondoos.

Twee ou kussings.

‘n Ou kombers, koerante of stukke materiaal of sak.

‘n Kastrol wat ten minste een en ‘n half liter water kan hou. Dis belangrik dat die kastrol ‘n deksel het wat goed pas.

Bestanddele soos vir mieliepap.

Metode:

Verstewig en isoleer die kartondoos aan die buitekant met ‘n ou kombers, sak of koerantpapier.

Plaas een kussing onderin die doos en maak ‘n holte daarin.

Bring die mieliepap (soos op die vorige bladsy verduidelik) tot kookpunt op ‘n stoofplaat, primusstofie of vuurtjie.

Maak die kastrol dig toe met die deksel en plaas dit in die holte van die kussing in jou kookboks.

Sit die ander kussing bo-op die kastrol.

Plaas nog koerante bo-oor en vou dit in sodat die hitte nie ontsnap nie.

Vier ure later sal die pap gaar wees en net die regte hitte vir eet!

Jy kan ook stampmielies (Eng. samp), droë boontjies, lensies en ander graansoorte so gaarmaak. Onthou net om dit oornag te week voordat jy dit kook.

Het jy geweet dat ‘n mens ook pap só in ‘n warmwaterfles kan gaarmaak?

Aktiwiteit 3

Om ‘n spyskaart vir ‘n moedersdag-ontbyt te beplan[lu1.1]

Groepwerk

1. Gesels oor wat julle vir ontbyt eet. Maak voorstelle hoe julle dit kan verbeter.

2. Wat is vir julle die heel lekkerste ontbyt?

3. Maak ‘n tydskrifadvertensie vir jou gunsteling ontbytpap. Onthou, jou teikengroep is skoolgaande kinders.

4. Beplan ‘n televisie-advertensie vir ‘n nuwe graankos. Kyk of julle ook ‘n klingel (Eng. jingle), dit is ‘n kort liedjie, kan uitdink om die produk te adverteer.

5. Dis Moedersdag en julle moet ‘n verrassingsontbyt vir ‘n wonderlike ma uitdink.

Spyskaart vir Moedersdagontbyt:

Assessering

Evalueer die ander groepe se pap met ‘n gesiggie:

Samewerking swak redelik goed
Navolg van instruksies
Voltooiing van ‘n opdrag
Smaak van die pap

Vergelykende tabel vir gaarmaakmetodes van mieliepap.

Gaarmaak-Metode: Primusstoof Driepoot met vuurtjie Kookboks Warmwaterfles
Voorbereidings- tyd (bv. maak van die kookboks)
Gaarmaaktyd
Hoe lank bly dit warm?
Tongtippie- toets (Watter pap is die lekkerste?)

Aktiwiteit 4

Om ‘n advertensie-klingel (“jingle”) vir ontbytpap te komponeer [lu 1.1]

My assessering van die verskillende groepe se televisie-klingel (maak ‘n regmerk in die tabel wat jy dink die groep verdien):

Groep swak redelik goed

Assessering

LEERUITKOMS 1: GESONDHEIDSBEVORDERING

Die leerder is in staat om ingeligte besluite oor persoonlike, gemeenskaps-en omgewingsgesondheid te neem.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

1. 1 spyskaarte uit verskillende kulture ondersoek en planne vir gesonde maaltye voorstel.

Questions & Answers

Ayele, K., 2003. Introductory Economics, 3rd ed., Addis Ababa.
Widad Reply
can you send the book attached ?
Ariel
?
Ariel
What is economics
Widad Reply
the study of how humans make choices under conditions of scarcity
AI-Robot
U(x,y) = (x×y)1/2 find mu of x for y
Desalegn Reply
U(x,y) = (x×y)1/2 find mu of x for y
Desalegn
what is ecnomics
Jan Reply
this is the study of how the society manages it's scarce resources
Belonwu
what is macroeconomic
John Reply
macroeconomic is the branch of economics which studies actions, scale, activities and behaviour of the aggregate economy as a whole.
husaini
etc
husaini
difference between firm and industry
husaini Reply
what's the difference between a firm and an industry
Abdul
firm is the unit which transform inputs to output where as industry contain combination of firms with similar production 😅😅
Abdulraufu
Suppose the demand function that a firm faces shifted from Qd  120 3P to Qd  90  3P and the supply function has shifted from QS  20  2P to QS 10  2P . a) Find the effect of this change on price and quantity. b) Which of the changes in demand and supply is higher?
Toofiq Reply
explain standard reason why economic is a science
innocent Reply
factors influencing supply
Petrus Reply
what is economic.
Milan Reply
scares means__________________ends resources. unlimited
Jan
economics is a science that studies human behaviour as a relationship b/w ends and scares means which have alternative uses
Jan
calculate the profit maximizing for demand and supply
Zarshad Reply
Why qualify 28 supplies
Milan
what are explicit costs
Nomsa Reply
out-of-pocket costs for a firm, for example, payments for wages and salaries, rent, or materials
AI-Robot
concepts of supply in microeconomics
David Reply
economic overview notes
Amahle Reply
identify a demand and a supply curve
Salome Reply
i don't know
Parul
there's a difference
Aryan
Demand curve shows that how supply and others conditions affect on demand of a particular thing and what percent demand increase whith increase of supply of goods
Israr
Hi Sir please how do u calculate Cross elastic demand and income elastic demand?
Abari
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11095/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask